Tuks-springdood: Man was glo ʼn dosent

Foto: @BabyBoyBux / Twitter

Foto: @BabyBoyBux / Twitter

Die man wat Woensdagoggend glo selfmoord gepleeg het toe hy van die Geesteswetenskappe-gebou op die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria (Tukkies) gespring het, was glo ʼn dosent.

Maroela Media het by ʼn personeellid en verskeie studente verneem dat die man glo ʼn Tukkies-dosent was.

Die persoon, wie se naam en ouderdom nog nie bekend gemaak is nie, het glo van die 22e verdieping na sy dood gespring. Die man se liggaam het op die sesde verdieping van die gebou geland, en is vandaar deur die  Tshwane-nooddienste na die dak van die grondverdieping geskuif.

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisie kan tans net bevestig dat ‘n man vermoedelik van die gebou af gespring het en dat die polisie ‘n geregtelike doodsondersoek doen. Hy kon nie die man se naam of ouderdom bekend maak nie.

Nicolize Mulder, ʼn woordvoerder van die universiteit, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het egter nie gesê of die man ‘n student of werknemer was nie.

“Die Universiteit van Pretoria bevestig ‘n voorval vanoggend op sy Hatfield-kampus wat tot die dood van een persoon gelei het,” het sy gesê. “Dit word tans deur die polisie ondersoek. Traumaberading is beskikbaar aan alle personeellede en studente wat deur die voorval geraak word.”

Lees ook:
Nog ʼn persoon in PTA spring glo na sy dood

Die foto’s is deur studente geneem en op sosiale media geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sylvia ·

sterkte aan die familie en vriende en die studente wat dit moes sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.