Tuks-studente moet Hatfield-kampus ontruim

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016).
Foto: Twitter via @afriforumjeug

Alle akademiese bedrywighede by die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP), is Woensdag onbepaald opgeskort weens die studentebetogings wat al sedert Maandag op die kampus woed.

Die universiteit het in ʼn verklaring en op sosiale media, al die studente versoek om onmiddellik die kampus te verlaat en gesê verdere reëlings sal aan personeel gekommunikeer word.

Studentebetogers en lede van AfriForum Jeug het glo Woensdag op die kampus gebots, nadat AfriForum Jeug geëis het dat die betogers die kampus verlaat. Betogers het weereens klaskamers binnegestorm en lesings ontwrig onder die vaandel van die #FeesMustFallReloaded-betogings. Groot groepe betogers het met dreunsang deur die kampus beweeg, geboue beset en geëis dat die regering onmiddellik gratis tersiêre onderrig implementeer.

Henrico Barnard, Tuks-woordvoerder van AfriForum Jeug, het vroeër aan studente op die kampus gesê lede van die organisasie sal die betogers “op vreedsame wyse nader” en versoek dat hulle die kampus verlaat. “Ons sal die polisie en die kampusveiligheidsdienste versoek om hierdie mense van die kampus af te vat. Hulle kan nie net daar staan en hierdie [betogings] toelaat om voort te gaan terwyl hier mense is wat wil studeer nie.”

AfriForum Jeug het op sosiale media die universiteit daarvan beskuldig dat daar niks aan betogers gedoen word nie en dat die polisie en veiligheidspersoneel glo net staan en toekyk hoe hulle betoog. Barnard kon nie onmiddellik Woensdag vir kommentaar bereik word nie.

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016).
Foto: Twitter via @afriforumjeug

Die universiteit het in nog ʼn verklaring gesê dit is ʼn “kritieke tyd van die akademiese jaar” en het studente herinner dat almal hul deel moet doen om ʼn veilige leeromgewing te verseker. “Hoewel ons die reg tot vreedsame protes en konstruktiewe gesprekke respekteer, kan ons nie die ontwrigting van klasse, gewelddadige en onwettige gedrag en die beskadiging van eiendom toelaat nie. Personeel en studente wat aan sulke aktiwiteite deelneem, sal onmiddellik geskors word.”

Die woordvoerder van die universiteit kon ook nie Woensdag vir kommentaar bereik word nie.

Intussen het die vakbond Solidariteit in ʼn verklaring die UP-bestuur gekap “oor sy versuim om teen die klein minderheid studente, wat aan die betogings deelneem, op te tree.”

Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, dra die UP-bestuur se gebrek aan optrede daartoe by dat ’n klein groepie belhamels beide medestudente en personeel se veiligheid op die kampus in gedrang bring.

“Die bestuur van die universiteit kon nog geensins gedurende die gewelddadige protesaksies op kampus daarin slaag om die veiligheid van sy personeel en studente te verseker nie. Die universiteit word volgens wet verplig om die veiligheid van sy personeel te verseker en die vakbond sal dus nie huiwer om sy lede van die ongunstige werkplek te onttrek indien die bestuur sou versuim om hierdie verpligting na te kom nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
CAB

Eis gelde terug van hulle omdat hulle nie n diens kan lewer nie. almal betrayal tog vie n diens wat gelewer word. DIE mense wat wel wil leer is die mense wat betaal.

Berhalet

Verwyder hulle permanent uit die universiteit… Hulle WIL nie studeer nie… Hulle kan dan maar sonder dit klaarkom!

Magda

Sonder om dit nou weer n rassistiese kommentaar te maak… kyk wie is die mense wat staak en betoog, nie die blankes nie. Dis eenvoudig… arresteer hulle sonder die opsie om borg te kry.. dan kan die wat wil die jaar en hul studies in vrede klaar maak. Die bottom line is: GEEN universiteit kan dit bekostig om verniet onderrig te gee nie, so of ons betaal wat ons moet of daa rgaan bloot geen verdure onderrig wees nie

Hasie

Hierdie debakel kan voor die deur van die SA regering gelê word, want die hele regering pleeg korrupsie terwyl hulle ontsaglike groot salarisse kry. Die geld kon nou vir studies help betaal het. Daar is tog studente wat wil studeer, maar nie kan bekostig nie. Ons nader ‘n tyd dat al ons land se mense ongeskoold gaan wees
Geen universiteite, opleidingsentrums of skole nie. Al hierdie gemors voor die deur van Jacob Zuma en sy familie en vriende.

Jean

NET soos ons vermoed het . die sekuriteitspersoneel en polisie doen NIKS aan die oproeriges en vandaliste nie .hulle word toegelaat om te maak en te breek soos hulle wil . stuur die weermag in en verwyder hulle BY FORCE< so lank as wat die Universiteit toelaat dat die betogers maak wat hulle wil, so lank gaan hulle aangaan. Kyk net hoe verontwaardig gaan hulle wees as hulle met 'n sterk stroom water gespuit word of met kamma-koeels geskiet word .. hulle hardloop hulleself uit hulle skoene uit . maar nee . die Universiteit se bestuur het seker eerste weggehol… Lees meer »