Tuks-studente moet Hatfield-kampus ontruim

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016).
Foto: Twitter via @afriforumjeug

Alle akademiese bedrywighede by die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP), is Woensdag onbepaald opgeskort weens die studentebetogings wat al sedert Maandag op die kampus woed.

Die universiteit het in ʼn verklaring en op sosiale media, al die studente versoek om onmiddellik die kampus te verlaat en gesê verdere reëlings sal aan personeel gekommunikeer word.

Studentebetogers en lede van AfriForum Jeug het glo Woensdag op die kampus gebots, nadat AfriForum Jeug geëis het dat die betogers die kampus verlaat. Betogers het weereens klaskamers binnegestorm en lesings ontwrig onder die vaandel van die #FeesMustFallReloaded-betogings. Groot groepe betogers het met dreunsang deur die kampus beweeg, geboue beset en geëis dat die regering onmiddellik gratis tersiêre onderrig implementeer.

Henrico Barnard, Tuks-woordvoerder van AfriForum Jeug, het vroeër aan studente op die kampus gesê lede van die organisasie sal die betogers “op vreedsame wyse nader” en versoek dat hulle die kampus verlaat. “Ons sal die polisie en die kampusveiligheidsdienste versoek om hierdie mense van die kampus af te vat. Hulle kan nie net daar staan en hierdie [betogings] toelaat om voort te gaan terwyl hier mense is wat wil studeer nie.”

AfriForum Jeug het op sosiale media die universiteit daarvan beskuldig dat daar niks aan betogers gedoen word nie en dat die polisie en veiligheidspersoneel glo net staan en toekyk hoe hulle betoog. Barnard kon nie onmiddellik Woensdag vir kommentaar bereik word nie.

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Op die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria Woensdag. (21 September 2016).
Foto: Twitter via @afriforumjeug

Die universiteit het in nog ʼn verklaring gesê dit is ʼn “kritieke tyd van die akademiese jaar” en het studente herinner dat almal hul deel moet doen om ʼn veilige leeromgewing te verseker. “Hoewel ons die reg tot vreedsame protes en konstruktiewe gesprekke respekteer, kan ons nie die ontwrigting van klasse, gewelddadige en onwettige gedrag en die beskadiging van eiendom toelaat nie. Personeel en studente wat aan sulke aktiwiteite deelneem, sal onmiddellik geskors word.”

Die woordvoerder van die universiteit kon ook nie Woensdag vir kommentaar bereik word nie.

Intussen het die vakbond Solidariteit in ʼn verklaring die UP-bestuur gekap “oor sy versuim om teen die klein minderheid studente, wat aan die betogings deelneem, op te tree.”

Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die professionele bedryf by Solidariteit, dra die UP-bestuur se gebrek aan optrede daartoe by dat ’n klein groepie belhamels beide medestudente en personeel se veiligheid op die kampus in gedrang bring.

“Die bestuur van die universiteit kon nog geensins gedurende die gewelddadige protesaksies op kampus daarin slaag om die veiligheid van sy personeel en studente te verseker nie. Die universiteit word volgens wet verplig om die veiligheid van sy personeel te verseker en die vakbond sal dus nie huiwer om sy lede van die ongunstige werkplek te onttrek indien die bestuur sou versuim om hierdie verpligting na te kom nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

CAB ·

Eis gelde terug van hulle omdat hulle nie n diens kan lewer nie. almal betrayal tog vie n diens wat gelewer word. DIE mense wat wel wil leer is die mense wat betaal.

Otter ·

Ek stem saam. Dis al manier om te verseker UP doen hul plig.

Berhalet ·

Verwyder hulle permanent uit die universiteit… Hulle WIL nie studeer nie… Hulle kan dan maar sonder dit klaarkom!

Magda ·

Sonder om dit nou weer n rassistiese kommentaar te maak… kyk wie is die mense wat staak en betoog, nie die blankes nie. Dis eenvoudig… arresteer hulle sonder die opsie om borg te kry.. dan kan die wat wil die jaar en hul studies in vrede klaar maak. Die bottom line is: GEEN universiteit kan dit bekostig om verniet onderrig te gee nie, so of ons betaal wat ons moet of daa rgaan bloot geen verdure onderrig wees nie

Faber ·

Terwyl jy so kyk. Kyk vir ons bietjie watter studente bly in mooi huise saam met hulle ouer, ouers het elkeen n voertuig, so ook die student. Eet lekker kos elke aand, het krag, rekenaars, internet en al die ander benodighede.

En dan kyk jy wie bly in n shack, wie het nie kos vanaand nie, wie het nie n kar nie, nie eers sy ouers nie. Ens

Dan maak jy bietjie meer ingeligte stellings.
Dis sulke oningelligte stellings wat in Malema se hand in speel

Louw ·

Wat hulle eintlik wil hê is die graad, hulle is te lui om te leer. Die president het dan net standerd 1, hoekom sal hulle dan tyd mors?

Hasie ·

Hierdie debakel kan voor die deur van die SA regering gelê word, want die hele regering pleeg korrupsie terwyl hulle ontsaglike groot salarisse kry. Die geld kon nou vir studies help betaal het. Daar is tog studente wat wil studeer, maar nie kan bekostig nie. Ons nader ‘n tyd dat al ons land se mense ongeskoold gaan wees
Geen universiteite, opleidingsentrums of skole nie. Al hierdie gemors voor die deur van Jacob Zuma en sy familie en vriende.

Jean ·

NET soos ons vermoed het . die sekuriteitspersoneel en polisie doen NIKS aan die oproeriges en vandaliste nie .hulle word toegelaat om te maak en te breek soos hulle wil . stuur die weermag in en verwyder hulle BY FORCE< so lank as wat die Universiteit toelaat dat die betogers maak wat hulle wil, so lank gaan hulle aangaan. Kyk net hoe verontwaardig gaan hulle wees as hulle met 'n sterk stroom water gespuit word of met kamma-koeels geskiet word .. hulle hardloop hulleself uit hulle skoene uit . maar nee . die Universiteit se bestuur het seker eerste weggehol en los nou Afriforum om met die vandale te onderhandel sodat die ander studente hulle klasse kan bywoon. MAAR ek voel ook sterk die Universiteit se ONVERMOE om hierdie stakers te beheer vat die REG van ander studente weg om te studeer, so EIS julle studiegelde terug, dan kyk ons waar kry die Universiteit sy geld vandaan.

D ·

En waar is hehehehe. Het seker gaan wegkruip. Hy het di gemors begin nou is hy te bang om sy mond ooptemaak.

Alida ·

Die regering is direk verantwoordelik vir hierdie gemors. Nzibandi en Zuma. Hulle pomp miljarde in die sinkende skip wat ons SAA noem. Ek keur nie die studente se optrede goed nie. Wat hulle doen is veragtelik, maar sommige van hulle kan nie help vir die omstandighede waaruit hulle kom nie, en hulle ouers kan eenvoudig nie die gelde bekostig nie. Dit het een vanoggend op die radio gese. Vir die eerste keer verstaan ek hoe hulle voel. Sy woorde was dat die Zuma regering die staatskas al leeg gesteel het maar hulle moet tot sulke drastiese stappe oorgaan om erkenning te kry. Ek weet die kommentare wat gaan volg gaan my stenig, maar mens moet soms objektief ook wees. Ek het self ‘n kleinkind wat studeer aan NMMU en dit is daar ook chaos. Die ander studente se lewens is werklik in gevaar. Die regering sal vandag nog moet ingryp maar soos gewoonlik skitter No 1 in sy afwesigheid.

Jean ·

Nee ek gaan jou nie aanval nie , ek kan net se dat daar baie mense se kinders (van alle kleure) is wat glad nie gaan studeer het in die verlede nie JUIS omdat hulle dit nie kon bekostig nie. In ons tyd het ons ouers maar lenings by die bank gaan uitneem of het ons self lenings uitgeneem en dit terugbetaal nadat jy begin werk het, die banke gee steeds studentelenings. NIKS regverdig die vernietiging van eiendom en die wegneem van ander se regte om te studeer nie, dalk het hulle ouers ook nie die geld nie, maar het ten duurste lenings uitgeneem om hulle te laat studeer, nou neem ander vandale hulle reg om klas te loop en eksamen te skryf weg van hulle. As hulle vir die regering wag, gaan hulle baie lank wag. Mens kry NIKS vir NIKS. Dis wat die lewe my geleer het. En om eiendom te beskadig beteken daar moet NOG meer geld bewillig word om die skade ook te herstel en as jy slim genoeg is om te gaan STUDEER, moet jy slim genoeg wees om daardie som te maak.

Dup du Plessis ·

….presies Jean, en staak by die regeringskantore, breek daar af, nou word onskuldige studente gyselaar gehou, studente wat swaar betaal aan gelde, studente wat moet leer, eksamens skryf ens. ….dit vat ‘n paar minute om ‘n kind te verwek, maar om groot te maak baie jare en baie geld….mens kan tog nie kinders in die wereld bring met die verwagting dat iemand anders vir hul opvoeding moet betaal nie….

Lance ·

Eis jou geld nou terug en gaan studeer oorsee …wie kan dit hou met die mense ! Wil en gaan ook geen rede insien nie …zuma en blade hier kom dit nou !

Alida ·

Lance weet jy wat dit kos om ‘n kind oorsee te stuur. Ek glo nie.

Theo ·

Wat is die alternatief mense? En wat van as hierdie onsinnige dade en betogings voortgaan en lei tot die sluiting van hierdie instansies vir n onbepaalde tydperk? Word daar voorsiening gemaak in die wet vir regsgedinge teen hierdie instansies onder die vaandel van “betogings”. Praat met my????

danie ·

Dank die vader my kind studeer by n privaat universiteit, hulle is volstoom besig met voorbereidings vir die eindeksamens. Hulle glimlag en is vol vreugde.

Louise E. ·

Dis nie net studente wat nie staak, asook personnel wat moedeloos sit nie. Ons wat kontrakteurs is, sit en huil want dis ons brood en botter! Maar lui, bedorwe brokkies “mense” dink nie daaraan.

Heinz ·

Ek stem saam wat meeste hier sê, so ek wil my bloeddruk nie verder opjaag nie. Wat ek graag wil weet, wil iemand nie ‘n groep of iets stig waar huidige studente wat wil studeer en betaal se ouers aan kan behoort waar ons as ‘n eenheid met die Universiteit kan praat oor hoe ons huidige kinders verloor. Van ons kinders moet harde werk insit om goeie punte te bepaal sodat hulle goedkeuring tot hoër vlakke kan kry, ons betaal klasgelde (wat seer sekerlik ook hul veiligheid insluit) en al die gemors is besig om die kinders emosioneel af te takel.

Jean ·

Dalk kan julle van bestaande strukture soos Afriforum en Solidariteit gebruik maak om julle daarmee te help, dis nie maklik om skielik net ‘n klomp ouers saam te druk nie, die tyd raak min na die einde van die jaar toe.

peanut ·

Kom studeer by UNAM in Namibia. Ons land is vreedsaam, skoon, almal kom oor die weg en studente hier studeer nog en hou hulle nie op met crap nie.

Emma ·

Wonder hoeveel van hulle is regtig studente? Ek dink baie kom sommer saam net vir die sports. Hy het in elk geval nie werk nie so hier is nou ń lekker geleentheid om “wettiglik” bietjie uit te haak en verniel. Net dankbaar dat die wêreld daar buite ook nou ń idee kry van die tipe mens waarmee ons moet saam leef.

Liewe heksie ·

Sapd is lekker slapgat of te dik om iets aan daai massa te doen seker naby n KFC gewees

dea ·

Mooi De La Rey – Dieselfde tipe persoon as Wim by US en Price by UCT. Julle maai nou wat julle gesaai het.
Wonder wie gaan druip en wie gaan slaag einde van die jaar.
Dit is nou wat rugraatloosheid veroorsaak. kry vir julle!!!!

Jordaan ·

Prinshof kampus ook nou toe tot ten minste Vrydag na betoging vanmiddag

Frederik ·

Ek sou ook wat wou gee as ‘n goeie sakegeleentheid, soos die een wat Akademia nou het, in my skoot val.

Andrea ·

Ek stem! En glo my daars baie goedgekwalifiseerde dosente wat sal spring om by Akademia aan te sluit sodat meer studierigtings ontwikkel kan word. Want dis die toekoms van tersiëre onderrig. Die bestaande instellings is besig om te sink.

Johanna Botha ·

Ek dink ook mens moet maar of Akademia of oorsee gaan studeer want die situasie is ondraaglik en niemand kan so aangaan nie. Kom daar weg en laat dit aan hulle oor want nou is mens net deel van n probleem met geen antwoord omdat die leiers van die land sulke onnoselle besluite neem en lee beliftes aanhou maak . Nou is dit pay back time anc !

Koos ·

Jy kan n Prof wees of enige groot titel agter jou naam he maar wanneer jy respek verloor het beteken die titels niks. Ongelukkig het Wim en De la Rey en Price hulle respek verloor en sit nou met niks. Net n kaal verwronge been.

wilma ·

Wim dwing geen respek af nie. Hy is verlore en buite sy diepte.

Annie ·

Breek af!!!! dan is daar niks oor. More kerm julle weer daaroor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.