Tuks-uitspraak ʼn ‘groot terugslag’

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn aansoek van AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om Afrikaans as onderrigmedium vanaf 2017 uit te faseer, van die hand gewys.

Die drie organisasies het die hofuitspraak as ʼn terugslag vir Suid-Afrikaanse taalregte beskryf. Die UP kan dus van 2017 voortgaan met sy plan om Afrikaans as medium van onderrig te begin uitfaseer.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit se aansoek is op 1 Desember aangehoor. Die organisasies meen die nuwe taalbeleid is ’n growwe skending van Afrikaanse studente se grondwetlik erkende taalregte.

“Die saak gaan nie net oor die beregtiging van Afrikaanse studente nie, maar om die beskerming van die beginsels van moedertaalonderrig en meertaligheid, teenoor eentalige Engelse onderrig, wat toenemend deur instellings afgedwing word ten koste van die sowat 90% van die land se inwoners wat ander moedertale het,” het die organisasies gesê.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit het gesê hul regspan sal die uitspraak in detail bestudeer om te besluit om te appelleer al dan nie. “Die drie organisasies sal enige stappe moontlik neem ter beskerming en handhawing van Afrikaanse studente se reg om in hul moedertaal te studeer. Die organisasies het vanjaar reeds ’n soortgelyke saak teen die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat gewen,” het die verklaring gelui.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die UP, het gesê die universiteit verwelkom die hofuitspraak. “Ons sal voortgaan om saam met alle belanghebbendes te werk, om seker te maak die nuwe taalbeleid word met die minste moontlike ontwrigting geïmplementeer en in belang van alle studente en ander lede van die universiteit,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Voorwaarts ·

Terugslag? Nee ek sien dit net as ‘n por van agter in die regte rigting: ons eie Universiteit. Soos ons maar altyd gemaak het. Dankie, Solidariteit en Afriforum. Voorwaarts, Akademia: julle kry my stem en my geld, werk asb. hard aan daardie wetenskaplik-mediese rigtings. Aan my Alma Mater: kry vir jou ‘n klein helikoptertjie. En vlieg in jou…As my taal nie goed genoeg is nie, is my hardgespaarde geld vir tersiêre opleiding ook nie.

Aster ·

Ja nee! Maak nie saak wat ons doen om ons taal en kultuur te red nie, in hierdie land sal alles altyd teen blank wees.

al ·

Dis baie jammer. Ons moet die taal aktief hou waar ons ook al heen gaan. Dis al oplossing. Als verengels nou en die inheemse tale is nie n prioriteit nien

polities verkeerd ·

Groot probleem is dat die Engelse studente na die Afrikaanse Universiteite toe begin stroom ht om weg te kom van die verval van die Engelse Universiteite. nou sit die Afrikaanse Universiteite met die gebakte pere. Die Engelse studente moet eerder teruggaan warvandaan hulle kom. Hulle is meestal Liberaal en veroorsaak ook groot probleme met hulle erge polities-korrektheid. Dit gaan hulle nog in die hakstkeen byt. Hulle sal ook die mense wees wat eerste land-uit vlug want sulke mense het nie rugraat nie.

Hendrik ·

is daar nie nou Afrikaanse skole en universiteite in Engeland nie? Ek wonder of daar nie nou al meer Afrikaners is as in ons eie land.

JC ·

Akademia, Afrikaanse Protestantse Akademie-APA (bied BA graad en B- Th (teologie) graad aan), en AROS NOU die antwoord met Afrikaanse Christelike grondslag!! EK SKAAM MY ORE VAN MY KOP AF OM ‘N KAMTIGE OUD-TUKKIE TE WEES!!
Geen meer ondersteuning aan Tuks nie, geen geld, skenkings, donasies of ondersteuning aan hulle nie!!
Openbare universiteite gaan hole word terwyl ons eie Afrikaanse PRIVAAT instansies vorentoe gaan gaan!! ONS SAL NOOIT OPGEE NIE, NOOIT OPHOU VEG VIR ONS PRAGTIGE TAAL AFRIKAANS NIE!! ONS SAL AANHOU POSITIEF WEES KOM WAT WIL!!Hulle kan Afrikaans probeer vernietig, MAAR SKIET HULSELF NET EENVOUDIG IN DIE VOET!
‘n Boer maak ‘n plan, ons sal doodeenvoudig maar net nou ons fokus moet skuif na die uitbou van Akademia, Aros en die APA en die gee aan die instansies van donasies en skenkings sodat hulle kan BOU en VOORUITGAAN, ek maak juis hierdie kersfees met my geldjies ‘n aansienlike donasie aan Akademia en voortaan sal ek ‘n maandeliks ook donasies maak aan die APA !!

snoefie ·

waar stem julle slim mense voor gaan die wit studente om n dokter, wetenskaplike en ingenieur te word? Seker maar Zambia toe. daar is dit nog goeie gehalte onderrig. IN ENGELS.

JC ·

Akademia, Afrikaanse Protestantse Akademie-APA (bied BA graad en B- Th (teologie) graad aan), en AROS NOU die antwoord met Afrikaanse Christelike grondslag!! EK SKAAM MY ORE VAN MY KOP AF OM ‘N KAMTIGE OUD-TUKKIE TE WEES!
Geen meer ondersteuning aan Tuks nie, geen geld, skenkings, donasies of ondersteuning aan hulle nie!!
Openbare universiteite gaan hole word terwyl ons eie Afrikaanse PRIVAAT instansies vorentoe gaan gaan!! ONS SAL NOOIT OPGEE NIE, NOOIT OPHOU VEG VIR ONS PRAGTIGE TAAL AFRIKAANS NIE!! ONS SAL AANHOU POSITIEF WEES KOM WAT WIL!Hulle kan Afrikaans probeer vernietig, MAAR SKIET HULSELF NET EENVOUDIG IN DIE VOET!
‘n Boer maak ‘n plan, ons sal doodeenvoudig maar net nou ons fokus moet skuif na die uitbou van Akademia, Aros en die APA en die gee aan die instansies van donasies en skenkings sodat hulle kan BOU en VOORUITGAAN, ek maak juis hierdie kersfees met my geldjies ‘n aansienlike donasie aan Akademia en voortaan sal ek ‘n maandeliks ook donasies maak aan die APA !

Daniel ·

Ons Universiteite gaan verlepte, vrugtelose, vervalle instansies word! Maar raai wat, dit gaan nie meer ONS Universiteite wees nie, ons sal van vooraf ons eie Afrikaanse Private Universiteite/Akademia moet bou. LAAT DIT BEGIN!!

Klaas ·

Tuks must fall. Akademia bo. Net jammer dit kanni vinniger gebeur ni

Deon ·

Klaas ek stem 100% saam!! Dié wat so druk om Tuks net na Engels te forseer moet maar vandag mooi onthou wat ek nou hier sê!! Tuks wat net Engels is gaan maak dat die meeste Afrikaanse studente nie meer daar gaan studeer nie, omrede die Engelse studente meer gaan verwoes as studeer en die vlak van Tuks gaan gelyk wees aan ander swak Universiteite in SA. O’ja en julle Proffies en lektore gaan nie werk hê nie omrede julle nie gesoek gaan word nie!!

Werner ·

Ek vreet my enigste hoed op as enigeen van julle twee ooit by enige universiteit studeer het. Julle praat snert.

Werner ·

Praat, sing, kuier en vry gerus in Afrikaans maar om te veg vir onderrig in Afrikaans op universiteits-vlak is agteruitgang. Die wereld praat Engels en studente beperk hulself en hulle werksgeleenthede eendag baie. Dink net aan al die Engelse literatuur en teks daar buite wat verlore is/gaan vir Afrikaanssprekende studente. Maak oop julle oë en ore , mense.

Chris ·

Hoekom dink jy so? Die Duitsers swot in Duits, die Franse in Frans en die Spanjaarde in Spaans. As jy toegang het tot enige wetenskaplike biblioteek, gaan kyk na hul wetenskaplike literatuur. Ek swot in Nederland, en ons kry hier Nederlandse, Engelse, en soms ook Afrikaanse en Duitse wetenskaplike literatuur wat op die universiteit gebruik word.

Andre ·

Werner, jou uitlating is teenstrydig met alle navorsing en jy is dus die een wat twak praat.

Awie ·

Werner, waarom glo jy dat Afrikaans ‘n minderwaardige taal is? Die hele wereld praat beslis nie engels nie, met daardie argument bewys jy net jou onkunde. Jy is welkom om jou taal en kultuur te haat, maar moenie my taal en kultuur haat nie.

Nico ·

Werner, jy het ‘n baie eng siening van die afrikaner. Bykans alle afrikaners wat in afrikaans geleer het is tans gesogte gegradueerdes en suksesvolle beroepslui n die buiteland. Geen teken dat hul afrikaanse opvoeding hul kniehalter oorsee nie. My suster is reeds 10 jaar ‘n dokter oorsee en het in afrikaans studeer. Suiwer afrikaans en word nie een oomblik daardeur benadeel nie.

Werner ·

Ja Chris, mense swot in ander tale omdat dit regoor die wereld gepraat word. Duits – 230miljoen sprekers wereldwyd, Spaans – 420miljoen wereldwyd, Frans – 140miljoen wereldwyd. Engels – 520 miljoen en al hierdie tale groei… Afrikaans? n Karige 7.1 miljoen sprekers en dit word vinnig minder… Dit is ongelukkig n taal wat besig is om uit te sterf…
Nico, ek het glad nie n eng siening van Afrikaners nie – ek is self een… Vra bietjie vir jou suster hoe baie haar kinders Afrikaans praat in die buiteland…?
Andre, ek wonder wie daardie ‘navorsing’ gedoen het (maklik om so n argument op te bring wat eintkik niks sê nie né?
Awie – ek het nie gesê dit is n minderwarige taal nie. Dit word net al hoe duideliker dat dit n taal is wat besig is om uit te sterf en dat dit baie meer sin maak vir n jonger persoon om in SA in Engels te swot in terme van geleenthede – in SA en ook die buiteland. Julle kan stry soos wat julle wil, word net wakker terwyl julle besig is daarmee.

Frederik ·

Hier is ‘n gulde geleentheid vir Akademia om uit te brei. Ek is al jare in besigheid en gaan beslis nie my opposisie hof toe sleep as hul so in my hand speel nie.

Sus ·

Stem saam Frederik. Afriforum en Solidariteit het onnodig geld gemors met die hofsaak wat vir Akademia gebruik kon word. Hoop hulle het nou ‘n les geleer. Hoe sê die spreekwoord: meng jou met die semels…..

Lewies ·

Ons probeer ‘n taaloorlog wen, terwyl ons nie eers die veldslag kan wen nie. Ons prioriteite moet begin verander. Toe ek die tema van Geloftedag raaklees ” Kyk waar is jou naaste” het ek dadelik aan die volgende gedink “broers en susters” wat kripeer in plakkerskampe vir wie hierdie stryd niks beteken nie. Sy en haar bekommernis is die kos of sopie van more. Duisende rande word op hofsake uitgegee, om taal en kultuurregte te beskerm. Wie is my naaste? dis hulle wat die naaste aan jou in stilte kripeer. Begin by jou eie huis, dan by jou familie, dan jou eie volksgenote en dan by ander volke wat in dieselfde situasie sit as jou eie. Bou sentrums vir rehabilitasie. Dis wat ons land nodig het !

Jan ·

Vaarwel Tuks Alumni. Vir wat dit werd mag wees -ek is klaar. Wat ek daar beleef het en wat nou daar aan die gang is, is net te vêr van mekaar verwyder.

Lewies ·

Jan, ek stem nogal met jou saam. Die wat agtertoe kyk, sal nie oes nie. Of verstaan ek jou verkeerd?

Jan ·

So nog iets, julle is erger as die EsABeCee, met jul ter wille wees en hoe ju;lle reguleer. Julle staan self agter die dik deur. Ondersoek julle self, moet nie net soos die ANC als wat voorkom uit die weg vee nie. Kyk wat julle na die tafel toe wil bring.

Basson ·

En ‘n Afrikaanse sprekende woordvoerder van ‘n (voorheen) Afrikaanse universiteit opgebou deur Afrikaanse mense VERWELKOM die uitspraak teen haar nageslag se grondwetlike regte? (Sien ook die Rassie Malherbe verslag wat met oorgang spesifiek hierdie regte onderhandel het, maar daar is niks juis oor van die ooreenkoms. Een vir een word die verraaiers ontbloot)

John ·

Lewies ek wed jy is ‘n priester in die Katolieke Kerk. So heilig en die enigstes op aarde wat die Afrikaners se sondes kan vergewe… as hulle tog net wou opdaag… Hulle ossewaens is ongelukkig lank reeds verby oppad kerktoe vir ‘n Geloftefees.

Lewies ·

Johan, ek is nie ‘n priester nie, maar een van baie wat na ‘n Geloftedag geleentheid toe gaan om te gaan vasstel of mense die vraag “Kyk waar is jou naaste?” gaan beantwoord volgens die riglyn van die Woord en nie wat die mens dink dit behoort te wees nie.

Oom Kosie ·

Die Afrikaner moet sorg dat hy die taalgroep is wat die kursusse wat WISKUNDE vereis, aanbied . Die getal wat matriek wiskunde aanbied is skrikwekkend laag en uit hiedie groep moet al die dokters inginieurs en vakmanne kom. Ek het jare in die mynbedryf gewerk waar Afrikaans die besigheidstaal was en Engels die skryftaal. In NW waar ek 40 jaar gewerk het is die ouer Tswanas Afrikaans sprekend. Daar is groot myne in Afrika waar Afrikaners die meerderheid van bestuurs en vakman posisies beklee. Die Afrikaners is nou die nuwe trek arbeiders. Jong mense gaan emigreer want hul neem agresiewe verguising waar van swartes wat geindoktrineer word om die wittes te haat oor Apartheid . Die bykomende skade (“collateral damage”) wat Tuks en ander universiteite se verwoesting van Afrikaans meebring, sal navorsing verg.

Lance ·

Menigte studies het bewys dat mense wat in hulle eie moedertaal onderrig ontvang net so bekwaam is en gladnie n agterstand beleef nie …trouens dit maak hulle net nog meer hardwerkend. Daar is ook reeds BAIE voorbeelde daarvan van mense wat oorsee werk en baie gesog is omdat SA se mense geken word as hardwerkend….sal maar sien wat nou gaan gebeur met al die onluste , agteroorbuig en gelek.

Manna ·

Hierdie mense is besig met volksmoord. Is die lesers regtig so naief om te dink hulle sal ons toelaat om eie opleiding instellings te bedryf. Niks verhoed hulle om dit te kaap. Word wakker!

Wilhelm ·

Die vraag is: Op grond waarvan is die hofuitspraak aldus? Is dit op feitelike data of iets anders?
Mens sal graag wil weet om die kloutjie by die oor te kry.

Frans C ·

As jy in engels onderrig wil word moet jy in engels dink en as engels eers jy gedagtewêreld
begin oorheers dan raak jy verlore en word van Zyl -ven zaail.Die ironie van die saak is dat dit nie die Engelse is wat die Afrikaners uitverkoop nie, maar dat dit deurgaans aan Afrikaanse universiteite Afrikaners is wat ter wille van ‘n pot lensiesop Afrikaners en hul moedertaal uitverkoop.

Marina ·

Frans C jy praat SO DIE WAARHEID! Is ons eie mense wat terwille van hul werk hul taal ook verloon!!!

Geelonger ·

Bogenoemde organisasies moet miskien Namibia revering nader on n Afrikaanse Uni daar the begin Mense daar het geen issue met Afrikaans nie. Met tegnologie kan die beste Afr dosente klasgee

Piet ·

Privaat tersiêre instellings in helaas die pad vorentoe. Soos die demografie van die openbare instellings verander, gaan hulle toenemend in hulle eie disfunksie verdrink. Op watter universiteite is daar druk om te transformeer? Beslis nie die universiteite van Venda of Zululand nie. Dit is ongelukkig die enidpunt van transformasie. Die hartseer ironie is dat die linksgesinde en anti-Afrikaanse akademici die eerstes sal wees om die sinkende skepe te verlaat vir funksionele privaat instellings.

Carel ·

Mense , lees asb die boodskappe tussen die lyne. Dink mooi voor julle (van die wat kommentaar hier lewer) voor julle mekaar aan vat. Die probleem is nie die engels nie, asook die gebruik van akademie indie wereld nie, maar die verdoeseling om ‘n instansie oor te neem en te vervang met stelsels en mense wat op ‘n ander wyse as die waarmee ons mense en die wat eerbare mense is na soek wil daar stel. ‘ It is not about academic proficiency,education, ability,work ethic , honesty, respect, tolerance, racial equality and decency. It is all about control’. Dieselde is aan die gebeur met die nuwe skool kurikulum. So Akademia as jy hulp nodig het, roep my en ek kom

Ruby ·

Vir die huidige universiteite: My beursie is so toe soos ‘n lappop se oor.

Ek ondersteun eerder Akademia.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.