Tuks Woensdag gesluit

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

Alle akademiese aktiwiteite en ondersteuningsdienste by die Universiteit van Pretoria word Woensdag opgeskort.

Norman Duncan, adjunkhoof van akademie, het skriftelik aan alle dekane dié boodskap oorgedra. “Dit bied personeel en studente die geleentheid vir konstruktiewe vergadering oor sleutelkwessies wat hoëronderwysinstellings tans beïnvloed,” het hy gesê. “Toetse en eksamens wat vir 21 Oktober geskeduleer is, is geherskeduleer.

“Die personeel hoef dus nie môre op die kampus te wees nie,” het Duncan bygevoeg. “Slegs noodsaaklike personeel by ondersteuningsdienste moet vir werk aanmeld.”

Die universiteit het bevestig dat studente nie benadeel sal word deur die wysigings in die akademiese program nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

arie plaasboer ·

Waarom MOET die betogers beskerm word?
Waarom sal die aangepaste akademiese aktiwiteite nie die studente benadeel nie?
As ALMAL deur universiteits owerhede benadeel word deur nie nakoming van reg en orde nie, dan sal daardie studente wat wil studeer en NIE WIL BETOOG NIE die volgende keer / jaar self die betogers keer.
Daar is verseker meer wat wil studeer en nie wil betoog as andersom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.