Tuks wys ‘gebrek aan insig’ met kansellasie van Serrie-opvoering

Foto: Fezekile Msimang/Facebook

Dit is onvanpas en onregverdig van die Universiteit van Pretoria (UP) om al die universiteit se studente te straf deur die tradisieryke Serrie-opvoering te kanselleer weens die swak gedrag van enkelinge, sê Jean Kriek, die VF Plus se jeugleier in Gauteng.

Die Universiteit het Donderdag aangekondig dat die Serrie-opvoering gekanselleer is omdat daar na bewering smaaklose plakkate en swak gedrag van toeskouers tydens die Serie-voorronde op Maandag 15 Mei en Dinsdag 16 Mei voorgekom het.

Kriek sê die universiteit wys deur hierdie optrede ʼn totale gebrek aan insig en ʼn onvermoë om probleme op ʼn billike manier te behandel.

“Hierdie besluit van die universiteit is baie onregverdig teenoor studente wat maande lank onvermoeid gewerk het om deel te neem aan die kompetisie. In baie gevalle het ‘n groot hoeveelheid tyd en geld in die voorbereiding ingegaan.

“Die skuldige studente moet individueel deur die universiteit gedissiplineer word aangesien dit ‘n individuele handeling was wat nie op enige manier strook met die besluit om almal te straf nie en dit is werklik jammer en betreurenswaardig dat die UP so optree,” het Kriek bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lindie ·

Miskien moet mnr Kriek hom van die feite vergewis. STUKU, m.a.w. die studente kuktuurvereniging het self besluit om te kanselleer. Nie die universiteit nie.

Ouer ·

Waar kan my kind volgende jaar veilig en met trots studeer. Die betogings vanoggend by UP het net rooi ligte by ons aangesit.

Oud-PUK ·

PUK oftewel Noordwes Uni, Potchefstroom is ‘n uitstekende keuse. Daar is tot dusver geen gebou afgebrand nie en studente daar het nie in die laaste paar jaar aan betogings deelgeneem nie. Hulle het ook ‘n tweetalige beleid met tolke in klasse wat dalk die antwoord op hulle rus en vrede is.

Trotse Puk Ouer ·

Jy kan jou kind beslis in skryf by die Puk. Hoe gehalte onderrig, met goeie dosente. My kind maak die jaar klaar en praat met lof van die universiteit.

Alida ·

Sommige studente LET WEL sommiges is walglik en seksbehep. Word groot asb.

Lollie ·

Sulke persone beeld die afrikaner uit as vlak, ongeletterd en onopgevoed. Net ń paar vrot appels wat die hele kassie wil vrot maak

Reti ·

My Alma Mater maar wat ‘n grao deesdae. Dis wat ‘hulle’ wil hê. Neem alles weg en stel boggerol in die plek van dit. Kry kortkort epos met nusies en goed maar my gevoel oor die plek nie dieselfde. My kinders was op Puk. Dit WAS soos TUKS was in my tyd. Nou kla my jongste, laaste Puk hy weet nie wat gaan van Puk word nie. Op oomblik is dit nog goed op Puk.

Rob ·

NWU-PUK is werklik laaste goeie universiteit waar dinge nog relatief stabiel is.

Manie ·

As n oud kovsie moet net nie jou kind soontoe stuur. Hulle is net so ras behep

Kallie ·

Die Visie Kanseliere is die eintlike probleem.Almal van hulle is in Zuma se sak anders het hulle nie n werk nie.

Waarheid ·

Stuku is veronderstel om die studente te verteenwoordig, maar dit is aan ons gekommunikeer dat dit die Universiteit tesame met STUKU se besluit was om serrie te kanseleer.
En die proteste was nie op kampus nie, en was slegs die werkers wat gestaak het. Almal binne en buite kampus was veilig.

md ·

Geluk Mnr Kriek vir jou insig. Miskien kan jy met die DA lid wat die fotograaf van koshuis na koshius gestuur het aanspreek oor sy motiewe en pligte in sy DA poisisie. Hy moenie dink die studente gaan hom of sy wyk ondersteun nie! Hy kan politiek groet!

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe verlang ek nie terug toe daar orde aan ons universiteite was nie. Ons was almal eenders, dieselfde geloof en kerk (sonder om krities te wees aan ander gelowe, maar hul het na hul eie plekke gegaan) , dieselfde taal gepraat, meestal almal aan dieselfde politieke gelowe behoort, …………………. en almal het met trots hul UP baadjie gedra. Ek verstom my aan vandag se studente met hul flenter jeans, rugsak oor die skouer en toutjies hare, …….. Wat ‘n jammerlike gesig. Waar gaan my kleindogters studeer?

Oud-Pukkie ·

Ek laat my nie vertel dat daardie groep mans se ouers nie ‘n probleem met die gedrag het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.