Vier verdagtes van wie een ’n tienermeisie het Donderdag in die landdroshof in Tulbagh in die Wes-Kaap verskyn in verband met die moord op plaaslike dokter Roelof Botha.
Botha (59) se liggaam is Maandag omstreeks 18:45 met verskeie steekwonde in Schalkenboschweg buite die dorp aangetref.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media bevestig Aiden Abels (27), Justin Adonis (30), Andrew Gouws (30) en ’n 17-jarige meisie word van Botha se moord beskuldig. Die meisie kan egter nie in dié stadium geïdentifiseer word nie aangesien sy minderjarig is.
Volgens die klagstaat, wat Maroela Media onder oë gehad het, is al vier verdagtes van Tulbagh.
Ntabazalila het gesê die verdagtes sal na verwagting weer eerskomende Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van moord wanneer hulle hul aansoek vir regshulp sal voltooi.
Nog aanklagte teen die verdagtes kan nie in dié stadium uitgeskakel word nie, het Ntabazalila verduidelik. Die verdagtes bly tot hul volgende hofverskyning in aanhouding.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Hul beter tronkstraf uitdien en skuldig bevind word. Sterkte aan familie en gemeenskap wat n Geneesheer verloor
Hang net die gemors en kry klaar..
Ja Dirk, ek stem saam, hulle is dit nie werd om te lewe nie.
Hoekom kom die wêreld nie in opstand oor hierdie blatante moord nie, maar hulle jaag ‘n gewoonte misdadiger se dood na? (Verwys na George Floud, VSA)
Nou wat was die motief, roof seker? Sterkte aan die familie lede