Tulbagh-moord: Tienermeisie doen aansoek om borgtog

Dr. Roelof Botha en sy vrou, Lorette. (Foto: Verskaf)

Slegs een van die vier verdagtes van Tulbagh in die Wes-Kaap wat van die moord op plaaslike dokter Roelof Botha beskuldig word, het aansoek gedoen om borgtog.

Aiden Abels (27), Justin Adonis (30), Andrew Gouws (30) en ’n 17-jarige meisie het Dinsdag weer in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die moord op Botha toe die meisie aangedui het dat sy aansoek om borgtog doen, het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, aan Maroela Media gesê.

Die meisie kan nie in dié stadium geïdentifiseer word nie aangesien sy minderjarig is.

Volgens Ntabazalila sal die meisie weer op 24 Junie in die hof verskyn wanneer haar borgtogaansoek aangehoor sal word. Abels, Adonis en Gouws gaan nié aansoek om borgtog doen nie en sal na verwagting eers op 28 Julie weer in die hof verskyn.

’n Klag van roof met verswarende omstandighede sal dan in die geval van al drie by die klag van moord gevoeg word, het Ntabazalila bevestig.

Maroela Media het vroeër berig die 59-jarige Botha se liggaam is verlede Maandag net voor 19:00 met verskeie steekwonde in Schalkenboschweg buite die dorp aangetref.

Botha het ’n praktyk in Van der Stelstraat op die dorp bedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pierreli ·

So onnodig, die dokter se moord, Die moordenaars was sekerlik opsoek na dwelms.

Cherokee ·

‘So onnodig’ laat dit klink asof dit somtyds nodig mag wees. Dit is àltyd onnodig.

Juffrou ·

Ja nou’s haar lewe ook opgemors. As jy grootmens dinge doen, moet jy maar die gevolge dra soos ń grootmens.

Ivana ·

Ek stem saam. As jy misdaad kan pleeg, al is jy 12, dan moet nou naam bekend gemaak word en jy moet dieselfde straf kry as die bo 18. Misdaad is misdaad, daar is nie n ouderdomsbeperking vir die kriminele nie

Magda ·

Nie minderjarig genoeg om MOORD TE PLEEG NIE – se wie sy is want alle moordenaars minderjarig of nie verdien geen beskerming oor hulle identiteit nie. Oud genoeg gewees om te weet wat sy doen. Hoop haar borgtog gaan geweier word.

Lorna ·

Jip
If you do the crime you must do the time
Seker gedink hy dra pille saam hom
So jammer

Michelle ·

Die hofsaak gaan seker weer so vinnig verby wees voor die meisie 18 is en as ń volwasse gevinnis kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.