Tulbagh-moord: Tienermeisie op borgtog vrygelaat

Dr. Roelof Botha en sy vrou, Lorette. (Foto: Facebook)

Vier verdagtes het Dinsdag weer in die landdroshof op Tulbagh in die Wes-Kaap verskyn in verband met die moord op plaaslike mediese dokter Roelof Botha.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het aan Maroela Media gesê Aiden Abels (27), Justin Adonis (30) en Andrew Gouws (30) het nié aansoek om borgtog gedoen nie.

Die 17-jarige meisie wat ook van Botha se moord beskuldig word, het wel vroeër aansoek om borgtog gedoen. Dié aansoek is Dinsdag toegestaan hoewel die hof bevind het dat die woonadres in Wolsely wat sy opgegee het, nie vir die hof aanvaarbaar is nie. “Daar is besluit dat sy na ʼn plek van veiligheid geneem sal word,” het Ntabazalila gesê.

Die meisie kan nie in dié stadium geïdentifiseer word nie aangesien sy minderjarig is.

Maroela Media het vroeër berig Botha (59) se liggaam is in Junie met verskeie steekwonde in Schalkenboschweg buite die dorp aangetref.

Botha het ’n praktyk in Van der Stelstraat op die dorp bedryf.

Die verdagtes sal na verwagting weer op 1 Oktober in die hof verskyn op aanklag van moord.  Abels, Adonis en Gouws bly tot dan in Worcester in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Plaaskind ·

17 jaar en in staat om te moor. Skrikwekkind en kommerwekkend.

Werner ·

Hoekom word sy menslik behandel troe sy deelgeneem het aan die daad het sy die reg verloor om menslik behandel te word

Daleen ·

Hoop sy is 18 teen tyd dat hofsaak begin dat sy kan boet vir haar dade. Sterkte aan die familie mag God julle dra in die moeilike tyd want dis alles so sinneloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.