Vier verdagtes sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn in verband met die onlangse moord op dr. Roelof Botha (59) van Tulbagh in die Wes-Kaap.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Woensdagmiddag bevestig die verdagtes sal op aanklagte van moord in die plaaslike landdroshof verskyn.
Dit volg nadat Botha se liggaam Maandag omstreeks 18:45 met verskeie steekwonde in Schalkenboschweg aangetref is. Botha het ’n praktyk in Van der Stelstraat in die dorp bedryf.
Van Wyk het vroeër gesê vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat ’n persoon van belang (37) kort ná die moord ondervra is.
Die polisie se ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Sterkte. Baie ontstellend
Dis vir my baie sleg. Ek ken sy suster goed.
Baie hartseer en onstellend.. So duur die moorde voort