Tulbagh-plaasaanval: Een sterf, twee aangekeer

Argieffoto: Secretfalls Tulbagh

Argieffoto: Secretfalls Tulbagh

Vinnige optrede deur ʼn boer, die polisie en ander boere in die Tulbagh-omgewing van die Wes-Kaap het daartoe gelei dat ʼn vermeende plaasaanvaller doodgeskiet, en twee medepligtiges aangekeer is.

“ʼn Groep verdagtes het vroeg Vrydagoggend op die Lombaard-egpaar se plaas, Roodezand, toegeslaan terwyl hulle geslaap het,” het Stefan Pretorius, Wes-Kaapse verteenwoordiger van die burgerregte-organisasie AfriForum, aan Maroela Media gesê. Die egpaar is onderskeidelik 61 en 59 jaar oud.

“Die aanval het omstreeks 01:00 plaasgevind. Die boer het wakker geword toe hy die verdagtes gehoor het,” het Pretorius gesê. “Sy vrou het die kamerdeur toegedruk terwyl hy sy vuurwapen gekry het. Die boer het een van die oortreders doodgeskiet, waarna die ander gevlug het.”

Die boer het daarna die polisie en ander boere op die gemeenskap se noodradiostelsel ontbied. “Die Tulbagh-polisie het dadelik opgetree en met behulp van ander boere in die omgewing die gebied afgesper, waarna die twee verdagtes aangekeer is,” het hy bygevoeg.

Die verdagtes word by die Tulbagh-polisiestasie aangehou en is glo van Khayalitsha afkomstig. Pretorius is vol lof vir die Tulbagh-polisie en sê hulle het baie goeie diens gelewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Liomee Vosloo ·

Kan ek die kontakbesonderhede van Stefan Pretorius, Wes-Kaapse verteenwoordiger van die burgerregte-organisasie AfriForum, kry asb?

AmY ·

Hoop nie die boer gaan van moord en poging tot moord aangekla word, omdat hy homself en sy vrou beskerm het nie.

Paul ·

Amy, daar word altyd ‘n ondersoek gedoen in so ‘n geval, en dit is ook reg so. Sulke ondersoeke het egter selde ‘n formele klag teen die selfverdediger as uiteinde, want meestal is dit klinkklare selfverdeding.
Mense verstaan dikwels die stelling dat die polisie ‘n ondersoek na die dood doen verkeerd en dink die persoon wat geskiet het, word sommer dadelik vervolg.

kommin-tator ·

Hulle sluit jou bleddie vinnig toe as jy dit durf waag om jou self te verdedig. Daar is TALLE gevalle oor die jare wat ten hemele skrei.

Alani v Nieuwenhuizen ·

Kolskoot! Dit is jammer die ander 2 is slegs gewond.

Justi ·

Baie goed gedoen aan die boer en sy vrou, asook die Sapd As alle plaas aanvalle net so kon verloop sou die kriminele beslis twee keer dink voordat hulle gaan kwaad doen!

bibi ·

Skote Petoors!!!…’N oog vir ‘n oog…’N tand vir ‘n tand…

Johann ·

‘n Bewys wanneer Boer en Boerin skouer aan skouer veg teen die barbare is daar ongevalle aan die misdadigers se kant.
Uitstekend dat daar nie lewensverlies aan die boere se kant was nie.

Veronica Deacon ·

Ek hou hiervan – Boer en Boerin skouer aan skouer !

Jan Agenbag ·

Die gemeenskappe moet saamstaan en die “skuim” wat ons van ons ouers, oupas en vriende beroof (vermoor) uit ons samelewing verwyder. Dit is nie eens meer “nuus” as iemand vermoor of verkrag word nie. Dit word nou net ‘n statistiek. My sienning is dat die kriminele element gans te veel regte het en syne word erken maar nie juis die wetsgehoorsame s’n nie.

AmY ·

Dankie Paul. Ek dink maar net aan die berig ‘n paar dae terug toe die polisie die vroutjie summier in hegtenis wou neem.

Annatjie Dalhouzie ·

Bravo mooi so. Hierdie is die Kaap en hier slaap die Boer wakker en staan saam. Knap gedaan. Sal ook graag Stefauns se kontak besonderhede wil he.

annatjie dalhouzie ·

Baie geluk aan polisie en almal wat opgetree het. Dit is knap gedaan en dit wys jou net hierdie is die Wes Kaap en hier slaap Boere wakker en staan saam.

nevillebotha ·

Die bewys van sukses…. die verbasende element was paraat , die ander boere moet dit in hul pyp sit en rook

david ras ·

Kan die Kapenaars my dalk inlig wat die afstand tussen Kyalitsha en Tulbach is? Dit is vrek ver om te gaan roof. Is hier dalk ‘n verskuilde motief ?

Hein ·

Kyk of hulle dalk Cosatu-lede is – laas dat ‘n boer ‘n aspirant-plaasmoordenaar doodgeskiet het, het Cosatu die BOER aangekla vir moord, hom ‘n “rassistiese moordenaar” genoem en geëis dat borg aan hom geweier word.
Die regter het gesê dat hy nie in die eerste plek aangekla moes gewees het nie.

Marlene Lotter ·

My hart gaan uit aan enige persoon wat hom of haarself moet verdedig en in die proses ‘n ander se lewe neem. Wat het geword van respek vir ‘n ander se “spasie”? Die “slagoffer” is eintlik die persoon wat oorgegaan het tot die daad van selfverdediging wat tot dood gelei het. Dit moet alle verskrikliks wees om met jouself saam te lewe in die wete dat jy die dood van ‘n persoon veroorsaak het al was die persoon waar hy/sy nie moes gewees het nie?

Johan van den Berg ·

Dis nie onwaarskynlik dat die boer aangekla sal word nie. Maar ek spreek dit nie uit oor hom nie. Dit was selfverdediging. Sterkte aan hulle

jumbo ·

Jou yster,jy doen die boere trots,die egpaar is op en wakker goed vir julle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.