Tumi Morake veroorsaak weer herrie met uitlating

Tumi Morake. Foto: Facebook

Die komediant en radio-aanbieder Tumi Morake is weer in die sop.

Morake het tydens ʼn episode van Comedy Central se Roast Battle-reeks op DStv-kanaal 122 vir medekomediant Schalk Bezuidenhout gesê, “Want jy is twee p**sklappe weg van Down-sindroom b***h”.

Dié episode is glo al verlede jaar opgeneem en vroeër vanjaar uitgesaai, met ʼn herhaling wat nou in Desember weer uitgesaai is. Morake het intussen op Facebook om verskoning gevra vir die uitlating nadat talle mense, insluitend ouers met kinders wat Down-sindroom het, daaroor gekla het.

“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning vir my uitlatings. Ek keur op geen manier diskriminasie of onkunde rondom mense met Down-sindroom goed nie. Ek hoop dat die ouers van kinders met Down-sindroom en mense wat met Down-sindroom leef dit in hul harte sal kan vind om my te vergewe.”

Morake het gesê sy sal enigiets doen om dit reg te stel. “Ek het nie bedoel om skade te doen nie, en ek besef hoe seer, ondenkbaar, skadelik en onkundig dit was.”

Volgens berigte is Morake by die Uitsaaiklagtekommissie verkla. Dit is nie die eerste keer dat Morake in die sop is oor uitlatings wat sy gemaak het nie. Die kommissie het 55 klagtes ontvang in verband met uitlatings wat Morake op 12 September gemaak het as mede-aanbieder van die ontbytprogram op JacarandaFM.

Morake het tydens die ontbytprogram op 12 September wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk. Morake het in reaksie op die kritiek teen haar uitlatings gesê sy staan daarby en vra nie daarvoor om verskoning nie.

Die kommissie het die klagtes teen Morake van die hand gewys. Die klaers het onder meer aangevoer dat Morake se uitlatings rassisties was en neergekom het op haatspraak en aanhitsing om leed te veroorsaak. Daar is aangevoer Morake het wit Afrikaners diewe en boelies genoem en dat sy vir vergelding gevra het.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in reaksie hierop gesê die woede van mense was oor dubbele standaarde in die gemeenskap. “Morake se uitlatings het in ʼn groter sosiale konteks plaasgevind waar wittes voel dat daar geduld is oor opmerkings met rasondertone deur swart Suid-Afrikaners, maar wit Suid-Afrikaners se opmerkings sal oordrewe opgeblaas word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

128 Kommentare

Angelique Stols ·

Dus omdat sy die voroge keer daarme weggekom het. Nou dink sy sy kan se net wat sy wil. En maar net weer jammer se. Siek. Siek siek siek.

Tes ·

Ek luister al vir n jaar nie meer die vaal stasie waasop sy is nie en koop nie by die wat daar adverteer nie, en ek mis niks.

Amanda Borrett ·

Ek verstaan die “poetic license” van komediante maar moet sê die “roasts” is nou net ‘n forum om mense te vloek en te beledig en ek vind dit glad nie eers vaagweg snaaks nie. En hierdie meisiekind is in elk geval glad nie snaaks nie. Sy moet eerder ‘n werk doen waar sy glad nie praat nie. Miskien iets soos ‘n ” stenographer”

Zak ·

Of ‘n paaldanser — Minimum praat en publieke toonstelling. Wil mos soos die Kardacians wees..

Anoniem ·

Hoekom kom sy weg met haar uitlatings. As ek dit vir haar sou se het ek in die tronk geslaap.
Dit is wat ons as witmense omkrap. Die swartman en vrou kan uitlatings maak wat onvanpas is en kom niks oor. Asseblief iemand doen iets.

Johan ·

Ag shame sys soos n 2 jarige wat te veel bederf is en aandag soek,en altyd haar sin kry. As su n tantrim gooi.Kan iemand haar asb leer om volwasse te word…….

Johan du Toit ·

Dis darem maklik om net om verskoning te vra en niks gebeur met jou nie. Ek dink aan blankes wat voor die hof moes draai oor uitlatings en die merrem kom elke keer weg daarmee! Demokrasie se m..r!!!!

Eish ·

So sal dit aangaan tot sy vir eens en altyd van die lug afgehaal word. Geen respek vir ander nie.

Ettienne Lombard ·

Dit is tyd dat ons met Jacaranda en Multichoice maak soos met Spur.

Vicky ·

Ons het ni mee n spur ni en ek luister lankal ni mee hakaranda ni

Ali van Wyk ·

Laas toe ek gecheck het doen Spur nog lustig sake. Én Media24. Én Absa. Én Jacaranda. Én Loftus. Én Landbouweekblad. Én almal anders wie julle ge-“boikot” het. Hel, julle is ‘n spul hartseer randeiers.

Domvraag ·

Dan offer Spur n special op hul hamburgers en mense staan toue. Ek laat my nie omkoop met n coke en n hamburger nie. Spur sal my nooit weer sien nie en radio Jakaranda luister ek ook glad nie meer.

Sandra ·

Hoveel keer moet sy nog uit laatings maak voor daar teen haar op getree word????????

madels ·

Ek dink elke ouer wat n down sindroom kind het moet nou ernstig optree. Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Sy het verseker al hierdie aaklige goed in haar hart en dis hoekom sy dit se. So hoekom moet dit net aanvaar word dat sy “jammer’ is???? Sy is GEENSINS JAMMER nie!!!!!

Wouter ·

Mens kan nie op verskoning floreer nie Boikot haar optredes Soda sy aan haar sak voel sal sy tweemaal dink voor sy haar groot mond rek

Marthie Welman ·

Sy behoort glad nie in die publiek te mag optree nie sy behoort beskuldig te word in die hof en vervolg the word vir haar kru aanmerkings. Raak ontslae van haar en gee haar ‘n kriminele rekord.

Anoniem ·

Nee nee, jy is nie jammer nie Tumi! Jy is jammer omdat jy uitgevang is! Jy is ‘n arrogante verpesting en hoort nie op tv of radio nie!

Theresa ·

Jy haal die woorde uit my mond. Sy is heel moontlik met opset met al haar snipperige, seermaakgoed wat sy kwytraak – heel doelbewus. Indien nie doelbewus nie, moet sy regtig self bedank, want sy is GLAD nie snaaks nie en is ‘n steurnis op media. Baie onsmaakvol en ongesofistikeerd maak nie saak hoe sy haarself optof nie – dis wat by ‘n mond uitkom wat jou intellek bepaal. Sy moet baie huiswerk doen, voordat sy so uitgesproke moet probeer wees.

Elvira Bothma ·

En SY k weg met haar uitlatings. Laat dit nou n blanke wees dan is hy geskors EN aangekla. Dis die nuwe SA

Johan ·

Gesegde vir haar : “Small things amuses small minds…….

Antoinette de Greeff ·

Tumi Morake kan eenvoudig nie aanhou om ondeurdagte uitlatings te maak en dan wanneer sy aangesoreek word net eenvoudig ‘jamner’ se nie. Waarom is sy onaanraakbaar.

Rabes ·

Sy’s so ‘n swakpersoon dat dit nie eers die moeite werd is om iets oor haar te sê nie.

nannie ·

Sy gaan seker weer niks oorkom nie. Sy kan sê en doen nes sy wil. O ja daar is mos dubbel standaarde.

Liza ·

Ettienne ek stem saam met jou, gelukkig luister ek gladnie na Jakaranda nie, hulle is ‘n radio stasie wat my gladnie aangaan nie….. kannie glo dat mens sulke taal kan gebruik nie. Jy sal nog terug kom aarde toe poppie……

Pieter ·

Darren Scott is summier afgedank,miskien omdat hy wit is,die swart dame kan mos maak wat sy wil.

Elsabe ·

Ek stem saam. As jy iets sleg se oor die blanke ras en teenoor christene is dit aanvaarbaar maar moet tog niks se oor swartmense nie. Darren Scott het sy uitlatings nie eers oor die lug gemaak nie, maar die van Heerden mannetjie en sy goeie vriendin lug hulle rasistiese en Gods lasterlike opinies sodat die hele land hulle kan hoor.Radio Jacaranda en die uitsaai komissiehet dubbel standaarde.

Helena ·

Sy het seker n “connection” wat haar beskerm, daarom se sy die goed, want sy weet die persoon sal haar beskerm………

Dis tyd al die adverteerders Jacaranda en Multichoice blok…. Daar is baie ander radiostasies waarop hulle kan adverteer, want die meeste mense luister eers nie meer na Jakaranda nie.

Jef ·

Mevrou Morake, u moet u hoof in skaamte laat sak, hoe durf u as komediant sulke uitlatinge te maak en nou vra u om verskoning.
Ek ken iemand wat Down sindroom het en ook n baie goeie vriendin van my is, liefdevol en n mooi persoonlikheid en sy werk baie hard vir haar geld as skoonmaakster.
n komediant is u beslis NIE en wat u gese het kan nie meer terug gedraai word nie, u het baie mense seer gemaak.

Andre Traut ·

O my genade is sy n mevrou???!!!!!! Wel dan weet ek nou wat haar kinders gaan word , indien sy enige het….

anne adelson ·

sy dink sy kn se wat sy wil en gaan elke keer wegkom daarmee. wees asb eerlik as die ander persoo n dit vir haar gese het was hy sumier afgedank of hul het baie gou ontslae geraak van hom. hoekom duld julle dit?

Johnny ·

En sy dink om om verskoning te vra is ok!!!Absoluut onaanvaarbare gedrag en geen respek vir ander.

Pop ·

Annoniem ek stem saam. N verpesting wat te groot vir haar skoene geword het en al jammer se help niks. Almal is geregtig op vergifnis, die probleem le daarin dat jy dit van iemand anders af moet ontvang. Jy kan vra maar is nie te se jy gaan kry nie. Ek vergewe haar nie. Klaar.?

Anel ·

Dit wys jou wat gebeur as die mense nie vervolg word nie, kyk maar na Malema ook.
Nou doen en se hulle wat hulle wil, iemand moet hulle maar persoonlik gaan groet.

Elvira Bothma ·

Presies na my mening is Malema n direkte oorsaak van die plaasmoorde die afgelope jare. Hyt mos plaasmoorde aangehits.

Ronel ·

Verskonings, verskonings, verskonings. Sy sal mos enige iets doen om die saak reg te stel. Wat van sy skenk ‘n GROOT bedrag geld aan oorde/ te huise vir gestremde kinders van meeste klaers se keuse? Ek praat nie van Honderde Randjies nie. Meer!!! We want more!!!

P van den Berg ·

Wat ‘n “sad” mens. Waar die hart van vol is loop die mond van oor.

Hanna ·

Sy hoort nie op die lug nie ook nie Tv nie. Eintlik is sy niks. Wie gee haar die reg om uitlatings oor ander mense te maak.

Heidi ·

Weereens gaan sy seker weg kom daarmee. Ek as ouer van ‘n dogtertjie met down sindroom vergewe jou glad nie Tumi en ek is seker ander ouers voel dieselfde. Die wiel draai onthou dit, ek luister lankal nie meer Jacaranda, Groot FM is baie beter en herhaal ook nie hul musiek. Tumi is die rede hoekom ek nie meer ‘n Jacaranda luisteraar is nie en ek is seker met haar 1ste uitlatings het hul baie luisteraars verloor, doen iets Jacaranda hul sê spyt kom te laat.

Andrea ·

Sy is beslis nié n dame nie. Ek sou n ander woord gebruik om haar te beskryf…

Elize ·

Soos gewoontlik kan sy mos maar se en doen wat sy wil.Sy weet mos sy gaan nie gestraf word nie.Hoop van harte dat haar tjank n slag afgetrap word.Lyk my haar werkgewer is bang vir haar.

HPV ·

Moet net eenvoudig nie na haar nikssegende gekerm luister nie. So maklik soos dit.

Tumi 083 718 7779 ·

Boikot haar vertonings, boikot haar UITERS vervelige Radio program op Jacaranda, dan kyk ons of sy steeds dink alles in snaaks…..

Thinus ·

Kry sulkes soos Tumi net jammer. probeer om koek te wees as sy skaars ‘n krummel is….enige iets vir aandag

Nicoline Becker ·

Sies jou taal is smerig en jy het geen klas nie man.

Osie ·

My doel vir Feb 2018: 1 tot 1 gesprek met Tumi op die Jacaranda bootreis.
Ek vermoed sy gaan min te sê hê tussen al die ‘wit’ rassiste.

semaarnet ·

Dink jy regtig wit Afrikaansprekendes gaan op daardie boot klim? Daar is ‘n GrootFm boot ook.

semaarnet ·

Dink jy wit Afrikaans sprekendes gaan op daardie boot klim? Daar is ‘n GrootFm boot waarop ons gaan klim.

Johann ·

Osie. Tnx man… hoop jy kry waarde vir geld vir die boot reis saam die maram. Vra haar of haar kinders ook so vuilbek is en dinkk dis snaaks. Se als van haar as ma! Maar dan is sy ook so dikvellig soos kan kom. By die Carols aand het die gehoor haar ook ignore… syt bloot aangegaan met haar onvanpaste loud over the top me myself and I sindroim. SHAME….

Mark ·

Ek stem saam. Joost, Liefling en Darren Scott is vir baie minder by SuperSport ge”fire” ??

Pieter ·

As sy dan enigeiets sal doen om vergewe te word…. ontrek dan uit alle radio en tv en krt n regte eerbare werk en versien geld eerlik soos res van ons. Jamme Jakaranda. Martin en Tumi gaan julle ondergang beteken. Riaan en Barny is al wat julle nog red. Raak ontslae van die probleem of het sy julle ook iewers beet waar ons eerder nie wil weet. Onthou. Sy het geen se oor borge.. hoop julle het meer veratand om hieroor te dink as sy

Lu ·

O genade! Ek kan nie glo dat mense so hipersensitief kan wees nie… Dis komedie mense! Ek weet nie of jul al geluister het watse tipe beledigende opmerkings op roasts gemaak is nie, maar as jy dit nie kan hanteer nie – moet dit liewer nie kyk nie. Maar jul almal haak nog vas by die rasse kommentaar wat sy op Jacaranda gelewer het. Dis gerieflik om net na uittreksels van haar kommentaar te luister en dan die dam onder die eend uit te ruk. Ek het na die volle gesprek op die radio geluister en dis geensins rassisties nie. Ek besef ons almal voel baie verdedigend as wit mense in Suid Afrika na die apartheid, maar dis regtig nou tyd om op te hou kleinlik wees en soos skape op te tree. Dink vir julself en gun almal hul sê – of jy nou daarmee saamstem of nie.

Hanna ·

Lu nou se hy ons mense is hipper sensetief. So Tumi kan kwytraak wat sy wil ons moet maar stilbly want ons is sensetief. Word groot asb!!

Adam ·

Hoe kan jy dit wat sy gesê in jou lewe vededig Dink jy is gevoelloos teenoor Down simdroom kinders en hul ouers Miskien omdat jy nie verstaan wat dit beteken nie Kan dieselfde vir jou vra : As jy dan nie hou van die mense se kommentaar hoekom lees jy dit dan Dis siek man en rassisties of glo jy ook daaraan dat swart mense nie rassiaties teenoor witmense kan wees nie

VuilJan ·

Ek dink dit was baie snaaks. Die oordrewe godsdienstige, geslags- en politiese korrektheid wat ons oral mee gekonfronteer word raak net te erg. Mense is al “pre-offended” met alles en almal en die uiteinde van so ‘n eng lewensuitkyk het net een moontlike uikoms: “Veganism”. Vir hierdie toestand help twee groot “P”-klappe nie eens meer nie.

sue ·

Ek ontstel my nie meer oor ander se uitlatings nie. Ek lees Matt. 12v36. .ek sê vir julle van elke ligsinnige woord wat die mens spreek sall hy op die oordeelsdag moet rekenskap gee. Op grond van jou eie woorde sal jy veroordeel of vrygespreek word. Maroela sal seker soos in die verlede wanneer ek ń aanhaling uit die Bybel plaas my kommentaar verwyder

Tammy ·

Dis tyd dat haar werkgewer aan al ons Maroela lesers verduidelik hoe werk dit in sy omgewing. Kan sekere mense se wat hulle wil en die res moet bek hou om werk te hou?? Hoekom is sy nognie “gefire” nie. Hierdie is haar trant van optrede?????? Dis n skande.

sandra ·

Net omdat jy Thumi is, kom jy weg daarmee. Doen die eerbare ding en bedank sodat meer verantwoordelike mense jou gemors kan weg vee en probeer red wat te redde is. Jou verskonings is so yl soos water in die Kaapprovinsie.

Theresa ·

Oh, what a non-comedian. But do not be fooled by TRYING to be a comedian. This woman is not a comedian. She knows what she says! How foolish are they whom take her feeble pardoning as seriousness!! She is playing with feelings of people in a country where she feels quite safe doing exactly that. If she’s found out – the quick response is a mere “sorry”. How predictable. At least now people can see exactly what her true mind is. That is the only positive thing about all of this sadness.

Ander Annie ·

Haar taalgebruik is in elk geval vieslik en behoort nie eens uitgesaai te word nie. Dit is beslis nie komies nie. Haar verwysing na Down sindroom is onsmaaklik. Sy het geen respek nie. Sy moet tog asseblief nie weer apartheid blameer vir haar gevloekery en diskriminerende down sindroom, uitlatings. Haar apologie is afgewater. Ek stem, waarvan die hart vol is, loop die mond oor. Me Morake is ‘n skande vir mede media kollegas. Sy stel ‘n uiters swak voorbeeld.

Peanut ·

Wel as sy “enige” iets sal doen bedank dan en verdwyn so uit publieke oog om dit reg te stel

Twee ore ·

Sy is geen komediant nie!. Bitter min mense lag vir haar goor grappe, maat soos gewoonlik wurm sy haar weer uit die warm water. Van haar moet n voorbeeld gemaak word. Om Down sindroom kindertjies wat onskuldig is by haar grappe in te sleep is laer as slang bollie. Wonder wie beskerm haar die keer…..

Hendrik ·

Sy sal enige iets doen om dit reg te stel?Verwyder jouself uit die publiek se oog en maak daai groot mond van jou toe

LV ·

Hierdie program is al verlede jaar opgeneem en vroeg hierdie jaar uitgesaai,hoekom het sy,as sy werklik spyt was,nie toe al om verskoning gevra nie,maar nou eers toe sy uitgevang is nie. Haar verskoning is dus glad nie opreg nie,finish en klaar!

Magda ·

Jy slaan die spyker op die kop…hoekom nou eers sorry se jou wannabe comedian op Biostrath

bea ·

Sy moet vir haar n paar klappe kom haal…sal eerder nie se wat ek wou se

mich ·

Lu, ek verstaan nie Tumi se sin vir humor nie. As jy dit wil afmaak as komedie moet jy dalk tyd maak om met ‘n ouer van ‘n gestremde te gaan gesels. Ek verstaan Tumi het self ‘n familielid met Down’s-dit maak haar opmerking selfs meer bisar!.
En onthou jul,nie lank terug nie het Rian van Heerden hom ook uitgelaat oor Nuwe Hoop skool se ‘breindood-kinders’. Maak ‘n “jammer” als reg in die lewe en in gebroke Moeder-harte?

Magda ·

Rian was brought to task. He was reported and apologized as a result. This one is different. The complaints are expunged.

Louise ·

Tumi duidelik het jy nie n idee waarvan jy praat aangaande die uitlating wat jy gemaak het nie. Passop dat jy of een van jou familie lede nie dalk n erger gebrek opdoen nie want jy sien jy praat so ligtelik van mense wat meer liefdevol en miskien dalk meer considerate is as jy. Jy mors met verkeerde mense se geliefdes en gevoelens so dink voor jy praat. Ek is n ouer van so kind

Elle ·

Die ironie is dat Tumi wel ‘n familielid met Down-sindroom het. Dit maak haar opmerkings oor Down’s vir my nog erger. En nie lank terug nie het Rian van Heerden na Nuwe Hoop skool se gestremde kinders as “breindood” verwys.

Adam ·

Kroonwild Mag nie aan haar raak nie Wonder hoe gaan sy die wegkom

Cornette du Plessis ·

Soooo,ou Tumi sê sy sal enigiets doen sodat mense haar kan vergewe??
Wel,ek’t ñ voorstel ou Tumi: BEDANK onmiddelik & verdwyn net asb! Immegreer Noord Afrika toe as dit moet. Dalk sal daai mense jou sogenaamde humor & rasisme verstaan en aanvaar.
Vir ons blankes hier in die Suide is dit onaanvaarbaar EN ons dink gladnie jy’s snaaks nie!! Gladnie!!!!
Jy’s ñ verleendheid vir opregte & hardwerkende komediante.
Wat dink jou ouers,jou man & kinders v jou uitlatings? Het jy dan geen skaamte of selfrespek nie??
NEE, VERSEKER NIE!

Jacques venter ·

Die twee groot AA’s in Suid Afrika
Zuma appeal
en
Morake apologize.
Wanneer appeale en apologize Jacaranda fm, of soiets. Wie luister nog na hierdie stasie

Z ·

Ons het gewys dat ons kan saamstaan teen SPUR. Kom nou, die wat nog na Jakaranda luister of beplan om op hul bootreis te gaan. Wys julle lojaliteit teen diegene waarteen Tumi so diskrimineer.

Simmi ·

Probleem is dat sy daarmee weg kom. Niks word aan haar gedoen nie. Die was nie die eerste en sal ook nie die laaste keer wees wat sy onvanpaste goed se nie. Tyd dat daar iets aan haar gedoen word.

Marisa ·

Ek dink sy moet n stywe boete opgele word. Skud haar waar dit seermaak en haar regtig sal raak. Want jammer is partykeer nie genoeg nie. Haar uitlating is ook n teken van geen styl en klas.

Vink ·

Sy het geen styl, haar uitlatings weerspieel wie sy regtig is

Fanie Grobler ·

Hoe langer sy praat hoe meer mense sien dat “small things amuses small minds “soos Johan gese het.
Bly sy stil sal net sy weet dat “small things amuses small minds ” en DIT verstaan sy nie.

Lappop ·

“Challenge” aan Jacaranda FM…as julle Tumi hierdie keer weer oor sien moet julle met onmiddellike effek vir Daryn Scott ook weer aanstel in sy ou pos.

Maggs ·

Ms Morake your choice of words are very insensitive and deeply degrading to the and all person’s suffering from a disability. You apologize but the deed is done and the hurt has found its mark. Maybe you should spend some community hours working with person’s with disabilities so that you can understand their challenges and then hopefully show respect to them. Saying sorry is the easy way out, try to do something more worthy to show your sincerity, that is if course if you truly regret your words. Ms Morake and all involved with the incident, you should be ashamed of yourselves.

Kat ·

Sy adverteer hoe mens nie grootgemaak moet word nie.Daarmee is sy suksesvol.Dit gaan soos n skaduwee die res van haar lewe volg.

EvW ·

Maar swaar as ou iets wil wees wat jy nooit sal kan wees nie…….!

Clene ·

Dan moet Penny en al die ander ook vry gespreek word en nie daai geld betaal nie tot die nar dieselfde behandeling kry. Want almal het ook onverskoning gevra maar hulle is aangekla so sy kan ook aangekla word en geld betaal aan al die ouers wat Down syndrome kinders het vir die kinders se medies onkostes.

FM ·

Miskien is miss morake nie skerp genoeg om te weet wat Downsindroom beteken nie. Sy sê sy sal enige iets doen om te vergoed vir haar uitlating: bedank en kom van die lug af. Ons vra net dit. Sy is sekerlik n zuma fan. AND one wants to hear what is Martin Besters opinion about miss moraki s comments about the Down cindrome comments. I assume that he supports her. Morake is n aandagsoeker. Sy sal niks oorkom nie, want sy word beskerm. Al wat die mense moet doen is om die druk vol te hou, net soos met zuma. Hierdie tipe mense vou een of an der tyd. Draai die skroef net stywer vas!!!

JP ·

Die regverdiging van swart diskriminasie. Sy gaan aanhou wegkom daar mee want niks gaan gedoen word nie want swart mense kan nie rassisties wees of diskrimineer nie. Die verdraaide realityd wan ons nuwe SA.

Willem ·

Nie eers geweet daar is sulke smerige gemors soos Roast Battle op die kassie nie. Video greep gesien op sosiale media en wonder: ‘n Vrou wat die P… woord so vieslik gebruik KAN NIE enige selfrespek he nie en dan is dit nogals die kaliber van mens wat op Jakaranda floreer as aktuele kommentator. Dan kom ons nog by die onsensitiewe uitlatings rakende DS. As sy nie vir haarself as vrou respek het nie sal sy NOOIT enige iemand anders respekteer nie. Maar ek dink el mis iets? Wat van die lae kruipdiere en beoordelaars wat so skater vir die smetterige segoed? Presies dieselfde stofasie. Walglik! Get a life!

Joey ·

Niks sal gebeur…haar velkleur beskerm haar ! Sy het vrye sê.

Andre Traut ·

Liewe Tumi Morake. Jy is verbitterlik agterlik. Gelukkig hoef ek nie na jou te luister nie. Onvoorwaardelike verskonings werk net vir mense van jou ras want dan kom jy mos skotvry. Maar as jy wit was was jy lankal gekruisig

Johan ·

Om sulke taal in komedie vertonings te gebruik is glad nie komies nie. Ek was n groot Jakaranda aanhanger. Maar na haar vorige aanmerkings, luister ons of van ons vriende meer na Jakaranda nie. Weereens het sy bewys watter swak tipe mens sy is, sy beswadder Jakaranda se naam.

lolla ·

Tumi, klap n toon. Sny n lyn, bedank, word afgedank. Gaan weg…. Of weet jy wat boggeroff liewer net asb, wat ook al jy verstaan, want jy maak net ons ore seer! Jy breuk net af waar ander graag wil opbou. Jy Tumi, is nie bou materiaal nie.

Debbie Nel ·

Kan ek vra dat elkeen wat beswaar het teen Tumi se jongste uitlating ‘n klagte lê by die BCCSA? Dalk kan getalle die verskil maak. Na haar wit fietsdief uitlating op radio was net 55 klagtes ontvang terwyl duisende mense ontsteld was. As meer beswaar maak kan dit dalk ‘n verskil maak in die hantering van die klagte.

Karin Bullock ·

Sy het Jacaranda fm groot skade aangedoen en dat die mense wat saam haar werk dit nie besef nie gaan my te bowe. Ek woon nou aan die weskus en hoor hoe hierdie radio stasies n bespotting van hulle maak. Hartseer

AFRIKANER ·

Tumi kan jy sien die luisteraars is nie so dom soos jy dink nie! Jy kos jou radio stasie geld! Dalk moet hulle hulle naam verander om die een te oorleef! Is daar nie meer iets soos dissiplinere optrede teen sulke uitlatings oor die radio nie! Hulle moet jou sommer by die agterdeur uitsit saam met die asdrom!

E.K. die eerste ·

WENS niemand wou haar enige publisiteit mbt hierdie gee nie, sy verdien dit nie en dis hoe sy aandag kry. Siestog…

Linda ·

Tumi, jy het daao Schalk lekker in sy plek gesit !!! Hoera !!!!

Afr Spanjaard ·

Ja-Nee, so sal dinge maar veraltyd gaan in SA. Onthou ons is ‘n minderheid en ek sien nie hoe dit gaan verander nie. Ek is so bly ek woon permanent in Spanje, waar daar nie sulke dinge gebeur nie. Hier is ek deel van ‘n meerderheid. Viva Espanja !!

toeskouer ·

Ek moet net sê dit is nogal vir my lekker om al die kommentaar lees. intresanter as die brokkie nuus, tog moet ek nou ook maar eers lees waaroor dit gaan. Ek reken dit is goed om jou opienie te lig en maroela gee daai platform. Skryf hom mense kry dit af van julle af dan voel jul beter.

Afrikaanse Knaap ·

Ek luister nou Bosveld Stereo en geniet dit baie.
Tumi is vry om te sê wat jy wil. Net so kan ek kies of ek na haar wil luister of nie.

hendrik ·

Afrikaanse knaap, net jammer jy kan nie se wat jy wil nie.

hesterbester ·

Ek weier om jakaranda te luister TUMI dink sy is die queen self haar tv program irritter my as ek soms deur die kanale gaan. ek kyk nie eers meer daardie kanale nie . maar sy sal in die bek geruk moet word ons wittes maak ni saak in watter gebied dinge gebeur nie ons MAG NIKS Sê NI hulle mag doen en sê wt hulle wil snaaks ne

At ·

Haar “bubble” gaan weldra gebars word…karma is ‘n teef.

Des ·

Ek sal graag wil hê dat Maroela Nuus hierdie swak mense met haar vieslike mond se gesig van die site afhaal. Ek dink sy kry ‘n “kick” daaruit oor al die publusiteit. Sy is ‘n baie swak voorbeeld van ‘n mens.

Helena ·

Styl en klas is soos skilfers, of jy het of jy het dit nie. Jy kan dit nie koop nie.
Sy weet wat styl en klas is nie, ek is nie beter as ander mense, maar DUIDELIK in n ander KLAS as die simpel wese.

Mimi Boshoff ·

Hy is so ruggraatloos soos n wurm. So bang sy inkomste ly daaronder. Hy sal maar agter haar wegkruip.

Henning ·

Alle adverteerders op Jacaranda FM se produkte en dienste behoort geboikot te word totdat sy vir eens en vir altyd afgedank word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.