Tumi-uitlatings: ‘Sweer moet skoongemaak word’

Tumi Morake. Foto: Facebook

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn memorandum aan JacarandaFM gestuur waarin die vakbond sekere voorstelle aan die stasie voorhou rakende die omstredenheid rondom een van sy omroepers se uitlatings.

“Die doel van hierdie memorandum is nie om vir vergelding of straf te vra nie, maar om gesprekke aan te moedig wat tot groter wedersydse begrip en respek vir mekaar sal lei en wat tot voordeel van almal in Suid-Afrika sal wees,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

Dit volg nadat radio-omroeper, Tumi Morake, tydens die radiostasie se ontbytprogram op 12 September 2017 uitlatings gemaak het wat verskeie mense warm onder die kraag het. “Haar uitlatings het dié groep luisteraars woedend gelaat, en hul in die proses vervreem,” het Hermann gesê.

Solidariteit vra in die memorandum dat JacarandaFM die volledige ontbytprogram beskikbaar stel en nie slegs die vooraf geredigeerde vyf minuut lange klankgrepe nie; dat JacarandaFM verskoning vra aan luisteraars wat aanstoot geneem het; dat die nodige maatreëls ingestel word om die toekomstige misbruik van die JacarandaFM-platform vir eensydige politieke sienings te voorkom en dat die nodige stappe teen Morake geneem word weens die misbruik van die JacarandaFM-platform.

dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

“Solidariteit voel sterk daaroor dat die gesprek wat Morake begin het voortgesit moet word, omdat dit ʼn geleentheid kan skep waar Suid-Afrikaners eerlik met mekaar kan praat tot voordeel van ʼn toekoms vir ons en ons kinders. Daarom nooi ons JacarandaFM en spesifiek Morake om ʼn geleentheid te help organiseer waartydens ons hierdie gesprek ordelik verder kan voer,” het Hermann saamgevat.

Volgens Herman het Morake se uitlatings ʼn sweer oopgesteek. “ʼn Onderliggende frustrasie van wit Suid-Afrikaners het uitgeborrel, maar ʼn onderliggende frustrasie in haarself, wat gevoelens van swart Suid-Afrikaners verteenwoordig, het ook uitgeborrel. Dit was ʼn klein mikrokosmos van wat onder die vel van Suid-Afrikaners leef. Om ʼn pleister op die swere te plak, gaan bloot infeksie veroorsaak. Die doel van hierdie memorandum is nie om te vra vir vergelding of straf nie, maar om te help om die diep swere wat tot uiting gekom het, skoon te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Louis ·

No explanation or silly reasons should be accepted for blatant racism.
Please make a visible example of this despicable person by firing her immediately.

Leeu ·

Kevin, GM van Jacaranda het reeds basies gesê hulle staan saam haar. Net jammer hulle het Darren Scott helemal anders hanteer

Tina ·

Selfde straf vir haar as vir Darren Scott .Nie eers onderhandelbaar nie

Eish ·

Koelkop manier is die enigste manier. Dit vat twee om te Tango. My vrees is net die effek van onwillige deelname. Minstens het jul darem n poging aangewend om dit te fasiliteer. Indien dr. Frans Cronje van die rasse instituut dink ek, se opname korrek was, sal dit in die poging uitkristaliseer. My vermoede is egter dat die getygolf nog nie gedraai het nie, maar ek hoop ek is verkeerd.

Callie ·

Baie groot probleem is wat Tumi en Riaan Kwytraak. Hulle sienings word afgedwing op luisteraars wat geen manier het om hul kant van saak te stel nie. Met Riaan kom dit al van voor die Spur debakel. Reeds in die week het hy weer geen respek betoon en almal wat ongelukkig was met die Tumi storie gevra om na n ander stasie te luister. As dit is hoe Jacaranda gesprekvoering sien is daar baie groter fout as wat hulle self besef. Ek ondersteun Solidariteit 100 %; dat sy blankes omverskoning moet vra. Sal graag wil weet wat se straf sy in gedagte het vir blankes .

De Villiers ·

Daar gebeur dit met Jakaranda FM oor dit waaroor soveel mense ongelukkig oor was met die herstrukturering by dié stasie so ‘n jaar of wat gelede toe daar ‘n klomp swartes by die stasie aangestel is in blankes se plekke. En dis hierdie tipe uitsprake waar die ‘nuwe’ omroepers die stasie as ‘n platform misbruik om hul politieke ideologie te uiter. Dis Jakaranda FM se verdiende loon, want hulle wil mos polities korrek wees, en luister nie na hulle gehoor/ondersteuners se behoeftes nie, presies net soos Spur.

Desiree ·

Ek is jammer maar eks moeg daarvoor dat almal onder dieselfde kam geskeer word. Ek is wit maar ek het niemand leed aan gedoen nie, niemand sleg behandel nie, niemand seer gemaak of af gekraak nie. Hoe moet ek betaal vir ander se foute net omdat ons dieselfde vel het? Dis net so goed jy sluit n suster toe vir n broer se diefstal of sluit n pa toe vir n ma wat iemand dood gemaak het. Hoe betaal een vir n ander een se foute? Ek kan nie sien hoe dit vir enige een werk nie! Ek wat n kind was toe apartheid verby was moet betaal vir goed waarvan ek min kennis dra. My seun wat nog op skool is moet betaal vir goed waarvan hy in boeke moet leer net omdat ons wit is. Hoe de hek maak dit sin?

fm ·

Hoe gaan die diep wonde wat apartheid veroorsaak het geheel word? Hoekom antwoord niemand ooit hierdie vraag nie? Die pyn en leiding wat ander mense deurgemaak het kan nie net oppervlakkig geignoreer word nie. Dit sal nie sommer net weggaan of vergeet word asof dit nooit bestaan het nie. ‘n Benadering van om nukkerig op ‘n perdjie te spring en te begin verdedig gaan niemand help nie. ‘n Wen-Wen situasie is altyd die beste sonder dat dit nodig is vir enigeen om hul menswaardigheid prys te gee maar dit verg volwassendheid, emosionele intelligensie, insig en begrip en nie ‘n aggressiewe bakleierigheid of paniekerige selfvedediging , blamering en “ek is ‘n slagoffer en almal is teen my” denke nie. Maar ek glo daar is steeds baie redelike, verstandige en gebalanseerde mense in Suid-Afrika wat glo alle mense is belangrik, insluitende hulself , en moet menswaardig behandel word. Dit is altyd goed om met mekaar te praat sonder om mekaar te beledig en te dreig en voordurend skuldig te laat voel. Dit laat mense nogals mekaar verstaan, goed voel en selfs bymekaar staan sonder om in mekaar se persoonlike ruimte in te beweeg. Mense wil graag in ‘n positiewe leefwereld leef want voortdurende afbrekende konflik is nie lekker nie.

vrikie ·

Hoe het Tumi apartheid aan haar bas gevoel, moet ek nou elke engelsman wat ek teekom blameer omdat my groot oumagrootjie in ‘n konsentrasiekamp by Bethulie gesterf het. Kan ons nie maar aanbeweeg nie

Jacques Venter ·

Wat het sy gesê ? Indien ons dit nie weet nie is n debat n vermorsing van tyd.

Rasgedrewe opmerkings, aanrandings, beledigings en moorde, moet genadeloos gestraf word.

Daars nie meer tyd dat ekstremiste van watter kant ook al ons emosies beïnvloed

Antionette Malan ·

As d situasie omgekeerd was, het alle hel losgebreek en sou d persoon afgedank gewees het Sy het haar platform gruwelik misbruik.

Gustav ·

Amen.
As jy jou mond in die omgewing van brommers oophou, sal jy brommers in die mond kry.
Sit die gemors af. Sit dit af. Jy kan. Jy moet. Jy sal beter voel. Die musiek is buitendien swak en die alewige gesankik is uitputtend en die aangeplakte opgwondenheid is irriterend.
Sit dit af. Luister jou eie saamdramusiek. Verbreed jou horisonne. Luister klassieke musiek. Luister na Steve en makkers. Luister na ‘n voorleesboek. Luister Pretoria FM.
Sit dit af. Dit sal van jou ‘n beter mens maak.

Jacques Venter ·

Hallo Marie
Ek kan met jou saamstem oor Jakaranda, as die fiets storie soos iemand dit vir my vertel het waar is.

Spur is n ander storie. Een insident het n klomp mense se koppe deurmekaar.

Ek en my vrou eet al vir jare elke Vrydagaand by Spur. Ja die boikot hethulle n klap gegee, maar hulle kom mooi reg.

Leahim ·

Nee Jacques ek kan dit nie glo nie vergeet van die Boikot wat eet jy by Spur elke Vrydag ek weet nie waar jy bly nie maar sou dit PTA wees kan ek minstens tien restaurante aanbeveel wat ver beter kos en diens as Spur het.

Domvraag ·

Ja Jacques jy moet lekker eet by Spur want dis so jammer dat jy nie bereid is om saam te staan vir geregtigheid en regverdigheid nie. Haal af die blinkers en kyk hoe word daar dubbele standaarde gepleeg word

Wonder maar net ·

Tumi sê in die een asem die blankes boelies moet gestraf word maar terselfdertyd ook dat dit nie geld vir vandag se mense nie. Kan iemand vir haar en Black First land First vra hoe wil hulle nou die grond terug gee vir die “Tans bevoorregtes”. Wil Julius,Andile en Tumi rooi “danger tape” span in die veld en die huise lukraak uitdeel. Wat nou van die Blankes mag hulle geen grond besit? Sê nou dit realiseer en AL die grond word nou terug gegee. Wie besluit wie kry wat? As een nou ‘n stuk grond in Pretoria kry en hy wil trek Kaap toe. Hoe “wissel” die eienaarskap dan nou? Hoe leen jy geld by die bank vir ‘n huis? Dink Tumi regtig as almal grond het hulle gaan oornag opgehef wees en geen probleme hê. Kan jy grond eet?

gatiep ·

N mens kan elkgeval nie regtig grond besit nie. As die grond jou nie meer wil he nie gooi hy jou af.
Gooi julle radio en tv stukkend alles daarop is propaganda.Kyk wat julle wil kyk op pc.

Johan ·

Sy moet af betaal word of Jacaranda se base moet afbetaal word. Maak voorbeelde van hulle.

Asb ·

Regulasies vir ALMAL moet so STRENG wees oor soortgelyke uitlatings (RASSE KANKER)dat daar GEEN PRAAT- PRAAT PRAAT……tyd gemors word…. persoon ongeag wie jy is MOET GESKORS word indien jy REGULASIES OP MEDIA OORTREE enige verdere verbindtenis met loopbaan in media MOET onmoontlik wees. So sal mense ernstig DINK voor jy praaat en skryf.

Chrisjan ·

En as Jacaranda julle aflag, soos wat hulle met hulle beswaarde luisteraars doen?

Jacques Venter ·

Maroela meduim
Sê asseblief woordeliks wat sy gesê het. Daarsonder is dit moeilik om n oordeel te fel. Ek luister nooit Jakaranda Radio nie.

So as julle die woorde verskaf, is daar n basis vir kommentaar

Erich ·

Hierdie memorandum wat nou aan Jakaranda gegee is is presies die regte ding. Gaan lees weer die artikel, dis in n sin baie subtiel en ook skies vir eid engels..”straight forward”. Sy, Tumi het die uitspraak op n openbare platform gemaak en Afriforum wil haar nou bloot verdere geleentheid gun om die gesprek voort te sit. Dis mos wat sy wil he, dat daar oor die saak gepraat word. Sy se self so. Afriforum is so beleefd en beskou haar as so bevoegd op die gebied dat hulle haar nooi om te help reel aan die debat(skies ek smile terwyl ek hier tik). Die bal is in Tumi en Jakaranda se court……let the games begin.

Jacques Venter ·

Ek vrek van nuuskierigheid!!!
Wat het die vrou gesê????

Werner K ·

Die spreekwoord lui:
“Die beste stuurman sit aan wal”.
Ek stel voor dat al hierdie sogenaamde “slim” mense, bietjie huiswerk gaan doen. Kom ons begin by die kern. Wat was die werklike doel van apartheid? Gaan vind uit wat Dr. Verwoerd ten doel gehad het in die vroeë sestigerjare…en hoe sy opvolgers dit vervonkfaai het. Gaan vra die blanke Afrikaanse jeug daaroor uit, en let op hoe min hul regtig weet. Vra vir Jan Publiek uit oor menige onderwerpe, en vind uit hoe oningelig ons Suid-Afrikaners (en veral Afrikaners ook) werklik is. Maar impulsief en emosioneel.
Nou wil luisteraars van die een stasie na ‘n ander spring…of soek jy net ‘n alternatief?
Miskien het dit tyd geword om weer by die basiese uit te kom…daardie belangrike item in die lewens-koskas, naamlik BEGINSELS.
Gaan versamel inligting, kom agter die waarheid, vind uit wie en wat is die radiostasie wat ek so knaend/slaafs na luister of na wil oorskakel. Kan jy jou met hulle vereenselwig? Het hulle etiek en beginsels? Is hulle te vertroue?
Koop ‘n bietjie kwaliteit-tyd vir jouself. Hou op om ‘n slaaf te wees, en begin leef vir ‘n slag.
Jakaranda is lankal nie meer ‘n radiostasie nie, RSG ook nie. Die radio is nie my geselskap nie…ek skep eerder my eie deur self te kies en uit te styg bo die pulp waarin die eens trotse Suid-Afrika in verval het.
Dink vir ‘n slag vir jouself, dit mag dalk ‘n nuwe ervaring wees.

Orius ·

Baie maklik om die probleem op te los, moenie verder na Jacaranda luister nie.

Jacques Venter ·

Leahim
Ek is nie n Pretorianer nie, maar het vriende daar. Ek hoor graag van die tien goeie restaurante as ek hulle wil uitneem vir ete.

Oom Kosie ·

Flip Buys berig elders in Maroela dat 801 mense verbrand is (lees getyre) gedurende 1985 – 1992. Hierdie wrede ANC metode, is deur Mandela se stilswye uit die tronk gekondoneer. Gaan Tuli ook hierdie stilswye en kondonasie voortsit? Wat is haar spesifieke kommentaar oor hierdie wrede openbare teregstellings?
Radio Jacaranda en/of AfriForum moet asb n paar van die familie lede, van die 801 tyre slagoffers, op spoor en om kommentaar vra. Wat was die misdaad wat die slagoffers gepleeg het om die tyre straf te verdien? Sou Jacaranda en Tumi dieselfde straf toepas? Hoe sal n groep standbeelde van so n tragiese teregstelling lyk: slagoffer met n smeltende tyre, juigende skare en treurende moeder van slagoffer. Sal Tumi en Jacaranda elk asb die eerste R1 donasie tot so n standbeeldfonds gee.

Jacques Venter ·

Oom Kosie
Jy moet Mandela( die grootste staatsman ooit in SA) ten alle koste insleep. Dis net soos die linkses Rupert wil skuldig maak aan apartheid.

As Mandela nie n versoenings beleid gevolg het nie, was hierdie land n bloedbad.

Mandela was die voorstaander van versoening en n regering van nasionale eenheid.

Moontlik het jy bietjie vergeet. Of is dit die ouderdom wat jou ingehaal het?

Oom Kosie ·

Jacques, die onderwerp is n monument om die duisende ANC-tyre-teregstellings, volgens Regter Goldstone 801 in net 8 jaar 84-92 te herdenk. Ek gaan my AfriForum tak vra om n ANC-meuseum-projek te help stig, waar mens al ANC en Mandela se dinge kan naslaan. Die tyre moet n ewigbrandende vlam hê ter nagedagtenis aan die arme vermoordes. Daar moet films oor die onderwerp ook gewys word. Daar moet boodskappe van weduwees en weeskindertjies wees.

Tokkie ·

Kevin en kie sal niks doen. Hulle is bangbroeke. Bang vir brandstigting

Jacques Venter ·

Ek het nou net na Tumi op Youtube geluister en stem met haar heelhartig saam. My mening – ,solank die blankes gaan ontken dat apartheid swartes in die grond getrap het, sal daar nie versoening wees nie

Johan ·

Ek sien dat daar weer n paar liberale is wat heelhartig met haar saamstem.

Jacques Venter ·

Hallo Johan
Dankie vir die kompliment dat jy my n liberalis noem. Gaan soek gerus die betekenis van die woord in n verklarende woordeboek op

Chris ·

Jacques Venter elke mens het die reg om ‘n mening te lug. Ek kan die waarheid vir jou oor jou ikoon/grootste staatsman voorhou. Daar is altyd drie kante aan ‘n saak. Myne, joune en die waarheid. Ek is bevrees jy is beslis nog nie met die “waarheid” konfronteer nie. Gaan rustig met jou lewe aan en weerhou jou van ongegronde stelling. As die “volk” maar net weet hul ikoon/god is nie wie die wêreld voorgegee het hy is nie.

Erik ·

Waar kan ons gaan naslaan, insident vir insident, waar grond, hulpbronne ens ontneem is van swartes en/of swartstamme ,ten einde stappe te neem vir regstelling van sulke aksies. Dit moet spesifiek wees want nerens huidig kry ons meer as n handvol spesifieke verwysings na vergrype nie , net breed stomp verwysing van blanke “geboelie”teenoor die vredeliewende inboorlinge vanaf mid/oos afrika in Suid Afrika, dus moet ons seker maklik n lys kan opstel van die wandade, of is dit dalk die geval vandat breed politikering dit eerder gemaklik vind om net breedweg alle blankes onder die “boelie” etiket te plaas?

Jacques Venter ·

Die 1913 landwet het soveel grond van swartes gesteel. Groepsgebiede wet het onteiening van huise meegebring. Verg in die verband Dr Nico Smith se boek. ” Die dood van die god van ons vaders”
In hierdie boek noem hy dat swart mense van hulle huise in Garsfontein ontneem is en hulle gedwonge na Mamelodi verskuif is.
Aparte geriewe het beteken dat n massa swartes in twee treinwaens ingedruk is terwyl daar tien waens was vir blankes.

As jy nie die wreedhede van apartheid wil erken nie, is jy of vreeslik jonk of kan nie die waarheid in die oog kyk nie.

Leahim ·

Apartheid was verkeerd stem saam nou wat moet die witmense nou doen sodat ons regverdig behandel kan word sonder om teen gediskrimineer te word??

Erik ·

Dankie Jacques, dan kan ons begin met n register van die vergrype, nie waar nie. Dus kan daar n mate van meetbare vergoeding en regstelling gedoen word. Eerder as die breed veroordeling van alle blankes. Want as ons die breed veroordeling aanvaar as korrek ,moet almal, insluitende jy (wat ek moet aanneem is blank) afstaan van hul huidige beroep agv dat jou voorvaders voordeel getrek het uit die hulpbronne wat ontneem is van die swart voorvaders, en dit weer het dit jou in staat gestel om in n stabiele sosio ekonomiese omgewing groot te word, sonder enige wanvoeding, asook jy is die geleentheid gegun om n goeie opvoeding , selfs universiteits opvoeding dalk,op die wanvrug van jou voorvaders te kry,nie waar nie.?Aangesien jy groot genoeg is om so n stelling te maak wat veronderstel dat ons nie bewus is van apartheid se impak nie, is ek seker dat jy nie naief genoeg is om te dink die Venters het nie meegedeel in die bree ontneming van die swart gemeenskap nie. Laat weet ons asb hoe jy die voorbeeld gaan stel om jou werk plek te gee aan n benadeelde swartmens want jy weet jou voorsate het verkeerd gedoen. Dankie vir jou brave leiding om jou onverdiende werk en onderwys op te gee om die verlede se dade reg te ruk

Jacques Venter ·

As jy sê dat alle blankes voordeel uit apartheid getrek is jy heeltemal korrek.
As bloedsappe, dis dalk voor jou tyd het ons geweet dat Malan, Strydom en Verwoerd n mal perd opgesaal het wat die nageslag nie sou kon ry nie.

Om terug te kom na Tumi se kommentaar. As jy na haar luister beeld sy slegs die omstadighede uit waaronder sy met haar pa in die tronk agv apartheid moes groot word.

As ons nie ons mede Suid Afrikaners se pyn verstaan nie, kan daar geen versoening wees nie

Willie ·

En as haar houding nie reg is nie kan sy OOK NIE aanbeweeg nie. Ons moet almal vergeet van die verlede en bou aan nou. Apartheid was ook nie my skuld nie. En baie van hulle soek die ou bedeling terug. Net omdat daar wet en orde was. Nie altyd op die regte manier nie. En presies nou moet my kinders ontgeld oor iets wat gebeur het toe hul nognie gebore was nie. Ag wil vorentoe beweeg. My eie ouers baie leed aan my gedoen as kind….my keuse is om nie terug te kyk nie. Dis gedane sake. Vat hande en kyk vorentoe. Almal is NIE dieselfde nie.

Zanna ·

Dieselfde straf vir haar as Darren Scot, waarom moet sy bevoordeel word en hy is sumier afgedank? Jacaranda deur haar aan te hou werk diskrimineer julle teen die witmense en kies kant. Fire haar

Jacques Venter ·

Zanna
Jy is reg. Gelykberegtiging was nooit en sal nooit deel wees van Suid Afrika nie.

Hier by ons in SA swaai die pendulum altyd van die een uiterste na die ander uiterste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.