Tumi-uitspraak ‘bevestiging van dubbele standaarde’

Tumi Morake. Foto: Facebook

Die Uitsaaiklagtekommissie se uitspraak dat Tumi Morake se uitlatings nie rassisties was nie “is ʼn bevestiging van dubbele standaarde”.

Die kommissie het bevind Morake, mede-aanbieder van die ontbytprogram op JacarandaFM, se uitlatings het nie die klousules oortree van die uitsaaikode wat haatspraak en die aanhitsing om leed te veroorsaak verbied nie.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, wys die groot aantal klagtes wat by die Uitsaaiklagtekommissie ingedien is hoe sensitief die kwessie is. Die kommissie het 55 klagtes ontvang in verband met die uitlatings wat op 12 September gemaak is.

“Die woede van mense was oor dubbele standaarde in die gemeenskap. Morake se uitlatings het in ʼn groter sosiale konteks plaasgevind waar wittes voel dat daar geduld is oor opmerkings met rasondertone deur swart Suid-Afrikaners, maar wit Suid-Afrikaners se opmerkings sal oordrewe opgeblaas word.”

Hermann sê die kwessie is dus groter as JacarandaFM en die uitsaaiowerheid. “Morake het ʼn simbool van ʼn groter frustrasie onder wit Suid-Afrikaners geword. Die uitspraak is ʼn bevestiging van dubbele standaarde. Morake is onskuldig bevind en behou haar werk. Gareth Cliff het opmerkings gemaak wat ook nie geweld of haat op grond van ras aangevuur het nie. Inteendeel, hy het juis gevra vir vryheid van spraak. Bloot op grond van dreigemente dat Idols geboikot gaan word, is hy summier en onregmatig deur M-Net afgedank.”

Dirk Hermann. (Foto: Maroela Media)

Volgens Hermann lê die dubbele standaarde nie daarin dat Morake onskuldig bevind is nie, maar dat Cliff skuldig bevind is. “Dubbele standaarde oor ras kan egter in verskeie ander gevallestudies gevind word. Suid-Afrika se demokrasie sal eers volwassenheid bereik wanneer daar oop en eerlik gesprek deur almal gevoer kan word. Tans word een groep toegelaat om eerlik te praat, maar die ander word die morele stilswye opgelê.”

Die Uitsaaiklagtekommissie se uitspraak is gelewer nadat ʼn verhoor op 18 Oktober gehou is waartydens die klaers en JacarandaFM die geleentheid gekry het om hul saak te stel.

ʼn Storm het om Morake en Martin Bester, haar mede-aanbieder, se koppe losgebars nadat Morake tydens ʼn ontbytprogram wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het. Morake het in reaksie op die kritiek teen haar uitsprake gesê sy staan by haar uitsprake en vra nie daarvoor om verskoning nie.

JacarandaFM het ook later in ʼn verklaring op sy webwerf gesê hy het Morake se uitlatings in die lig van sy “redaksionele riglyne, die riglyne van die Uitsaaiklagtekommissie en sy maatskappywaardes” beskou en bevind dat die uitlatings geen beleidstellings oortree het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Nou toe nou... ·

So, sy is onskuldig bevind nadat hulle 55 klagtes ontvang het. Ek het nie verwag dat sy skulding bevind gaan word nie, want ons bly nie in ‘n regverdige land nie. Jammer maar ek gaan nog steeds nie Jacaranda luister nie…Ek staan voet by stuk. Net dankbaar daar is iemand wat vir ons wit afrikaners opstaan. Baie dankie Dirk Hermann vir wat jy vir ons doen.

Lappies ·

Wanneer gaan mense besef wat woorde doen ? Wanneer enige uitspraak of self woorde aan enige ras of geslag skade doen is dit verkeerd en dit breek en vernietig. Al glo Tumi dat wat sy gese het reg was vir haar is dit nie vir die blanke gemeenskap reg nie en dis moet sulke uitspraake nie gemaak word nie. Om n voorbeel te gebruik, Ek sal nie n ou flag aan hou nie omdat ek weet dat dit skade doen aan die swart gemeenskap en ook omdat ek respek het vir mense wat voel dat die ou flag skade vir hulle aan doen. Die selfde aan woorde wat aan ander skade aan doen veral wanneer dit by ras of geslag kom. Punt is sit jou self in ander ras of geslag se skoene voordat jy iets uitspraak. Tumi het geen idea van die skade wat sy gedoen het nie. En dis baie hartseer dat ons land nooit as een sal wees nie as gevolg van hierdie tipe uitspraake.

Gerda van Niekerk ·

Soos ons almal nou al weet sodra die blankes iets se is dit rasisties , onvanpas en en en.
Ons versloor ons werk, word gevonnis en beswadder.
Maar Lady Jane wat dink sy is so koel en onaantasbaar is maar weereens net n bewys van hoe regverdig dinge in hierdie land gedoen word. Het ophou Jakaranda luister die oomblik toe ek hoor sy gaan daar wees.

Corne Barnard ·

Gerda ek stem. Sy is verseker nie n Lady nie sy lag iets vreesliks …. verseker nie vroulik nie!!

Eish ·

Die blanke ondervoorsitter van die kommissie, Sunette Lötter, het soos in gister se berig gemeld, die klagtes asook die redes waarom die klagtes verwerp is gegee.
Dr. Hermann sê in vandag se artikel dat die dubbele standaarde nie so seer lê daarin Morake onskuldig bevind is nie, maar dat Cliff skuldig bevind is. ( Deur M Net neem ek aan)
Die vraag is, is die beampte tegnies korrek in haar bevinding aangesien Dr. Hermann geensins die uitspraak (Deur n blanke) bevraagteken nie, maar dit afspeel teenoor die Cliff situasie ten einde dubbele standaarde aan te dui. Cliff is soos ek van die artikel aflei deur MNET afgedank en nie deur die Uitsaaiklagtekommissie nie.
Ons is bewus van dubbele standaarde in die verband, maar is dit korrek om n bevinding waarvan die reëls nagegaan kan word, te vergelyk met n insident waar geensins met dieselfde stel reëls beheers word nie, maar dalk deur politieke korrektheid?
Kan daar nie n artikel geplaas word waar die MRK se wetgewing asook die uitsaaiklagtekommisse se reëls bespreek word nie? Minstens kan ons meer ingeligte menings vorm.

Antionette Malan ·

Eish, jy mis d punt. Dit gaan nie oor d instansie nie. Dit gaan oor dubbele standaarde. Hierdie gaan oor uitsprake gemaak deur n blanke man en toe deur n swart dame vanaf n openbare platform. Kyk net hoe verskil d optredes teen d verskillende rasse. Dis hoegenaamd nie regverdig nie.

Reinhardt ·

Jy maak n goeie punt Eish. Ek sal ook so ‘n artikel wil sien.

j v d merwe ·

Jakaranda!!!!!! ek het al my respek verloor toe Riaan met sy uitstpraak teen godsdiens en homo’s en nou dit ook – ag nee dankie ek will nie my ore aan sulke goed blootstel nie

Denise ·

So sal hulle elke keer verskoon word want vir 24 jaar is als wat REG is VERKEERD ????????

bgj van der westhuizen ·

alhoe mons as blankes ets gaan reg kry is om saam te staan en plekke nie te onder steen nie wand al wat hulle verstaan is geld niks anders nie as eimand n blankes af betaal en hy was nie skuldig nie moet ons hulle nie onder steen nie

Deidre ·

Al wat ons kan doen is om nie die maatskappye wat Jacaranda borg te ondersteun nie, eventueel moet hulle dit voel. Maar of almal kan saamstaan weet ek nie. Slaan waar dit seermaak – geld!

Dirk01 ·

Jakaranda is seker die swakste stasie met hulle saam lag grappies, ek is gelukkig klaar met hulle en spaar my om na oggend radio van hulle te luister

Corne Barnard ·

Dirk….ek voel dieselfde as jy! Hul lag vir hul eie grappies….so sad! Ek luister nie meer na Jakaranda nie! Hul grief my!!

Issabelle ·

Tipies van Jakaranda radio stasie …. dit is sekerlik een van die swakste …. vervelige radio stasies wat daar is …. hulle is uiters pateties met hulle gesprekke …. dankie tog ek luister nie hulle nie ….

Burger ·

Rassisme sal nooit in die howe gewen word nie . Dit skep net meer verdeeldheid. Dit word net oorwin as mense hulle gesindhede verander en dis waar ons baie ver tekort skiet.

Hoe klink dit om ons braaivleis vure ? Hoe klink dit om ‘n gelly blik in n plakkerskamp ? Maak n persoon se openbare uitspraak dit in wese anders. Sal dit nie beter wees om ‘n bietjie te luister nie en n bietjie goedheid te begin openbaar nie ?

Suid Afrika is van die mees onverdraagsaamste lande in Afrika . Dit maak ons situasie uiters plofbaar . Die berig getuig van haat verskans agter geregtigheid. Iemand moet van beter weet en n ander gesindheid openbaar . Die lemmetjiesdraad heining van Calivinistiese staal , maak dit nie maklik nie .

phillip van dyk ·

ek stem saam en wens dit kon so wees maar net een groep mag praat en opiniea lewer. hoe swak om n wet te moet maak om jou ego te beskerm. maar niemand word aangekla as n swart persoon ons kwets met woorde nie. nie malema of zuma met sing van kill the farmer nie. nie tumi nie en sy het ons belwdig deur aan te voer ons is nie regtig hartseer by begrafnisse nie. student kry net 5000 boete vir julle sal brand en stwrf soos jul meester terblanche…. nee wat geen geregtigheid in SA nie. gelukkig het ons blankes nie wette nodig om ons ego te beskerm nie. ons vat dit op die ken tot eendag. ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou Suid Afrika.

Andre ·

Burger, hoe jy daarby uitkom dat Dirk Hermann, of dan die berig soos jy sê, “getuig van haat verskans agter geregtigheid”, sal net jy en jou mede-liberaliste soos Eish weet. Jy praat bog!

Jerry ·

Dr. Hermann vra vir Me. Morake omverskoning, want jy het die pot mis gesit tov haatspraak sowel as dubbele standaarde. Die vergelyking van Cliff se saak met die van Me. Morake is n wanvoorstelling, want hy was deur sy werkgewer afgedank en Me. Morake is onskuldig bevind deur die uitsaai owerheid.

Johan ·

Ek sal graag wil weet hoeveel hulle luistertal geval het vandat hulle nie meer klas het nie. En dit is nie net in die oggend nie…….

Anonieme Lafaard ·

Onthou julle toe Jakaranda hulle nog bemark het as “jou streler speler”? Toe al ‘n gly in hulle gekry. Wie stel belang in ‘n “streler speler”? Gee ons Rock ‘n Roll!

Se maar so.... ·

Is noggal ne? My ook opgeval toe ek die foto sien. Lyk amper soos “boelie op die speelgrond” waarna sy verwys.

Albatros ·

Het nog nie weer Jacaranda geluister nie en sal ook nie weer nie. En van nou af koop ek my meubels my Eric Barnard.

Dankie en groete vir jou ma!

VerEngelsing ·

Enigste raad wat ek het is los tog die ou spul by Jacaranda nou net uit. Hulle verdien nie jou ontsteltenis nie.

Haal die stasie permanent af van jou radio se “settings” af en vervang 94.2 met ander onafhanklike Afrikaanse stasies in jou gebied. Jy hoef nie ‘n woord te sê nie. Doen dit stil-stil.

Hulle borge sal self moet besluit of hulle gelukkig is met Jacaranda se nuwe mark/hart.

Indien die borge hulle lojale Afrikaanse mark begin mis, sal hulle ons kom soek by die kleiner stasies waar ons nou is, en daar adverteer.

Draai net jou rug op 94.2, soos wat hulle met jou gedoen het. Hulle is nie die enigste stasie nie. Moenie by hulle politiekery betrokke raak nie. Dis sleg vir jou hart. Laat hulle maar in hulle eie modder rol as hulle wil.

Laat hulle maar verEngels, nes 94.7.
Ons sal doen wat ons nog altyd doen: nuwe paaie bou en aanbeweeg. Dis ons behoud. Ons hou aan ontwikkel en nuwe planne maak vir oorlewing.
As dit nie vir die verEngelsing was nie, sou daar nooit so baie kleiner streeksradiostasies opgekom het nie.
Dank Jacaranda se verEngelsing vir Pta FM, Groot FM, Kragbron, Kosmos, Bokradio, ens.

Jacaranda skep self sy eie kompetisie. Dis braaf van hulle, want min besighede oorleef so stap.

JoeV ·

Dit is ‘n goeie ding, die pupliek het nou ‘n keuse, hou aan om slagoffer te wees van die groot korporasies, of nie.

Zachrys ·

Ja ‘spur’ hulle maar ook…so word elke organiesasie ontbloot hoe hulle hul siele verkoop.
Daar is ń baie beter Pretoria stasie om na te luister maar dis ongelukkig nie vir almal nie… Net vir mense met Afrikaner Harte en iets tussen die ore….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.