Tunisië-aanval: SA vrou se toestand verbeter

Duisende mense het in die strate van Tunis byeengekom na die aanval. Foto: Facebook

Duisende mense het in die strate van Tunis byeengekom na die aanval. Foto: Facebook

Estelle du Preez (64), die Suid-Afrikaanse vrou wat in Maart in die terreuraanval op ’n museum in Tunis, die hoofstad van Tunisië, beseer is, se toestand het aansienlik verbeter.

Barnard Beukman, woordvoerder van die familie, het Woensdag gesê Du Preez se toestand is steeds ernstig, maar sy is baie beter en is geskuif na ʼn algemene saal in die Centurion Hospitaal.

Du Preez en haar man, Johan, het die Nasionale Bardo Museum in Tunis besoek toe sy drie koeëlwonde in haar buik en voet opgedoen het. MSC Cruises het ten tyde van die voorval gesê Du Preez was een van die 3 714 gaste en 1 267 bemanningslede aan boord van die MSC Splendida wat in die hawe by La Goulette in Tunis vasgemeer was. Van die gaste was tydens die aanval, waartydens 21 mense dood is, by die museum.

“Gedurende haar behandeling in ʼn Tunisiese hospitaal oor die afgelope 36 dae, was sy in ʼn geïnduseerde koma vir langer as ʼn week en moes verskeie operasies ondergaan,” het Beukman gesê. “Die egpaar fokus nou op haar herstel en vra dat hul privaatheid gerespekteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.