Tussentydse SAUK-raad benoem

Argieffoto

Argieffoto

Die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie het vyf name aanbeveel vir die tussentydse SAUK-raad.

Hulle is Krish Naidoo, ʼn voormalige SAUK-raadslid wat verlede jaar bedank het, Febe Potgieter-Nqubule, ambassadeur van Suid-Afrika by die Afrika-unie, Khanyisile Kweyama, voormalige uitvoerende hoof van Business Unity SA, Mathatha Tsedu, ʼn veteraan-joernalis en professor in mediastudies aan die Universiteit van die Witwatersrand, en John Mattison, professor in mediastudies aan die Universiteit van Kaapstad.

Die komitee sal na verwagting Dinsdag sy verslag oor die tussentydse raad finaliseer en aan die Nasionale Vergadering voorlê vir goedkeuring, waarna pres. Jacob Zuma die tussentydse raad kan aanstel.

Die benoeming van die tussentydse raad volg nadat die langverwagte verslag oor die parlementêre ondersoek oor die stand van sake by die SAUK Dinsdag aan die nasionale vergadering voorgelê is.

Die meeste LP’s is verenig in hul aanbeveling dat Faith Muthambi, die minister van kommunikasie, afgedank moet word en dat die raad, waaronder sy huidige uitvoerende lede, ontbind moet word.

Lees die vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louwrens deBeer ·

Ek sien niks van die veel genoemde Demografiese verteenwoordiging nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.