Tussenverkiesings wys politieke wind waai reg vir die ANC

Argieffoto (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die veertig munisipale tussenverkiesings wat hierdie week landwyd plaasgevind het, het uiters goeie nuus ingehou vir die ANC, IVP en sommige onafhanklike kandidate, redelike nuus vir die VF Plus, gemengde welslae vir die DA en baie slegte nuus vir die EFF.

Dit was die sterkste en beste aanduiding in ‘n baie lang tyd van hoe die politieke wind waai in die aanloop tot die landwye munisipale verkiesings op 27 Oktober.

Die ANC het 30 wyke gewen, die DA 6, die IVP 2 en die Patriotic Alliance (‘n rasnasionalistiese party gemik op bruin kiesers 2 wyke. Die VF Plus en die EFF het geen wyke gewen nie.

Die ANC het in al veertig wyke deelgeneem. Hulle het swakkerig gevaar in die noorde van KwaZulu-Natal maar beter elders in die provinsie, verskriklik sleg in Pretoria se Tshwane-metro en werklik uitstekend elders in die land.

Die ANC het gewen in Odendaalsrus, QwaQwa, Katlehong aan die Oos-Rand, Ennerdale ten suide van Johannesburg, Mokopane (Potgietersrus), Sekhukhuneland suide van Polokwane, Volksrust, Mthatha, Matatiele, Stutterheim. Cofimvaba, Port St Johns (4 wyke), Butterworth, Middelburg (Mpumalanga), Bosbokrand, Soshanguve (3 wyke), Ga Rankuwa, Pretoria-Wes, Capital Park (Pretoria) Mabopane, Richardsbaai (3 wyke), Dundee, Louis Trichardt, Polokwane, en die Red Hill/KwaMashu/Avoca-gebied in Durban.

Die ANC het een wyk (in Pongola) aan die IVP afgestaan en twee wyke (in Ennerdale en in die KwaMashu/Avoca/Red Hill-gebied aan Durban se noordekant) afgeneem by die DA.

Die ANC sal in die wolke wees oor hoe hulle die EFF heeltemal afgeransel het oral in die land. Die party sal weet swak munisipale regering in die Vrystaat het hulle bitterlik naby (minder as honderd stemme) daaraan gebring om wyke te verloor in sowel Odendaalsrus (aan die DA) as in QwaQwa (aan die ANC-wegbreekgroep MAP16).

‘n Groot kwelpunt vir die ANC sal wees dat hulle glad nie hul kiesers kon oortuig om by die stembus op te daag in al nege Tshwane-wyke nie. Elders in die land was die stempersentasies in ANC-gesinde gebiede eintlik verrassend hoog vir tussenverkiesings, wat ‘n baie goeie teken vir die ANC sal wees in die aanloop tot Oktober se verkiesing.

Vir die DA was dit nog ‘n slegte aand, maar dit kon baie slegter gewees het vir die blou party, veral in Pretoria. Die DA het in tien wyke deelgeneem. Hulle het twee wyke aan die ANC afgestaan (in Ennerdale en Durban) en twee aan die Patriotic Alliance (beide in Eldoradopark).

Die DA het gewen in Faerie Glen, Hatfield/middestad en Danville (Pretoria), Glenvista (Johannesburg), Emalahleni (Witbank) en Boksburg,

Die DA se bruin ondersteuningsbasis in groter Johannesburg is besig om op verstommende wyse bykans heeltemal te verdwyn. Wyk 18 in Eldoradopark het in 2016 met ‘n meerderheid van 81% vir die DA gestem en wyk 17 met 65%. Niemand behoort te verloor van sulke steunvlakke af nie – dis eintlik ondenkbaar. Dit staan wel in die teken van die DA se gedrag teenoor prominente bruin leiers soos John Moodey, Shaun August en Patrica de Lille (aan wie die DA onlangs stil-stil byna ‘n miljoen rand aan regskoste moes uitbetaal omdat hulle so ‘n gemors gemaak het van hul regstryd om haar te probeer afdank).

Dit blyk dus die Johannesburgse bruin kiesers doen aan die DA wat die DA aan bruin leiers gedoen het. Tyd sal leer of die Gautengse suksesse van die Patriotic Alliance landwyd herhaal sal word. Die oorwegend bruin Eersterust in Pretoria verskil polities hemelsbreed van oorwegend bruin dele in Johannesburg. Die PA het tot dusver ook nog nooit tot die Wes-Kaapse bruin kieser gespreek nie, en die party sal eerder hoop op sukses onder bruin kiesers in die Noord-Kaap en Oos-Kaap.

In Tshwane sal die DA baie verlig wees oor die drie wyke wat behou is. In wyk 3 (Proklamasieheuwel, Danville en omstreke) is weer bewys elke stem tel, want die DA het die wyk met ‘n meerderheid van net drie stemme teen die ANC gewen.

In wyk 92 (Hatfield, ‘n strook deur die middestad verby die Hotel 224 en Bryntirion) lyk die DA se syfers goed want ANC-kiesers het bykans glad nie opgedaag nie, veral in die middestad.

In wyk 44 het die DA teruggesak van 88% steun in 2016 na 65%. Gegewe die toestand van die party nasionaal en die feit dat Eldoradopark gewys het mens kan enige wyk verloor, sal die DA relatief tevrede wees met die uitslag.

Die grootste kommer vir die DA in veral Tshwane maar ook landwyd sal die lae stempersentasies in hul sterkste gebiede wees – so laag as 10% en elders in die land (rondom 20%), dieselfde as wat met die vorige stel tussenverkiesings in Groenpunt, Kaapstad gebeur het, waar die stempersentasie ook 10% was. Daarteenoor het ANC-wyke landwyd hierdie week stempersentasies van bo 30% aangeteken (dis skaflik vir tussenverkiesings) en IVP-wyke sowat 50%.

Elke rooi lig in die denkende deel van die DA sal helder brand by die lees van hierdie statistiek, want die DA se kompeterende voordeel in munisipale verkiesings was nog altyd hoë stempersentasies vergeleke met ANC-gebiede, wat al die verskil maak in ‘n proporsionele stelsel.

Die DA wen steeds ver in oorwegend wit Engelse gebiede soos Glenvista in Johannesburg en die Red Hill/Glen Anil/Sunningdale-gebied in Durban hierdie week (al meer ‘n spieëlbeeld van die party se algaande meer wit Engelse leierskap) en in wit Afrikaanse gebiede mits die VF Plus nie deelneem nie. Neem die VF Plus deel wen die DA steeds, maar met drasties verkleinde meerderhede.

Die DA se steun onder Indiërkiesers in die Avoca-deel van daardie uiteenlopende Durbanse wyk het ook so hoog soos in die verlede gebly. Die DA het die wyk verloor omdat die ANC in die oorwegend swart KwaMashu-deel van die wyk nie weer soveel interne verdeeldheid as in 2016 gehad het nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat die DA oorwegend swart gebiede – selfs waar die party in 2016-steunvlakke van tussen 10 en 30 persent gehad het, hierdie week glad nie kandidate ingestel het nie. Terwyl dit sekerlik ‘n finansiële en logistiese besluit was, sal daardie swart kiesers in Oktober onthou wie was nie daar nie.

Die beste nuus vir die DA was egter uit Odendaalsrus, waar die party binne 86 stemme daarvan gekom het om ‘n ANC-wyk af te vat. ‘n Bekende en hardwerkende gemeenskapsaktivis van ‘n kandidaat en ‘n tasbare, positiewe boodskap oor hoe presies die DA die wyk sal verbeter sou hulle wen, is iets wat die DA in die res van die land ook moet oorweeg as hulle beter wil vaar. Dieselfde wenresep is die geheim van hul groei in die Oos-Kaap, waar hulle onlangs wyke in Aliwal-Noord en Burgersdorp by die ANC afgeneem het.

Die EFF het ‘n absoluut rampspoedige aand landwyd beleef met geen ligpunte nie. Ernstige selfondersoek is daar nodig. Hulle het in al veertig wyke deelgeneem en oral regtig ver verloor.

Die IVP het in sewe KwaZulu-Natalse wyke deelgeneem. Hulle het Nquthu behou en in Pongola ‘n ANC-wyk afgeneem en in al sewe wyke waaraan hulle deelgeneem het, werklik beduidend gegroei.

Veral in die twee wyke in Esikhawini buite Richardsbaai – al die jare nog ‘n ANC-kragpunt, het die IVP baie sterk gegroei.

Die IVP-wins in Pongola beteken die ANC verloor sy meerderheid in daardie stadsraad. Daar is ‘n onafhanklike raadslid wat die magsbalans sal bepaal.

Die VF Plus sal uiters tevrede wees met hul groei in die enigste wyk waarin hul deelgeneem het, naamlik Faerie Glen in Pretoria. Hulle het geroei van 4% steun in 2016 na 15% in 2019 en 31% hierdie week. Terselfdertyd is dit waar dat hulle al hul hulpbronne gefokus en duidelik ‘n werklik stewige bedrag geld in die enkele wyk ingestoot het, en steeds – ten spyte van die DA se interne struweling en chaos – nie eens die helfte van die DA se steun kon trek nie.

Nietemin is dit duidelik dat die VF Plus in die Oktober-verkiesing stewig sal groei vanaf die uiters min stemme wat hulle in 2016 getrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Werner ·

Dan is daar nog mense wat glo dat pollitiek en n gestemmery ons gaan red.

gatgogga ·

Al wat ons kon red, was om daadwerklik te streef na ‘n eie tuisland. Maar ons het daardie geleentheid versmaai. Nou te laat.

Kobus ·

Hoe is dit moontlik? ANC ondersteuners verwoes die infrastruktuur en eis om alles gratis te kry maar dan stem hulle vir die party? Of stem hulle juis vir die ANC sodat hulle kan brand en verwoes?

Nie Verbaas ·

Dit gaan my verstand te bowe dat hulle steeds vir ANC stem nadat bewyse ooglopend is dat die mense korrup, onbevoeg is en nie dienste lewer nie.

Werner ·

Dit sal so aangaan tot daar Niks oor is in ons land nie Dan sal hulle vir ons die geraamte terug gee as hulle al die vleis at geeet het hulle is n nikswerd spul wat brand en plunder en almal tenakom tot hulle eie nasies

Alma ·

Ja dan is dit apartheid wat hulle so gemaak het, m. a.w wat alles verwoes het. Verbysterend!

Hoekom ·

Vandag stem “our people” ANC, more betoog hulle oor dienslewering….

skinderbek ·

Dit is omdat hulle al die snert glo wat aan hulle verkondig word. Breinkrag is baie beperk.

Dup ·

Ons woon in Afrika……hoe slegter dit gaan,hoe sterker raak die regerende party se ondersteuning.Zimbabwe is ñ sprekende voorbeeld hiervan.Mense het letterlik gesterf van die honger,die ekonomie het in duie gestort en Zanu PF het steeds vir jare regeer.

Pieter ·

Duidelike bewys dat die meeste kiesers die kriminaliteit van die ANC steun en dus self ook krimineel van aard is. Goeie rede hoekom misdaad in die land toeneem.

gatgogga ·

Ons deel nie almal dieselfde waardes nie. Ons streef nie almal na dieselfde soort utopia nie.
In hierdie land het dit baie dekades gelede al bekend geword, en apartheid het gevolg. Maar die NP het hulle toe weer vergryp, en alles te ver gedryf.

Realis Thailand ·

die DA gaan die pak van hulle lewe kry in Oktober en ongelukkig gaan die stemme nie na die FF gaan nie maar na die EFF en hulle mede lede die anc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.