TUT het in ʼn verklaring gesê weens ontwrigtings wat op van die kampusse voortgaan is daar besluit om aktiwiteite op al die kampusse tot Woensdag op te skort. “Gesprekke tussen die bestuur en die studenteraad gaan vandag voort.”
Dit volg nadat betogende studente en die polisie glo slaags geraak het op die universiteit se hoofkampus in Pretoria-Wes.
Volgens die universiteit sal koshuise oop bly en sal bykomende veiligheidsmaatreëls van krag wees om die veiligheid van studente en personeel te verseker. “Noodsaaklike dienste, insluitend dienste by koshuise, sal voortgaan.”
Die universiteit het gesê studente en personeel word Woensdag weer terug verwag op die onderskeie kampusse.
Nou waaroor nou nogsteeds? Ek dog Nr 1 het reeds besluit daar sal nie verhogings in universiteitsgelde wees nie. Seker nog eksamen tyd!
Nou waaroor nou nogsteeds? Ek dog Nr 1 het reeds besluit daar sal nie verhogings in universiteitsgelde wees nie. Seker nog eksamen tyd!
Hul kon nog nooit iets tot stand bring en oppas nie. Wil alles afbreek en afbrand. Laat hul maar onder die blote hemel in die son sit, miskien sal hul dit waardeer. Die wat eksamens gemis het tuffies. Probeer maar weer. Zuma se medisyne byt hom aan sy hakskeen.
My kind moet eksamen skry maar nou sit ons met die gemors. Wonder wat gaan volgende wees hulle gaan seker nou oor gesit wil word vir die jaar.
as’n matriekulant 70% haal gee hom/haar gatis opleiding die res moet maar betaal of gaan werk soek
Danie, dis n blink plan daai! So sal dit matrikulante motiveer om hard te werk en kan hulle dan die vrugte van hul harde werk pluk. Dies wat nie hard genoeg werk nie of nie wil leer nie, kan dan maar betaal of ekstra joppies doen om geld in te kry..
Gee dit vir SARS. As hulle eendag klaar geleer, en ‘n werk het trek ekstra belasting van hulle af. Dit kan tog sekerlik gedoen word. En dan was dit ook nie verniet nie.
Blink plan om matrikulante met 70% te help. Probleem is, universiteite sal heeltemal te wit wees dan…. Transformasie in sy maai!