TUT hervat akademiese bedrywighede

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Akademiese bedrywighede by alle kampusse van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) word Maandag hervat.

Klasse is Woensdag opgeskort en kampusse gesluit weens voortslepende studentebetogings.

Studente was onder meer ontevrede omdat van hulle verwag word om historiese skuld te vereffen voordat hulle kan registreer vir die huidige akademiese jaar. Hulle is ook ontevrede oor die koste van studentebehuising en omdat hulle nog nie geld vanaf die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS) ontvang het nie.

Van dié betogings het gewelddadig geraak.

Prof. Lourens van Staden, visekanselier van die TUT, het Sondag gesê onderhandelings tussen die universiteitsbestuur en studenteleiers is die afgelope paar dae voortgesit.

“Gegrond op ʼn deeglike ontleding van die situasie en nadat ʼn ooreenkoms tussen die bestuur en studente bereik is, is daar ooreengekom dat klasse Maandag hervat sal word,” het Van Staden gesê.

Die universiteit het ingestem om aandag aan spesifieke kwessies te gee, waaronder die opknapping van koshuise. Daar sal ook gekyk word na probleme met NSFAS en die TUT sal met die skema in verbinding tree oor kwessies wat nie binne sy beheer is nie.

Geen stappe gaan gedoen word teen diegene wat die betoging gereël het nie. “Diegene wat hulle egter skuldig maak aan misdrywe soos vandalisme of die diefstal van boeke en produkte uit ons boekwinkels en kafeterias, gaan ingevolge TUT-beleid gedissiplineer word,” het Van Staden gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Darm lekker gemaklik né… Marmies betoog as hulle niks verniet kry nie, en betoog as hulle nie betaal word nie. Het iemand vir die spul pleppe probeer verduidelik dat, as iemand iets verniet kry, iemand anders eintlik daarvoor betaal!

Linda ·

Hierdie berig is verseker nie waar nie. By die Pta Wes kampus brand hul bande en die inwoners van Phillip Nel-Park sukkel om uit hul erwe te kom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.