TUT-kampus sluit vir ʼn maand

TUT Soshanguve-kampus

TUT Soshanguve-kampus

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het Maandag sy twee Soshanguve-kampusse met onmiddellike effek gesluit.

“Bedrywighede by alle ander TUT-kampusse duur voort soos normaal,” het Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, gesê.

“Ondanks gesprekke tussen die bestuur en studenteraad, en ooreenkomste wat aangegaan is, sowel as ʼn interdik wat nog steeds van krag is, ontwrig ʼn klein groepie mense nog steeds bedrywighede op die kampus,” het sy bygevoeg. “Dit is egter van kritieke belang vir die universiteit om ʼn omgewing te skep wat onderrig en leer bevorder. Daarom is die besluit geneem om die kampusse met onmiddellike effek te sluit.”

De Ruyter het dit benadruk dat ʼn aantal persone wat die ontwrigtings veroorsaak, nie geregistreerde TUT-studente is nie. “Weens die toenemende geweld, intimidasie en aanrandings, het die universiteit ʼn verpligting om die veiligheid van ons studente te verseker.”

Koshuisstudente moet hul kamers voor 14:00 op 8 Maart 2016 ontruim. Studente wat dit vroeër kan doen, word aangemoedig om die koshuis so gou as moontlik te verlaat.

“Die Soshanguve-kampusse sal op 5 April 2016 weer oopmaak,” het De Ruyter bygevoeg. “Slegs geregistreerde studente sal dan op die kampusse toegelaat word.”

Die Junie/Julie-vakansie sal gebruik word om die verlore akademiese tyd in te haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Nou waar is die weermag met hierdie soort van goed? Seker besig hier bo in Afrika?

Fransie ·

Hoekom is weermag nodig? Sover my kennis strek is dit n universiteit en moet jy betaal om te studeer en dis hoekom jy op universiteit is – om te studeer. As jy nie wil nie … gaan huistoe waar jy hoort.

Fransie ·

Persone verantwoordelik vir ontwrigting is nie geregistreerde studente nie??? Hoe gaan hulle op 5 April net geregistreerde studente toelaat, maar NOU kan ander mense hulle ontwrig – wat NIE studeer of betaal nie -die gaos veroorsaak en hoe gaan hulle dit verhoed as klasse weer moet begin?????

GES ·

Kampusse is nie behoorlik omhein nie. Toegangbeheer word ook nie behoorlik toegepas nie. Vreemde onwelkome elemente neem hulle intrek in koshuise en begin die plek beheer. Dit is die somtotaal van gebeure.

Johann Marx ·

Sluit hom toe, brand hom af, breek alles wat daar is. In Afrika is almal “gelyk” as almal ewe veel NIKS oor het nie!! Hoekom anders word daar na die kontinent verwys as “Donker Afrika”?

Michael ·

Hier word omtrent nooit gestudeer nie so breek hom af en maak ‘n taxi staanplek.

Pieter ·

Weereens gee bestuur die student wat hulle wil he Sal volstrek weier om my vakansie op te offer om klas te gee.Hulle weet om klasse te ontwrig so sien en kom klaar om te slaag die einde vd jaar

alida ·

Die dosente moet almal weier om klas te gee gedurende die vakansie. Dit is onregverdig. Dit is nie hulle skuld as ‘n klomp mal mense die plek ontwrig het en dan dink hulle gaan wegkom daarmee nie. In elk geval sal die betogers met niks tevrede wees voordat alles nie afgebrand en vernietig is nie.

leon kaltwasser ·

As dit net buitestaanders is wat die studies ontwrig en fasiliteite afbrand, hoekom het die senior student (2de, 3de en finale jaar) self nog nie ingegryp en ‘n soort van PAGAD op die been gebring nie. (verstaan dat die eerrstejaars die situasie vreemd vind). Kyk wat het Afriforum Jeug doen toe daar net sprake was om met Afrikaans by Tukkies, Maties en Kovsies af te skaf om nie eers te praat van hul optrede om aktiwiteite op die kampus te ontwrig nie.

John ·

Kan ons regering dit nie maar oorweeg om sommer so saam met die geboortesertifikaat, ‘n universiteitsgraadsertifikaat uit te reik nie? Ons sukkel hoeka met genoeg geld vir studente en dienswerkers. Dan is daar genoeg geld om dienswerkers voltyds aan te stel en ook minder werk vir hulle as daar nie meer morsige studente op die kampusse is nie en lastig is en hulle verhoed om hul werk te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.