TUT-kampusse heropen

Foto: @SITHOLEEXPRESS op Twitter.

Foto: @SITHOLEEXPRESS op Twitter.

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) gaan sy kampusse weer heropen nadat al die kampusse verlede naweek met onmiddellike effek gesluit is weens gewelddadige betogings deur studente.

Willa de Ruyter, woordvoerder van die universiteit, het gesê die kampusse sal Maandag weer heropen. Sy het gesê daar is vordering gemaak in gesprekke tussen bestuur en studenteverteenwoordigers.

Volgens De Ruyter sal die universiteit vir die res van 2014 meer as R46 miljoen se lenings beskikbaar maak vir die 2 500 studente wat nog nie befondsing ontvang het nie. Die universiteit het reeds vanjaar R30 miljoen beskikbaar gemaak weens ʼn gebrek aan fondse in die nasionale studentehulpskema NSFAS.

“Meer inligting oor die akademiese inhaalplan sowel as die reëls rakende die studentelenings sal ná Maandag aan die studente gekommunikeer word,” het sy gesê. Volgens De Ruyter het die studenteraad ʼn dringende hofaansoek gebring vir die sluiting van koshuise maar is dit Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria van die rol geskrap.

Volgens De Ruyter sal studente toegelaat word om na die koshuise terug te keer maar sal hul eers ʼn onderneming moet teken dat hulle nie betrokke sal wees by enige gewelddadige aktiwiteite of die universiteit se eiendom sal beskadig nie.

Lees ook:
TUT sluit kampusse weens betogings
Betogende TUT-studente brand motors
TUT-studenteraad se skorsing opgehef
TUT se Pretoria-kampus weer gesluit weens betogings
TUT-studente gaan nié terugkeer klas toe nie
VUT se klasse óók opgeskort
TUT skors studenteraad
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

Die berig sê nie wie gaan betaal vir die skade aan daardie 18 voertuie en geboue nie en ook nie of enigiemand krimineel aangekla gaan word nie. Daar word ook nie van skorsing gepraat weens wangedrag nie. Hulle het betoog, afgebrand en verniel. In ruil daarvoor het hulle R46000000 in “lenings” ontvang. Ons weet mos nou al daardie “lenings” gaan nie terugbetaal word nie.
Plaas dat Blade Nzimandi die Pukke uitlos en sy eie mense probeer maniere leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.