TUT-klasse hervat eers Woensdag

'n Bus het op 9 September 2014 by TUT uitgebrand tydens studentebetogings oor NSFAS Foto aan Maroela Media verskaf

‘n Bus het op 9 September 2014 by TUT uitgebrand tydens studentebetogings oor NSFAS Foto aan Maroela Media verskaf

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het Maandag gesê klasse sal eers Woensdag weer hervat weens betogings op die Pretoria- en Ga-Rankuwa-kampusse.

“Die TUT is bewus daarvan dat die meerderheid van ons studente besorg is oor die ontwrigting aan hul studies wat deur die betogings veroorsaak word,” het Willa de Ruyter, woordvoerder van die TUT, in ʼn verklaring gesê. “Die universiteit doen dringend stappe om seker te maak dat die akademiese program ongehinderd kan voortgaan sodat die studente hul jaar suksesvol kan voltooi.”

Lees ook:
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.