TUT sal Maandag heropen

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Vrydag aangekondig aktiwiteite op sy Soshanguve-kampusse word Maandag hervat.

Willa de Ruyter, woordvoerder van die universiteit, het gesê die besluit is Donderdag geneem na ʼn vergadering tussen die TUT-bestuur en studenteleiers om ʼn memorandum te bespreek wat aan die universiteit oorhandig is.

Bedrywighede op die kampusse is opgeskort nadat geweld Dinsdag en Woensdag uitgebreek het onder die vaandel van die #FeesMustFall-veldtog. ʼn Groep studente bestaande uit lede van onder meer die Pan Africanist Student Movement of Azania (Pasma), die IVP se studentebeweging (Sadesmo) en die EFF se studentekommando, het Dinsdagoggend begin om aktiwiteite op die kampus te ontwrig.

“Dit is noodsaaklik dat aktiwiteite op die kampusse so spoedig moontlik hervat en daarom sal die Soshanguve-kampusse vanaf Maandag weer aan die gang wees,” het Ruyter gesê. “Die sperdatum vir registrasies by hierdie kampusse sal tot Vrydag, 4 Maart verleng word om op te maak vir die tyd wat verlore gegaan het weens die opskorting van bedrywighede. Die verlenging is slegs van toepassing op die Soshanguve Noord en Suid-kampusse.”

Volgens Ruyter is eksamens wat Vrydag geskryf sou word, uitgestel tot volgende Woensdag. Lesings vir BTech-studente wat vir Saterdag geskeduleer is, sal steeds voortgaan.

“Die direkteurs van inkomste en finansiële bystand sal vanaf Maandag op die Soshanguve Suid-kampus beskikbaar wees om studente te help om finansiële kwessies wat hulle ondervind, op te los,” het sy gesê. “Bykomende personeel sal ook rondom die kampus ontplooi word om studente wat geblok is maar steeds vir die 2016 akademiese jaar moet registreer, by te staan.”

In ʼn poging om die registrasieproses te bespoedig, sal personeel van die finansies-afdeling en kantoor vir finansiële bystand aanstaande week heelweek by die Studentesentrum beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Mense wat die orde wil omverwerp moet gee sê hé in bestuus sake nie.

Skep Ties ·

Alles goed en wel. . . Maar vir hoe lank gaan die kampus oop wees voordat dit weer moet sluit weens ‘dreigemente’. . . Ek laat my nie vertel hulle sal hierdie keer voorbereid wees nie. Hulle was verlede jaar ook vir ‘n geruime tyd gesluit gewees en nou weer vanjaar. Mense sou dink teen hierdie tyd sou hulle al geweet watter voorsorgmaatreels om te tref. Ek ken mense wat werk by TUT, en soos ek dit verstaan is daar gereeld onrus op daardie kampus want nie eens oor verslag gedoen word nie.

Liewe lulu ·

Die oproer by universiteite is die begin van n revolusie. Maak die land onregeerbaar, en neem dan oor. Behoede ons dat malema (ja, met n klein letter) oorneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.