TUT se Pretoria-kampus voorlopig Woensdag oop

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Akademiese bedrywighede by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se Pretoria-kampus word Woensdag hervat.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, sê die bestuur het Dinsdagmiddag suksesvol met studenteleiers vergader en besluit om akademiese aktiwiteite Woensdag voort te sit.

Akademiese aktiwiteite aan dié kampus sou Maandag al hervat het, nadat dit verlede week opgeskort is weens gewelddadige studentebetogings. Betogings is egter Maandag hervat en die Pretoria-kampus was teen Dinsdag steeds gesluit terwyl akademiese aktiwiteite op TUT se ander kampusse wel die oggend voortgesit is.

De Ruyter sê die situasie op alle kampusse gaan deurlopend gemonitor word om die studente se veiligheid te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Werner ·

So die studente besluit nou wat moet wanneer gebeur wat n siek land danksy FW en vriende

ElizeK ·

Tot volgende keer.
Sluit alle kampusse sommer permanent toe.
Weet in elk geval nie wat meerderheid daar soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.