TUT se Pretoria-kampus weer gesluit weens betogings

Die foto is Woensdagoggend by TUT se Pretoria-kampus geneem. Foto: @ThatoFihlo op Twitter.

Die foto is Woensdagoggend by TUT se Pretoria-kampus geneem. Foto: @ThatoFihlo op Twitter.

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se Pretoria-kampus moes Woensdagoggend weer gesluit word weens gewelddadige betogings.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het gesê klasse was veronderstel om Woensdagoggend te hervat. “Die studente was veronderstel om terug te keer, maar daar het weer gewelddadige betogings uitgebreek by die Pretoria-, Soshanguve- en Arcadia-kampusse. Ons het besluit om die Pretoria-kampus vir vandag te sluit,” het sy gesê.

Volgens De Ruyter het studente die kampus se ingang versper. Die polisie is ontbied en die universiteit het veiligheid op die kampusse opgeskerp. Signified Tivana, sekretaris van die studenteraad, het Dinsdag gesê studente sal nie terugkeer na die universiteit toe nie, aangesien die bestuur nog nie hul besware hanteer het nie.

“Studente sal eers terugkeer wanneer die bestuur studente se besware aangespreek het en studenteraadslede wat geskors is, weer toelating kry,” het Tivana gesê.

TUT het Maandag aangekondig dat hy Sondag briewe aan die studenteraad gestuur het waarin hulle ingelig is oor hul skorsing.

Lees ook:
TUT-studente gaan nié terugkeer klas toe nie
VUT se klasse óók opgeskort
TUT skors studenteraad
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

As die geskorstes net weer kan terugkom is daar geen disipline OF beheer vorentoe nie. Ek dink sluit sommer die plek “permanent” en dan sien ons waar kry hulle kwalifikasies. Ek weet dis nie so maklik nie, maar as daar nie radikaal opgetree word nie, gaan hulle net aanhou maak wat hulle wil. Hulle is kammig studente en is veronderstel om klaar bietjie meer geleerdheid as party gewone werkers te hê, dus sal mens verwag hulle sal optree soos mense wat kan dink. Van wanneer af help dit enigsins om iets te breek of af te brand… jinne tog, sit en vererg ek my hier en dit help niks…

Theresa ·

Ek stem. Drastiese stappe moet nou geneem word. So kan dit nie aangaan nie. Hierdie mense het nie breins nie. Dink hulle nou wragtig geweld kan altyd ‘n probleem oplos. O ja – Its is our culture. Al hierdie stakings doen meer kwaad as goed en hulle is te stupid om dit vir hulle self uit te werk. Hulle wil ook altyd hulle brood aan altwee kante gebotter hê.

Rena Brown ·

As julle wil studeer, bly, as julle wil afbrand en belastingbetalers, sowel as ouers se geld wil mors, gly!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.