TUT se raad, bestuur voor parlement gedaag

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Die raad en bestuur van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) gaan voor die parlement gedaag word oor ernstige bewerings van korrupsie, wanadministrasie, nepotisme en magsmisbruik.

Dit kom nadat die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en wetenskap en tegnologie verskeie klagtes van verskeie rolspelers in die verband ontvang het.

“Die komitee het besluit om ’n voorlopige ondersoek na hierdie bewerings te doen deur die universiteit en die belanghebbendes te betrek,” het Philly Mapulane, voorsitter van die komitee, gesê.

Mapulane het gesê die komitee sal nie toelaat dat die TUT-raad en -bestuur optree asof hulle bo kritiek verhewe is nie. Dit nadat verteenwoordigers nie vroeër opgedaag het om voor die komitee te verskyn nie.

Die redes waarom hulle nie die vergadering bygewoon het nie, is so swak dat dit nie deur ’n parlementêre komitee as verskoning oorweeg word nie.

“Die universiteit het in effek vir die parlement die middelvinger gewys. Hulle is lank voor die tyd ingelig om te verskyn, maar het besluit om met powere verskonings vorendag te kom om nie voor die komitee te verskyn nie ten einde verantwoordbaarheid te ontduik. Universiteite is openbare instellings en moet deur gekose verteenwoordigers rekenskap gee aan die inwoners van die land.”

Dr. Bandile Masuku, voorsitter van die TUT-raad, het laat gistermiddag ʼn verskoningsbrief gestuur vir ʼn vergadering wat vier weke terug geskeduleer is.

Volgens Mapulane is dit onaanvaarbaar en sal die komitee meganismes tot sy beskikking in werking stel om te verseker dat die TUT-raad voor die parlement gedaag word.

“Dit lyk asof daar ’n kultuur van straffeloosheid by TUT is, en die weiering van die raad om verantwoording te kom doen dui daarop. As daar miskenning van verantwoording aan die parlement getoon word, is dit beslis erger vir gewone belanghebbendes by die universiteit. ”

Die voorlopige ondersoek sal volgende Woensdag plaasvind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannah ·

Voormalige prestige Tersiêre Inrigting.! Lank, lank, lank gelede.

Andre ·

Hul fietse se wiele was pap, dus kon hulle nie daar kom nie

Arak ·

Die ironie is tasbaar. Mapulane sê dat die TUT-raad nie bo kritiek verhewe is nie, tog is die regering bo kritiek verhewe. Letterlik alles waarvan die TUT-raad beskuldig word, is wat die ANC doen.

Judge Dredd ·

Hulle was almal siek, asook nie geld vir Taxi Fair…….

Wat? As dit goed genoeg vir Zuma en Dudu Myeni is dan moet dit mos ook goed genoeg vir die ouens wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.