Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het gesê die studenteraad het Sondag briewe gekry waarin hulle ingelig is oor hulle skorsing. Sy het gesê die skorsings is vir die res van die kwartaal geldig.
Volgens De Ruyter het die universiteit dié stap geneem na die gewelddadige betogings by sy Pretoria- en Ga Rankuwa-kampusse. “Die universiteit is baie bekommerd oor die akademiese tyd wat reeds in die kritiese tyd van die jaar verlore gegaan het.”
Die universiteit het vroeër gesê klasse sal Woensdag hervat. Signified Tivana, sekretaris van die studenteraad, het intussen in ʼn verklaring gesê die universiteit is oneerlik. “Die vise-kanselier en rektor misbruik haar magte om studenteleiers, wat openlik studente se bekommernisse geopper het, te ontslaan.”
Volgens Tivana het die studenteraad “die verkeerde knoppies gedruk” toe hulle bewerings van rassisme en wanadministrasie aan die lig gebring het, en dat dit tot hulle skorsing gelei het.
Studente betoog oor ʼn tekort aan fondse in die finansiële hulpskema vir studente (NSFAS). Hulle beweer ook dat van die lektore rassisties is.
Lees ook:
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings