TUT sluit kampusse weens betogings

Foto: @SITHOLEEXPRESS op Twitter.

Foto: @SITHOLEEXPRESS op Twitter.

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Saterdag al sy kampusse met onmiddellike effek gesluit weens gewelddadige betogings deur studente.

“In belang van hul eie veiligheid, word alle studente aangeraai om teen 17:00 vandag die koshuise en kampusse te verlaat,” het Willa de Ruyter, woordvoerder van die universiteit, in ʼn verklaring gesê.

De Ruyter het gesê dié besluit is geneem na aanleiding van Vrydagaand se voorval waar studente by TUT se Soshanguve-kampus minstens 18 van die universiteit se motors aan die brand gesteek het.

Lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die polisie ondersoek sake van kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld.

De Ruyter het gesê die universiteit se bestuur het besluit om die kampusse te sluit weens die gewelddadige protesaksies by die Soshanguve- en Ga Rankuwa-kampusse. Volgens De Ruyter is daar groot skade aan universiteitseiendom aangerig en was studente se lewens in gevaar.

De Ruyter het gesê die universiteit het ook besluit om die amptelike vakansietydperk te vervroeg na 22 September. Die universiteit se bestuur sal in dié tyd met studenteleiers vergader.

Mbnoniseni Dladla, president van die studenteraad, het gesê hulle verstaan nie hoekom al die kampusse gesluit word en nie net die Soshanguve-kampus waar geweld voorgekom het nie.

Talle van TUT se kampusse is reeds verskeie kere gesluit weens die gewelddadige betogings. Die universiteit se studenteraad is ook vroeër geskors maar die skorsing is later ná gesprekke met bestuur opgehef.

Daar is op 17 September ooreengekom dat die betogings beëindig sal word en dat klasse sal hervat. Die studente betoog glo oor ʼn gebrek aan fondse in die nasionale studentehulpskema NSFAS.

Lees ook:
Betogende TUT-studente brand motors
TUT-studenteraad se skorsing opgehef
TUT se Pretoria-kampus weer gesluit weens betogings
TUT-studente gaan nié terugkeer klas toe nie
VUT se klasse óók opgeskort
TUT skors studenteraad
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Francois ·

Suid Afrika brand al weer, velde, TUT, motors….Sal die goed NOOIT leer nie…hulle sal als afbrand en dan se “Hau, where did it all go?” Tekens van die tye.

Drieks ·

Mnr Julius Malema, wys ons nou jy gaan hierdie manier van toytoy stop. Pappa ANC kry nie sy mense op gevoed nie. Jy sé mos, jy wil nie die land afbrand nie. Wys jy die jeug die regte pad. Tot nou het die ANC net stemme gesoek en die land so aan die brand gesteek. Jy kan sonder stemme meer doen as die ANC. Enige iets om ons land op te bou asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.