TUT sny bande met Israel

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het amptelik alle bande met Israel gesny.

“Die raad van die Tshwane Universiteit van Tegnologie het beslis dat TUT nie enige bande sal smee met die staat Israel of enige van sy organisasies of instansies nie,” het prof. Rasigan Maharajh, TUT-woordvoerder oor die kwessie, Woensdag aan die African News Agency gesê.

TUT het op 7 Desember in ʼn verklaring gesê: “As ʼn progressiewe universiteit in ʼn demokratiese Suid-Afrika wil ons bevestig dat TUT nie enige ooreenkoms sal onderteken of enige vennootskap sal aangaan totdat Israel sy onwettige besetting van Palestynse gebied beëindig nie.

“Die universiteit sal nie staan en toekyk en die oortredings van die Israelse regering aanvaar terwyl Palestynse kinders en jeug se bewegings in hul eie land en hul toegang tot onderwys beperk word deur hul skole te vernietig nie,” lui die verklaring.

TUT se persverklaring volg ná ʼn resolusie deur die raad op 24 November wat gesprekke en debatte van verskeie fakulteite en die senaat in ag geneem het. TUT se standpunt oor Israel is in Mei ook geformuleer. Maharajh was een van die outeurs.

“As ʼn ‘universiteit vir die mense’ staan saam met die Universiteit van Johannesburg en progressiewe Palestynse en Israelse akademici om die internasionale gemeenskap aan te moedig om deurgaans alle akademiese instansies in Israel te boikot as ʼn bydrae tot die stryd om Israel se onwettige besetting en apartheidstelsel te beëindig,” het Maharajh bygevoeg.

“Die regering van Suid-Afrika moet ook standpunt inneem om die mense se geroep te hoor en die gewelddadige en voortgesette besetting van Palestina te veroordeel,” het hy gesê.

Israel se adjunkambassadeur in Suid-Afrika, Ayallet Black, het egter aan ANA gesê TUT se besluit is ʼn verrassing. “As ʼn land wat trots is oor sy vryheid van akademie, godsdiens en ʼn diverse samelewing met universiteite wat van die top-200 in die wêreld beskou word, is ons verras dat TUT as ʼn akademiese instelling ʼn basiese beginsel van kommunikasie en samewerking gesluit het.”

Suid-Afrika se veroordeling van Israel is aan die toeneem. Een van die omstrede kwessies wat tydens die ANC se nasionale konferensie van 16 – 20 Desember in Gauteng bespreek gaan word, is die moontlike afgradering, of selfs sluiting, van die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel.

TUT se besluit om alle bande met Israel te sluit volg ná die sterk veroordeling van die Suid-Afrikaanse regering en verskeie politieke en menseregteorganisasies oor die land heen van die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te skuif en die oorweging om Jerusalem te erken as die hoofstad van Israel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Andte Jacobs ·

Tipies Suid Afrika. Maar niks word gesê oor die agteruitgang van die hele Afrika nie?? Maar, dit is hulle verlies. Ag siestog, wie is hulle nou eintlik?

Ekke ·

My wereld!! Ek twyfel sterk of Israel hulle aan TUT sal steur! Weet hulle van TUT?

willie ·

Eindlik lagwekkend asof Israel hulle nodig het of dit enigsins sal agterkom!

Ivor ·

Lees / Google gerus “Now the end begins” Geoffrey Grider of “End times Ministeries” Irvan Baxter. Donald Trump is ons man. Hy skud die wereld. Jesus Kom! Maranata!

fanie ·

Suid Afrika is nie teen Donald nie maar wel die anc Welgedaan Donalt Tramp Die anc kan nie eers een land bestuur nie nou wil hulle n ander tereg wys Die anc is n klomp koerupte skelems Kyk maar na ons kamstage staatspresident Zuma wat skuldig staan vir soveel korupsie en nog lag daar oor Dit wys maar net sy mentalietyd

Kat ·

Israel is verlos van TUT!! N groot guns is bewys.wil niks met tut te doen he nie.Israel ook nie!!

HPV ·

Dit is komies hoe die woord “demokratiese” altyd in Afrika benadruk word. Mens hoef seker nie daaroor te wonder nie, hoe minder demokraties hoe meer word die woord gebruik. Selfs in Suid Afrika waar meer as 400000 mense in die sogenaamde demokrasie vermoor is. Dit is om die minste te sê lagwekkend, meer so dat ons vir ‘n eerstewêreld land probeer voorskryf! In die tyd van die voorskrifte word twee mense per uur hier vermoor. Feit!

Marius ·

Die mense wat nie weet wat demokrasie beteken nie, gebruik die woord as ‘n wapen teen die wat weet…

Nakkie die Nar ·

Ag liewe ouers…
“Knock-knock;
Who’s there?
TUT;
TUT who?
Toetententaal deurmekaar”???!

Israel gan nie kla oor jul sienings nie, effe groter belange wat hul uitsorteer, CIAO?!

Deon Meyer ·

Well done TUT!
Benjamin Netanyahu het natuurlik kennis van julle besluit geneem en huil krokediltrane daaroor.

Kosie Kramer ·

`n Israeliese wetenskaplike, in samewerking met die Universiteit van Johannesburg (UJ) is `n kenner van dam-alge. Toe skop UJ hom uit, om dieselfde politieke redes as TUT. Die gevolg: die Hartebeespoortdam is besig om te sterf weens alge, noudat die Israeli nie meer daar is om te help nie. En die mense in die dam se opvanggebied is dors! As enige persoon sou sterf weens dors, kan UJ en Adam Habib, en die 1000 ondertekenaars van die ondemokratiese uitskopbrief, aangekla word van `n misdaad teen die mensdom.

Johan ·

Een baie goeie vraag….. waar was die TUT gewees toe ou mugabe die wit boere van hulle plase verjaag het?!

Rabes ·

Dit wil my voorkom of Rasigan ‘n moslem is en daarom vir die palistyne opkom. Sover my kennis strek is Jerusalem in Israel en ook deur hulle gebou.

Callie ·

Ergste is hoe sieklik dit is. Dis om van naar te word oor die verfoeilike dinge wat die politiek korrektes doen en dan AMERIKA WIL AANVAT. Die wereld is totaal in die hande van die korruptes. Hoe gaan ons dit ooit verander. Mag ons Christelike gebede verhoor word

Riaan ·

Twyfel of dit die ware mening en besluit deur die meerderheid van TUT (studente & dosente)is.
Almal is nou met vakansie. Sal graag uitslag van ‘n stemming in oor hierd. kwessie wou sien … Reken dis eensydige besluit vanaf enkel/e bestuurlid/e vanweë politieke & godsdienstige oortuiging. (Stem van die anti-christ …!)

Stefaans ·

TUT moet besluit of hulle politiek of die akademie wil bedryf.

Elsa ·

Donald Trump hoor God se Stem, Israel is God se volk en Sy Oog is op Suid Afrika, regering moet self begin bid en nie net vra kerke moet nou bid as hul die strop nouer voel trek om hulle nie, terwyl daar tyd is BEKEER BELY en DIEN die HERE, kan nie teenstand of boikot teen God se Plan nie, Sy Wil sal geskied…daarom sal daar skuiwe kom by “tut” en regte mense inbeheer…. ook by elkeen wat teen Israel planne beraam, julle kom teen ‘n muur en sal nie kan verder TOTDAT jul bekeer , Donald Trump het reggedoen…ons gebedes het KRAG….en in mederheid

John ·

Brittanje en Swede, hogere heiliges wat nou wild keer om oorspoel te word met Moslem-migrante was die voorbokke om tog nie in 1948 die hele Israelse gebied aan die Joodse volk terug te gee na die WW2-slagting nie, maar uitgewekenes uit Arabiese lande wat mettertyd die onbewoonde land beset het en ‘n moskee nogal op die plek van die tempel van Dawid gaan oprig het, se begeertes belangriker geag het. Groot en magtig het die Britte ea hulself destyds geag wat die lot van die wereld en die Jode kan bepaal. Brittanje sukkel nou om te Brexit met Duitsland wat uiteindelik Europa stil-stil beheer onder die EU-vaandel. Destyds moes Jerusalem weer erkenning gekry het as hoofstad van Israel. Diegene wat daarteen is, staan die Vader se uitdruklike Woord teen… so aan wie se kant is hulle dan eintlik?

Johan ·

Wie wat ookal in SA besluit …dit gaan geensins enige effek op Israel he nie. Ek staan by Israel….en ek dink daar is heelwat Suid Afrikaners wat dit doen.

Dina ·

Israel is nie in die minste gepla nie. Maar nou sal TUT sien…

madels ·

Ag regtig ou TUT, jy is nie eers n kolletjie op die kaart nie!! :-) ha ha ha ha ha

Jackie Gittins ·

Isreal se akademici, wetenskaplikes, entrepeneurs ens, is van die voorstes in die wêreld. Vryheid van spraak, godsdiens en demokrasie word net in Isreal in die Midde-ooste beoefen. TUT hou blykbaar daarvan om hulself in die voet te skiet deur ideologie bo bo akademiese uitnemendheid te stel.

Gerhardb ·

As Rasigan Maharajh van ‘TUT’ of eintlik maar Pretoria Tech ‘n ander Naam en Van gehad het, het hy sekerlik nie beswaar gemaak nie….dit toon duidelik sy geloof en wat hy is! ‘Suid -Afrika se veroordeling van Israel is aan die toeneem’. Watse nonsens. toeneem van waar? Het hulle my opinie gevra? of die buurman, of die man oor die straat en af die straat. Hulle moet nie veralgemeen nie. En ek stem saam met baie van die kommentators. Wie is ‘TUT’ nou eintlik om ‘n effek op Israel te he. Daai Muslim slaan sy naam met ‘n Plank..

Theresa ·

Genade! Dat so ou klein instansietjie in ‘n land met chaos en skelmstreke om elke hoek en draai, en eie skole in eie landjie wat heeltyd verniel word en brandende bande en skreeuende springendes nou so ‘n mening moet huldig! TUT?!! Gits, glo nie Israel voel ‘n veer hieroor nie – soos almal hierbo ook sê. Maar nou kies TUT blatant kant teen Israel vir Palestina. Hoe voel die ouers wat die studente se gelde betaal om by TUT te studeer hieroor? TUT hoef nie deel te neem aan politiek nie? Is hul ‘n nuwe politieke party? Verbasend dwaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.