TUT-student sterf na messteek

Soshanguve-kampus van die TUT Foto: Masi Losi, IOL

Soshanguve-kampus van die TUT Foto: Masi Losi, IOL

ʼn Student is Saterdagaand met ʼn mes doodgesteek en nog ‘n student is kritiek beseer by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se Soshanguve-kampus, noord van Pretoria.

Ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans het in ʼn geveg betrokke geraak en mekaar met messe gesteek. Een van die studente het aan sy beserings beswyk.

Nkoadi het gesê die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord. Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het gesê die universiteit sal ook sy eie ondersoek na die voorval doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Konrad Burger ·

Is daar enige statistiek oor moorde met messe, pangas ens?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.