TUT-studente betoog oor ‘ou kos’, misdaad op kampus

Uitsig oor die stad vanaf TUT se kampus in Pretoria-Wes (Argieffoto)

Uitsig oor die stad vanaf TUT se kampus in Pretoria-Wes (Argieffoto)

Die polisie is Dinsdag na die Tshwane Universiteit van Tegnologie se kampus in Pretoria-Wes ontbied toe betogende studente bande aan die brand gesteek en infrastruktuur beskadig het.

Prof. Lourens van Staden, visekanselier, het gesê daar was nie “baie skade aangerig” tydens die “baie vreedsame” betoging nie. “In die begin van die jaar was dit dieselfde. Baie vreedsaam, geen eiendom beskadig nie, geen geweld nie. ʼn Paar bande hier en daar is wat mens maar kry,” het Van Staden aan verslaggewers op die kampus gesê. “Selfs volgens polisieberigte was dit net ʼn paar bande wat aan die brand gesteek is en dit was vreedsaam. Ek sê nie ons keur dit goed nie, maar dit is hoe dinge in die land gedoen word.”

Daar is skade aangerig aan koshuise op die kampus, maar Van Staden het gesê die finansiële impak is nog nie bereken nie. ʼn Paar deure is met brandblussers gebreek.

Lesings en toetse wat vir Dinsdag geskeduleer was, is opgeskort en talle studente het huis toe gekeer.

Mohau Tsikoane, ʼn student in bourekenkunde, het gesê een van die grootste klagtes van die betogende studente is die toename in misdaadvoorvalle op die kampus, ou kos wat by die kafeteria verkoop word en onvoldoende akkommodasie vir studente.

“Die mense word op die kampus beroof,” het Tsikoane verduidelik. “As jy laat in die aand van die biblioteek af terugstap koshuis toe, word jy beroof. Hulle vat jou selfoon, Timberlands (stewels) en Air Max (hardloopskoene). Ons hoor gereeld so en so is op die kampus met ʼn vuurwapen of ʼn mes gedreig en beroof.”

Hy het gesê die kos veroorsaak ʼn probleem vir studente omdat dit in grootmaat ʼn dag of twee vantevore voorberei word.

Tsikoane het gesê die studente betoog ook oor die tekort aan fondse in die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS).

Talle veiligheidswagte van Nationwide Security was op die kampus. Lede van die Suid-Afrikaanse metropolisie en Suid-Afrikaanse Polisiediens was by die hoofhek gestasioneer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

GES ·

Dit blyk dat die EFF die kwaadstokers in hierdie geval was. Van die eise wat gestel is, is sommige lagwekkend. Daar word protes aangeteken oor hoekom rugby belangrikker as sokker beskou word en gratis vervoer na ‘n wedstryd in die kaap word ge-eis.

Die taalgebruik in die protesskrif was so swak dat spottenderwys opgemerk is, die student behoort ook beginner engelse klasse te eis, gratis natuurlik.

Kaspaas ·

Timberlake en Airmax skoene maar hulle kla oor die studie ondersteuning van die regering. Nog n trotse oomblik gebring en geborg deur cANCer.

FJD ·

Hou op om alles met geweld en misdaad te probeer regmaak – om alles af te breek om jou sin te kry bly ook n misdaad en geweldadig – wees dankbaar julle kan leer en koop dalk goedkoper klere en skoene ……

MJL ·

“Selfs volgens polisieberigte was dit net ʼn paar bande wat aan die brand gesteek is en dit was vreedsaam. Ek sê nie ons keur dit goed nie, maar dit is hoe dinge in die land gedoen word.” Sjoe, as die brand van bande, die afbreek van deure en beskadiging van infrastruktuur al as “vreedsaam” beskou word, het diè land al ver gevorder tot morele bankrotskap.

jacques ·

Ek gee moed op met SA studente hulle is te ver heen om gered te word.Die selde klomp wat krime doen en alles afbrand strike nou vir minder krime.

nig ·

Hulle kla oor misdaad op die kampus maar pleeg self dan misdaad met hul betogings en breek van eiendom van TUT!

Karrie ·

Hierdie land het nou al vir dekades vir hulle probeer gee maar alles word net eenvoudig weer verwoes, so al is hulle nou na 20j+ in bewind verwoes hulle nog steed so daar sal nooit vrede wees nie.

Theresa ·

Hulle kry die geleentheid om mens te wees en iets van hulle lewe te maak maar dit is ook nie goed genoeg nie. Geweld, misdaad, afbreek en vernietig – dit vloei in hulle are en dis al wat hul ken. Dan word daar na ons as rassiste gekyk. Gee my net krag…………………………!!!!

sarie van heerden ·

Wanneer studente deure ens beskadig, laat dit netso en moet dit nie herstel nie want hulle hou daarvan stukkend. Wanneer hul monumente en standbeelde beskadig of vol verf spuit, laat dit net so sodat besoekers aan die land kan sien wat hul doen.

stoney ·

Prof om ‘n paar bande op kampus te brand, ‘n paar deure stkkend te skop, te kla oor die kos en die blyplek lyk vir my na “ondankbaarheid”. Waarom soek hulle nie ‘n univ wat aan hulle 5-ster eise voldoen nie? Dis ‘n ou laai van hierdie studente want die eindeksamens lê voor en hulle het nie deur die jaar hulle kant gebring nie. Nou ontwrig hulle ander toegewyde studente en beroof hulle van hulle demokratiese reg om hulle studies te voltooi. Dis NIE hoe dit in die land werk nie Prof. Erken maar jy is te lig bevind en verskonings sal nie die situasie verbeter nie!

Izzy ·

Is daar ERENS ENIGE kampus in SA wat hierdie jaar nog nie onder vandalisme, brand stigting, ens deurgeloop het nie?

Mike de Beer ·

Wie ookal verantwoordelik is vir skade moet uitgewys word en daar moet ‘n klag by die polisie gele word van saakbeskadiging sodat daar tweerlei opgetree kan word teen diegene. Ten eerste krimineel en ten tweede moet die skade herstel word of moet daar finansieel kompensasie geeis word. Dit geld vir enige skade wat gelei word agv sogenaamde massa aksie – COSATU (as voorbeeld) moet “pa” staan vir sy lede se aksies, veral as COSATU die aksie uitgeroep het of gereel het. Dis gek om ‘n deur af te breek as die kos nie lekker is nie? Sinloos.

Henrietta Klaasing ·

Volgens die Beeld se berig het die moeilikheid makers gesê hulle sal aanhou en selfs die hele universiteit afbrand in dien dit nodig is, totdat daar gehoor gegee is aan hul eise! Klink nie vir na ‘n “vreedsame betoging” nie! Sommige kultuurgroepe se vingers jeuk hierdie tyd van die jaar: grawe maar in argiewe rond: dit is altyd hier na die einde van die jaar se kant toe wat klasse ontwrig word. Wil hulle dit dalk as verskoning gebruik wanneer hulle nie slaag nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.