TUT-studente gaan nié terugkeer klas toe nie

'n Bus het op 9 September 2014 by TUT uitgebrand tydens studentebetogings oor NSFAS Foto aan Maroela Media verskaf

‘n Bus het op 9 September 2014 by TUT uitgebrand tydens studentebetogings oor NSFAS Foto aan Maroela Media verskaf

Die geskorste lede van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by TUT het Dinsdag gesê klasse sal nie by dié universiteit hervat soos deur die instansie se bestuur geskeduleer nie.

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het gesê hy verwag dat studente Woensdag weer sal terugkeer na hul klasse ná dae lange betogings.

Signified Tivana, sekretaris-generaal van die VSR, het egter gesê dit sal nie gebeur nie, aangesien die bestuur nog nie die studente se probleme opgelos het nie. “Daar sal Woensdag geen klasse wees nie,” het hy gesê. “Dit is ʼn leuen uit die diepte van die hel dat studente na hul klasse sal terugkeer. Wie ook al kampus toe kom, is daar om te staak. Studente sal eers terugkeer na hul klasse sodra die bestuur die studente se kommernisse aangespreek het en weer die geskorste VSR-lede aanstel.”

TUT het Maandag aangekondig dat hy Sondag skorsingsbriewe op die VSR-lede bedien het. Willa de Ruyter, woordvoerder vir die universiteit, het gesê die skorsing is geldig tot die einde van die kwartaal.

Die universiteit moes al sedert verlede week klasse opskort nadat studente by die instansie se kampusse in Ga-Rankuwa en Pretoria begin staak het weens ʼn tekort aan fondse in die nasionale studentehulpskema NSFAS. Klik hier om meer te lees.

De Ruyter het ook gesê die universiteit is besorg oor die tyd wat gemors word, aangesien die jaar vinnig tot sy einde kom.

Tivana het gesê die VSR is ook hieroor bekommerd. Hy voer aan ʼn reddingsplan moet in plek gestel word en studente is bereid om hul September-vakansie hiervoor in te boet. “Ons is bereid om voluit tot Desember te werk,” het hy gesê. Hy het bygevoeg van die studente gaan deur middel van privaatdosente voort met hul studies.

ʼn Aantal studente is glo ook Dinsdag beseer tydens hul onderonsie met die polisie. “Vyf studente is beseer en in die hospitaal opgeneem nadat rubberkoeëls hulle getref het,” het Tivana gesê. “Een van hulle is na bewering met ʼn regte koeël getref.” Hy sê talle het geringe beserings opgedoen.

Die studente het glo in die strate uitgevaar toe hulle hoor die VSR is geskors. “Die studente het stokke en klippe gedra, maar hulle het dit nooit gegooi nie,” het Tivana bygevoeg. “Hulle het nooit die polisie uitgelok nie.”

Hy voer aan die kern van die onrus is weens die feit dat bestuur nie met die studente wil praat nie. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat tydens die betoging veroorsaak word.”

De Ruyter en die polisie was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Lees ook:
VUT se klasse óók opgeskort
TUT skors studenteraad
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VerVanRyn ·

Ag dit is nou oulik, kyk waarheen het die referendum van ’92 gelei. Niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.