TUT-studente geskiet, gesteek langs kampus

Argieffoto

Argieffoto

Drie studente van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle by die treinstasie langs die Pretoria-Wes kampus aangeval en onderskeidelik veelvuldige kere met ʼn mes gesteek en geskiet is.

Willa de Ruyter, woordvoerder van die TUT, het aan Maroela Media gesê in die eerste voorval is ʼn student verskeie kere met ʼn mes gesteek, vermoedelik in ʼn rooftog. “Hy kon daarin slaag om homself tot op die kampus te kry, waar die kampuskliniek hom gestabiliseer het voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is,” het sy gesê.

Kort daarna is nog ʼn student, ook by die Metrorail-stasie, twee keer geskiet. Die student is ook deur die kampuskliniek gestabiliseer voordat hy met ʼn Netcare 911 helikopter na ʼn hospitaal vervoer is.

ʼn Derde student was die derde slagoffer van rowers by die stasie toe hy ook oorval en met ʼn mes gesteek is. Volgens De Ruyter is hy nie in ʼn kritieke toestand nie, maar moes hy ook gehospitaliseer word.

“Die universiteit is baie, baie besorg oor hierdie voorvalle en ons het dringend met die Metrorail-bestuur in verbinding getree oor die veiligheid van die studente by die stasie,” het sy gesê. “Hoewel die treinstasie nie deel van die kampus is nie en dus ook nie ons domein om te beveilig nie, het ons wel veiligheidswagte by die hek wat ook ʼn ogie oor die stasie kan hou. Hulle kan ongelukkig nie alles sien wat op die stasie gebeur nie.”

Sy het beklemtoon die aanvalle het niks met die betogings te doen wat vandeesweek op die Soshanguve-kampus gewoed het nie en al drie voorvalle was vermoedelik rooftogte of ʼn poging tot roof. “Ek weet in die een geval is die student se skootrekenaar en beursie gesteel. Dit is nie duidelik of iets by die ander twee studente gesteel is nie,” het sy gesê.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het bevestig hulle het ʼn 20-jarige student van TUT behandel. Sy het sy toestand as kritiek beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

F ·

Nee sies man Dave. Dit is darem nie goed deurdagte opmarking wat jy maak nie. Wat sal jy doen en hoe sal jy voel as jou kind by die skool of universiteit met ‘n mes gesteek word vir sy selfoon of rekenaar nie. Dit is tyd dat ons ons woorde tel voor ons sulke uitlatings maak. Ek hou ook nie van hulle nie, maar maggies, dit was ongevraagd.

Adri ·

Al die onrus en nare dinge wat nou in ons land is gaan my verstand te bowe duidelik is dit die generasie wat sonder Republiekdag vieringe groot geraak het wat plunder en eise stel sonder om te weet regtig waarvoor en nie weet hoe hard daar gewerk is om ons land te kry waar dit was nie ek dink baie dae hoe ons met ‘n trots regop houding Die stem van Suid-Afrika gesing het en die vlaglied en ek haal aan uit die stem “Ons vir jou Suid-Afrika ” waar is daardie trots heen.

BRAAI ·

ONGEVRAAGD………. ?!!! whahaha wys jou net hulle gee ni om wat hulle doen of met wie ni ma ons moet jamr kry…… ons kinders se taal word weg gevat hulle kani mee klas loop ni en wa hulle studeer word afgebrand en al di goed kos biki meer as n selfoon of n rekenaar so ons kinders word aangevat en ons moet stil bly? ni meer ni

sputnik ·

Liewe aarde! Met sulke spelling deur BRAAI moet die taal maar eerder weggesteek word!!

Jo ·

En wie se dat dit nie met die geweldadige betogings verband hou nie? Miskien is hierdie studente geteiken omdat hulle dalk nie deel wou wees van die verwoesting nie? Interessant dat dit spesifiek studente is en nie ander reisigers nie…

JaconGrobler ·

Ek stem, ek sou baie mannekrag beskikbaar stel vir die ondersoek van die insidente , sou dit ‘n opdrag van êrens wees, is daar nou geleendheid om krimineel te vervolg en ‘n boodskap te stuur. Tans is daar geen gevolge vir die partye wat die vrede en lewens so ontwrig nie.

CAB ·

So toevallig dat almal studente was? mmmm klink vir my na n EFF plan hierdie, ergste ne? ons sien EFF al as krimenele… so dra hulle hul naam oor..
Genade gaan hierdie nar nooit op sy plek gesit word nie.. hy verdien tronk straf sleutel kan hulle maar verloor. sirkus afrika.

johan du preez ·

Kan die overheid. Nie agter kom dat daar I derde mag agter die hele besig heid is

Stan ·

Laat ek raai – almal is wit studente wat deur swartes aangeval is!
Dit raak nou vervelig dat ons so onbeskermend en weerloos loop.
Beskerm julle self.

M A ·

Net studente is aangeval omdat net studente daardie stasie gebruik. Daar is ook byna geen blanke studente op daardie kampus nie. Ons hoor net van blankes wat aangeval en beroof word maar daar is net soveel swart mense wat deur boewe geteister word. My hart huil oor wat in ons land gebeur!

Elke ·

Daar is verseker ‘n derde mag agter alles. “Boko Haran” of hoe mens ook al die gemors se naam spel. Alle boeke en opvoeding moet vernietig word dit is immers waarvoor hulle staan.

Karma ·

Ai Eike, glo jy in jou eie “Conspiracy Theory”? ‘n Derde Mag??? En dit is Boko Haram (spreek dit uit as Bhôko Gharam). En hoekom trek jy nou weer geloof hierby in (Moslems). Dit is ‘n politieke magsspel … en die EFF wat doen wat hulle gesê het hulle gaan doen – die land onregeerbaar maak!

Roos ·

Kan julle dalk bevestig watter etniese groepe die slagoffers was?

Martie ·

Roos, wat maak dit saak watter etniese groep die slagoffers is? Punt is, hier is hopeloos te veel kriminele in hierdie land en te veel onbevoegde en korrupte leiers en amptenare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.