TUT-studente in bebloede koshuiskamer gekry

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Twee studente van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se Mbombela-kampus in Nelspruit is Sondag in ʼn bebloede koshuiskamer gevind nadat hulle glo met ʼn mes aangeval en gesteek is.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die studente, ʼn man en ʼn vrou onderskeidelik 25 en 21 jaar oud, is in die vroeë oggendure in die Urban Cove-koshuis gevind waar die man gebly het.

“Daar was bloed oral in die kamer. Die twee studente, vermoedelik ʼn paartjie, het gelewe en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hulle tans bewusteloos is,” het Hlathi gesê.

Die motief vir die aanval is onbekend en word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Liesl D ·

En dis presies hoekom my kind nie meer TUT toe gaan nie. Tyd vir TUT om doe totale anargie stop te sit of hul gaan geen betalende studente oor hê nie

Sam ·

Van wanneer af word vroue en mans in een slaapkamer geakkommodeer?

Nita ·

Dit kom van al hierdie vryheid wat mense. Oor en y weer slapery, drank, kom en gaan soos jy wil. Ons was in aparte koshuise. In die week is die koshuisdeure om 7:30 gesluit. Van jou 2de jaar kon jy tot 10 uur uitbly op Vrydagaand en Saterdagaande tot 11uur. Die hell het jou gehaal as jy die reels verbreek het. Jy is geskors uit die koshuis. Almal doen nou wat hulle wil. Geen beheer oor niemand of niks. Verwag verkragtings, roof en aanvalle.

Theuns ·

Dit is nie net die drank en saam slaapery nie maar gaan kyk hoe leef die manne en meisies in hulle kamers en hoe vuil is dit! Selfs kokkerotte sal ongemaklik voel!

Punt mis ·

Julle mis heeltemal die punt dat hulle aangeval is en met messe gesteek is… Die berig sê ook ‘waar die man gebly het’. Lees tog ordentlik en bid eerder dat hulle sal herstel.

Punt inni wind ·

Punt mis, hoe kan die punt gemis word dat hulle in die man se kamer aangeval is en met ‘n mes gesteek is ?? Ek dink jy is te gou op jou perdjie lees tog asb. die kommentare ‘ordentlik’ deur voordat jy reageer.

Asjas ·

Wat soek sy in sy kamer??
Hoe het die aanvaller toegang gekry tot ‘n plek waar kinders relatief veilig behoort te kan studeer en slaap?
Waar was die ander studente?? Ek dag koskuise is toe en studies opgeskort vir die jaar?

charlene ·

Shoe ek het ook eers gewonder hoe is daar mans en vrouens saam maar ok.
Dis eintik tragies want vir al wat ons weet is dit van die studente wat nie staak nie, wat wil leet en iets van hulle lewe wil maak. Ek is bly hulle oorleef en ek hoop hulle sal die aanvaller kan uitken. Sterkte vir hulle.

Niel ·

Mense, tye het verander. die aktiwiteite vind al op skool plaas, Ek het self nie in so ‘n omgewing groot geword nie en sidder om te dink ek moet ‘n kind groot maak in ‘n wereld waar sulke gedrag alledaags is. Ek dink ouers prober hul uiterste bes om hulle kinders met goeie morele waardes groot te maak.

Vir my baie meer skokkend is die feit dat studente nie meer veilig is op universiteitskampusse nie. Ek dink universiteite moet baie meer doen om seker te maak dat studente teen alle tye veilig is op ‘n universiteitskampus en koshuis.

Anoniem ·

Ek verstaan wat jy se, maar dit is eintlik wat dit nog erger maak.

Universiteite se doel is nie om dit veilig te maak vir hulle studente nie, dit is ons regering se werk, maar soos ons al gewoond is word dit nie gedoen nie. Die universiteit is daar om die studente te leer en dit is die polisiemag se plig om hulle te beskerm.

Maar nou ja, in SA werk alles mos andersom, geen meer logika nie.

Betaal belasting, so jy betaal indirek vir die sekuriteit wat die polisiemag moet gee, maar hulle is so pateties dat jy nog uit jou eie sak uit meer moet betaal vir sekuriteit.

Dit is baie maklik om te se dat SA se belasting koers minder is as ander meer ontwikkelde lande. Maar doen ‘n berekening en kyk wat gedoen word met daai belasting gelde. Baie van daardie lande sluit items in waarvoor ons hier addisioneel moet betaal. Tel daardie gelde by jou belasting en kyk dan waarop werk jou “totale belasting” uit. Dan is ons belasting koers baie meer as die ander lande.

Anoniem ·

ek verstaan wat jy se, maar dit maak dit net erger.

Die universiteit se hoofdoel is nie om die studente te beskerm nie. Hulle is daar om die studente te leer, die polisiemag moet die studente (en publiek) beskerm, maar ons weet in SA werk dit nie so nie en verskuif die polisiemag se werk af om ons.

Dit is maklik om te se dat ons belastingkoers minder is as ander lande, maar die mense in die ander lande kry waarde vir hulle belasting. Sluit die items wat jy addisioneel moet betaal by jou belasting in by jou “totale belasting” en kyk dan wat is jou werklike belasting koers.

Scalla ·

Dit gebeur as studente van naburige lande gratis studeer op ons koste en al oor die 30 jaar oud is.

stephanus jesaja Heunis ·

Wil mos saammet die feesmustfall criminals party hou na hul stropery/brandstigting!

popeye ·

Drie scenario’s… 1) die paartjie tik mekaar goed oor watookal. 2) paartjie word aangeval omdat hulle nie aan #FMF- veldtog wil deelneem nie. 3) koshuis -vader betrap die twee in kamer en tik hulle dik omdat hulle onbetaamlik was.

Leeutjie ·

Popeye is dit al die spinasie wat jou so slim maak! lol!

John ·

… en die betogende studente eis dan dat sekuriteit en polisie nie op die kampusse teenwoordig moet wees nie. Wie moet die beskermingsdiente lewer? Doofmiddels kom met voete in op plekke en maak drake van die gebruikers met tragiese gevolge…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.