TUT-studenteleier sterf tydens optog

Studente vergader buite die Uniegebou in Pretoria tydens die #FeesMustFall-optog (20 Oktober 2016) Foto: @b_masilela, Twitter

Studente vergader buite die Uniegebou in Pretoria tydens die #FeesMustFall-optog (20 Oktober 2016) Foto: @b_masilela, Twitter

Die #FeesMustFall-studenteleier by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) is Donderdag dood.

TUT het Vrydag bevestig dat Benjamin Phehla en twee ander studente beseer is toe hulle deur ʼn motor getref is op ʼn pad tussen die noord- en suid-kampusse in Soshanguve waar die studente ʼn optog gehou het. Die studente het vroeër die dag ʼn optog na die Uniegebou gehou. Phehla is na ʼn hospitaal gehaas waar hy later dood is.

“Die betogers het na bewering die verkeer tussen die twee kampusse in Soshanguve ontwrig en drie studente is beseer toe ʼn bestuurder beheer oor die motor verloor het. Dit is met diep hartseer dat die universiteit moet bevestig dat een van die studente wat tydens die voorval beseer is, gisteraand gesterf het,” het die universiteit gesê.

“Die voorval word tans deur die polisie ondersoek. Beradingsdienste is aan die personeel en studente beskikbaar gestel.”

Groepe studente het Donderdag ʼn optog na die Uniegebou gehou as deel van die #FeesMustFall-veldtog om ʼn memorandum aan die regering te oorhandig. Die studente eis onder meer onmiddellike gratis, gedekoloniseerde tersiêre onderrig en die vrylating van al die studente wat tydens die voortslepende betogings in hegtenis geneem is.

Die studente het Donderdag kwaad geraak toe twee onbekende regeringsamptenare gestuur is om die memorandum te ontvang. Hulle het daarop aangedring dat iemand prominent en bekend, soos Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, die memorandum ontvang.

Ten spyte van die ontwrigting op sy kampusse, het die TUT gesê die instansie sal toesien dat die akademiese jaar voltooi word. Toetse en ander akademiese bedrywighede sal Saterdag ook voortgaan.

“Alle bedrywighede sal op al die kampusse voortgaan Maandag 24 Oktober. Personeel en studente word daarin herinner dat hulle slegs die kampusse sal mag binnekom met hul TUT-ID-kaarte. Studente word versoek om klasse by te woon en voor te berei vir die toetse wat geskeduleer is,” het die universiteit gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Wilma ·

So sal dit begin, hulle beweeg in die gedeeltes waar hulle nie hoort nie.. Van wanneer af loop ‘n mens in die pad waar voertuie hoort… Moet die mense nou met hul motors op die sypaadjies ry, sodat hulle in die pad kan loop…

Lance ·

Mens kan dit verwag as mens sien hoe die klippe en koeëls trek en alles gebrand word ne

Alida ·

As hy in die klas was waar hy hoort het hy nog geleef. Hulle ontwrig die verkeer erg en sulke voorvalle is onvermydelik.

Anoniem ·

Nou gaan almal die skuld kry behalwe die studente wat als begin het!!!!!!!

Pieter ·

Uiteindelik goeie nuus. “Pad oorsteek” was seker een van sy vakke wat hy gedop het.

Hendrik ·

Lol, het nou lekker gelag vir daai een! Thanks Pieter, goeie een..

pieter ·

Die dood is op die skollies was so betoog se boekie want hulle maak soos hulle wil snaaks dat daar nog so min van hulle dood is in ongelukke want hulle kyk nie gaan aan so goed wat mal is en nie kan dink nie.

Net die Waarheid ·

….mens moet pasop waarvoor jy wens…..woorde dra krag…..’n rukkie gelede is aangevoer dat die #FMF slegs sal slaag as daar ‘n wit student sou sterf…..wel daar het nou ‘n student gesterf……

Jurie ·

Wel een van hulle het op tv gese hulle sal sterf vir hul saak en nou het een gesterf .Dit was so onnodig en ook en dwaas gewees. Ek hoop die opstokers is nou gelukkig

Kirsten ·

“Natural selection”, as studente in die middel van die pad wil staan en betoog sal iemand een of ander tyd raakgery word.

Kiepie ·

En dit is hoe Christendom lyk. G’n wonder ons land is in verval nie.

Alida ·

Ek is darem bly ek is nie die enigste een wat so daaroor voel nie. Hulle hoort in die klasse om te leer en nie in die strate nie.

Dean ·

Gratis berading vir die personeel en student? Nee, TUT dis met ons belastinggeld. Wat van julle bied gratis berading vir die bestuurder, die nooddienswerkers en alle ander mense wat deur die ongeluk geraak is?

Santie ·

Die bestuurder sal definitief berading moet kry. Arme persoon sal seker uiteindelik verguis word asof hy/sy dit met opset gedoen het.

Lilla B ·

Ek hoop die bestuurder van die motor is ongedeerd! Ek kan nogal dink ‘n mens sal verskrik raak as jy onverwags met hierdie massas betogers kennis maak en as jy in so ‘n ongeluk betrokke is kan dinge lelik skeefloop vir jou.

Santie ·

Die arme bestuurder sal seker uiteindelik geblameer word. Dié mense blameer mos altyd ander vir die gemors wat hulle veroorsaak.

Marita ·

Dis amptelik: hierdie leier hoef nou nie meer sy 2017 klasgeld te betaal nie. Hy het #ge-fall.

Motoris ·

Die voertuig is seker met klippe gegooi waarna die motoris beheer verloor het.
Wat se goed is ‘gedekoloniseerde onderwys’? Kan dit wees dat al die wiskunde, wetenskap ens. se formules ens. nou gaan verander?
Ook dat die name van dae en maande gaan verander. Die GPS-stelsel behoort ook te verander asook kleredrag en die besit van motors, huise ens.
Ons is vinnig oppad na die tyd vóór 1652. Ek gaan solank begin oefen deur kaalpoot te loop en die somerweer is ‘n gulde tyd om aan ‘n stertriem gewoond te raak.
Voorwaar, donker Afrika lê om die draai met een ligpuntjie: daar sal nie motors wees om ons dood te ry . . .

Liewe heksie ·

Karma passop waarvoor jy wens en hy was waar hy nie moes gewees het nie Ons sal lewe ons sal sterwe vir jou SuidAfrika

Annemarie ·

#motoris…ek wonder oor dieselfde term..”gedekoloniseerde” onderwys? MAW onder die bome… Verder stem ek nogal met jou saam!

Wikus ·

Sê my wat is gedekolonialiseerde onderig?. Is dit daai wiskunde en aardrykskunde van no. 1. Vra maar nêt.

Sannie ·

Nee wat geen simpatie. As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel.

Jakobus ·

Kan mens rubberkoels met ‘n masjiengeweer skiet? Die gewere wat die polisie gebruik laat my dink aan die ou windbukse wat mens na elke skoot eers moet laai.

Elizabeth ·

Eksamen sonder voorbereiding, kennis en vaardigheid, dui aan “Not Competent” . Dit word bewys in die werksplek, wat lei tot afdanking of beserings. So begin al hoe meer besighede hierdie kwalifikasies/ sertifikate/diplomas vermy. Praktiese toetse word deesdae by besighede gedoen alvorens aanstellings gedoen word.

Ben Prinsloo ·

Kiepie wat het christendom nou met die betoger uit te waai. Al wat ek kan sê is another one bites the dust.

snoefie ·

gedekolonialiseerde onderwys kan hulle mos in tien dae by die inisiasieskole gaan doen.

peanut ·

O genade, nou gaan hy tot n held verhewe word, want hy het ‘vir die cause’ sy lewe gegee……….

Martin ·

Die woord “responsible ” wil sommige nie verstaan nie. Vernietig en afbrand ken hul goed.

sarie van heerden ·

Lees mens die lesers se kommentaar kom jy agter simpatie met die studente het getaan vandat dit begin het tot nou. Ons is eintlik moeg vir dit wat nerens heen gaan nie. Ons wil nie meer sulke goed op die nuuskanale lees nie want dis altyd dieselfde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.