TUT-studenteraad se skorsing opgehef

Die foto is Woensdagoggend by TUT se Pretoria-kampus geneem. Foto: @ThatoFihlo op Twitter.

Die foto is Woensdagoggend by TUT se Pretoria-kampus geneem. Foto: @ThatoFihlo op Twitter.

Die bestuur van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Woensdag die skorsing van die universiteit se studenteraad opgehef.

Willa de Ruyter, woordvoerder van die universiteit, het gesê die besluit om die studenteraad se skorsing op te hef kom nadat die universiteit ʼn brief van hulle af gekry het waarin hulle onderneem het om ʼn beroep op studente te doen om die staking op te skort.

“Hulle het verder ingestem dat dit belangrik is dat klasse so gou as moontlik moet hervat,” het De Ruyter in ʼn verklaring gesê. Die studenteraad is Sondag geskors. Die universiteit se bestuur het Woensdagaand met die studenteraad vergader.

De Ruyter het gesê die partye het tydens die vergadering ooreengekom dat geweld veroordeel moet word en dat klasse sou gou as moontlik hervat moet word.

“Die onderhandelingsproses tussen die partye sal Donderdag hervat. Die fokus sal daarop wees om ʼn langtermyn ooreenkoms te bereik ten einde in die toekoms ʼn herhaling van gewelddadige protesaksies te voorkom,” het De Ruyter gesê.

TUT se Pretoria-kampus moes Woensdag weer gesluit word weens die gewelddadige betogings.

Lees ook:
TUT se Pretoria-kampus weer gesluit weens betogings
TUT-studente gaan nié terugkeer klas toe nie
VUT se klasse óók opgeskort
TUT skors studenteraad
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stoere Boer ·

En blablabla ons gaan nou mooi soet wees tot volgende keer dan breek ons die plek nog beter af

Theresa ·

Kon dit nie beter gestel het nie Stoere Boer. Dit is presies wat gaan gebeur.

Jasper ·

So het hulle nou nog n kans gekry om hul selfvernietigingsdrang uit te leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.