TUT-studenteraadslid, nog 2 vas

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

ʼn Studenteraadslid, van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), is saam met twee voormalige studente in hegtenis geneem vir beweerde bedrog by dié tersiêre instelling.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die drie het glo R100 000 se omkoopgeld by die eienaar van ʼn veiligheidsmaatskappy geëis in ruil daarvoor dat die maatskappy se kontrak by TUT verleng word.

Die inligting het by die nasionale teenkorrupsie-ondersoekeenheid uitgekom en ʼn lokval is vir die verdagtes gestel.

“Die drie is Dinsdag in Pretoria in hegtenis geneem, oomblikke nadat hulle R40 000 in kontant ontvang het,” het Mulaudzi gesê. Hy het gesê die drie verdagtes, onderskeidelik 25 en 30 jaar oud, is glo lede van die EFF se studentekommando by TUT.

Die drie verdagtes sal Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Netso ·

Hoekom is die opskrip nie “EFF studente pleeg bedrog en word in hegtenis geneem” nie…

Piet Pompies ·

Gaan tronk toe, gaan reguit tronk toe, moet nie by die begin verby skuif en R200 invorder – Monopoly

Jean ·

Lol dis die kaliber manne wat die EFF werf. Classy man classy!

Johann ·

Maroela…in ag genome die nodigheid van blatante korrekte en ontblotende berrig gewing: hoekom nie die EFF STUDENTE KOMMAMDO lede gedeelte beklemtoon nie? Steel van hulle eie “mense”…gaan seker nou weer disadvantaged roem? Gedreig om dit te doen…Polisie set up…ens ens.

Bruno Stef ·

En so slaan die blinde sambok. Juliaas verduidelik jouself hoe dit moontlik is dat jou “Fighters” so korrup is en jy dan die SG korrupsie heeltyd beveg of moet hulle net se “Sorry ” dan is alles vergete.Die ou wat n ander jaag staan self nie stil nie.

Theresa ·

Die hele karakter word weerspieël in die bestaan van ‘n “studente kommando”. Hul ou van oorlogspeel. Siestog.

callie ·

Tyd vir Malema and team to pay back the money. Wees wakker Zuma, jou kans vir Malema must fall

Penellope Jones ·

Hang seker af wie se voorbeeld gevolg word. . . .

Johann ·

My vraag is: hoe en waar en hoekom het “studente” mag en invloed om sekuriteits kontrakte te beding????????

miv ·

Blinde sambok. Verskil nie veel van hul leier nie. Samel seker geld in om hul party in stand te hou.

GES ·

Hulle begin vroeg. Teen die tyd dat hulle middeljarig is, is hulle so korrup dat dit vir hulle normaal is. Mag ons nooit so pateties word nie ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.