TUT-werkers staak oor uitkontraktering

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Sekuriteit-, skoonmaak- en kosmaakpersoneel by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) oor die hele Tshwane sal Woensdag begin staak omdat die bestuur volgens hulle nie sy belofte nakom om die uitkontraktering van werkers te beëindig en die ooreengekome salarisverhogings in te stel nie.

#Outsourcingmustfall het in ʼn verklaring gesê TUT tender glo vir nuwe sekuriteitsbeamptes en betaal die “ingekontrakteerde” tuinwerkers minder as die ooreengekome minimum loon. “Dit lei tot ernstige ontevredenheid onder die werkers,” het hulle gesê.

Die besluit om te staak is geneem by ʼn vergadering wat op 20 Mei deur #outsourcingmustfall-werkers byeengeroep is.

“Die meer as 700 sekuriteitswerkers in kontrakdiens van Smada en Mafoko het verwag om einde Junie 2017 ingekontrakteer te word. Nou is hulle onseker oor hul poste as nuwe kontrakteurs moontlik nuwe werkers aanstel,” het #outsourcingmustfall gesê.

Volgens hulle is die tuinwerkers ook aangestel vir R3 800 eerder as die R5 000 waarop hulle ooreengekom het. “Talle ouer werkers is eenvoudig nie in diens geneem nie sodat TUT pensioenverantwoordelikhede kan vryspring. Dit dompel ouer mense in armoede,” het #outsourcingmustfall gesê.

Hulle het bygevoeg die kosmaakpersoneel van Capitol Caterers en die skoonmakers van Selahle is nou in ʼn moeilike posisie geplaas, want hul indiensneming vind maandeliks plaas. “Hul kontrakte het lankal reeds verval, maar daar is steeds nie ʼn datum vir vaste aanstelling bepaal nie,” het #outsourcingmustfall gesê.

Werkers in dié posisie sukkel glo om kredietwaardig verklaar te word of vir hul toekoms te beplan.

“Werkers eis dat die nuwe sekuriteitstenders onttrek word. Net dan sal ons bereid wees om saam te werk,” het #outsourcingmustfall gesê.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het aan Maroela Media bevestig daar is protesaksie op die Pretoria-kampus. “Dis ʼn baie klein groepie en die polisie is op die toneel om die situasie te monitor,” het De Ruyter gesê.

Volgens haar sal klasse normaalweg voortgaan en het die bestuur met die hoofde van afdelings kontak gemaak om met hul personeel te gesels.

“Die stellings wat hulle maak, is baie vaag; die groot probleem nou is die sekuriteit. Die besluit wat egter deur die raad geneem is wat inkontraktering betref, is dat sekuriteit uitgekontrakteer sal word. Dit is alles onderhewig aan finansiële volhoubaarheid vir die instansie, en dit is bloot die geval wat die sekuriteitswerkers betref. Die proses is nog aan die gang,” het De Ruyter verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Roger ·

Ag asb. #everythingmustfall . Al waarvoor SA deesdae goed is, is n klomp stakings, boikots, afbrand, plunder, roof en moor.

my####gestrip ·

ek is nou al so moeg ….gee als dat hulle dit verwoes an kla kry…brand en breek..
sodat ons wat wil leer en wil werk kan aangaan met ons lewe…
kyk maar “DEMAND” DIT “DEMAND DAT”…dis al wat hulle kan doen …wat ht gewerk vir wat jy verdien …WERK MAAR NEE LUI OM TE WERK BETER OM TE BRAND…
wanneer gaan julle besef dat julle nerens beter gaan kom nie ..jy wys jou kind wat om te word…n slegte lui mens wat brand as nie sin kry nie…
nee ek se jou brand….brand als dan kan jull eeen van die dae ook nie meer DEMAND nie want da gaan niks oorbly nie..

Ait Tog! ·

En so is Numsa kwaad vir GM omdat die afleggings nie 1ste met hulle bespreek is nie. GM het reguit vir hulle gese julle betaal hulle nie , hulle is op ons payroll en daarom sal ons , ons werkers self inkennis stel. Nou is hulle bekke dik! GM het hulle goed op hulle plek gesit.

Eric ·

Daar is n kans dat hulle poste uitgekontrakteer kan word of dat nuwe diensverskaffers aangestel kan word, daarom staak hulle … dit klink na n plan!

Irene ·

So afgesaag wat kort kort plaas vind maak toe die plekke daar sal mense wees wat hul privaat sal laat leer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.