Tutu bly in die hospitaal

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Die Desmond en Leah Tutu-stigting sê die afgetrede aartsbiskop Desmond Tutu het ʼn “klein prosedure” ondergaan sodat dokters die infeksie, waarmee hy nou al ʼn paar weke lank sukkel, kan ondersoek.

ʼn Woordvoerder vir die stigting het Saterdag gesê die Nobelpryswenner sal nog ʼn paar dae lank in die hospitaal in Kaapstad moet bly.

Tutu word al ʼn paar jaar lank vir prostaatkanker behandel. Volgens die stigting het Mpho, Tutu se dogter, gesê die kanker is onder beheer, maar die infeksie is die gevolg van vorige behandeling vir die siekte. Sy het gesê die dokters is tevrede met die vordering van haar pa se antibiotiese behandeling.

Tutu is op 28 Julie in die hospitaal opgeneem nadat hy vroeër die maand ʼn week lank in die hospitaal gebly het..

Lees alle vorige berigte oor Desmond Tutu op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andries erwee ·

I hated you during the 1980’s. After I met you and after I realisedthat you a practising what you preach, you became one of my heroes. May God bless you Arch.

Manie ·

Kan nie glo wat jy skryf nie, LIEWE LAND!!!! EINA MAN!!!! SIES MAN!!!

Michiel ·

Andries Erwee – steur jou nie aan wat party hier skryf nie. NIEMAND kan hul hande in onskuld was dat hulle nie ooit in hul lewe rassisties is/was nie. Moenie klippe gooi nie. Die Arch het baie meer goeie dinge OOK in sy lewe gedoen as 99% van die mense wat so gou die rassistiese klippe gooi. Sterkte en beterskap vir hom.

Johann Marx ·

Dis dieselfde Biskoppie wat voor 1994 sy bek op elke openbare platform en selfs oorsee uitgespoel het oor die “Apartheids-regering”…en almal aangemoedig het om sanksies TEEN SA in te stel. Na 1994, met ongeveer 53 moorde per dag, ongekende korrupsie en skandale, lae morele standaarde, hoogste misdaadvlakke ooit, verswakte openbare dienste, patetiese onderwys, omdraai strategiëe vir omtrent alles waaraan die ANC vat, sukkelende staats-instellings, swakste ekonomie ooit, stygende werkloosheid, ens….hoor jy nie ‘n woord uit hom uit nie!! Dit wys maar net weer…….aarts-rassis.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek sal dit nooit vergeet hoedat hy met sy fyn stemmetjie met hier en daar n eeee tussenin rassehaat aangeblaas het voordat FW,Pik ,Roelf en ander libtard meelopers ons land op n skinkbord aan n rampokkerbende weggeteken het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.