Tutu: ‘Moet my nie ten alle koste aan die lewe hou nie’

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het die aand voor sy 85ste verjaardag gesê dat genadedood mense toelaat om die wêreld met waardigheid te verlaat en dat hy daarom, wanneer hy op sy sterfbed lê, nie ten alle koste aan die lewe gehou wil word nie.

Tutu vier vandag sy 85ste verjaardag en gelukwensings het reeds van reg oor die wêreld ingestroom.

In ʼn brief wat in die Washington Post gepubliseer het, het Tutu gesê hy is op sy 85ste verjaardag deeglik bewus van die feit dat hy nader aan die einde van sy lewe is as aan die begin. “Vandag is ek nog nader aan die vertreksaal eerder as aan die aankomsaal en my gedagtes gaan na hoe ek behandel sal wil word wanneer my tyd aanbreek. Nou, meer as ooit vantevore, voel ek verplig om my uit te spreek oor die kwessie [van genadedood],” het Tutu geskryf.

“Ek het regdeur my lewe geveg vir die menswaardigheid van die lewendes. Vandag wil ek mense help om ook menswaardigheid in die dood te hê. Net soos ek nog altyd opgestaan het vir deernis en regverdigheid in die lewe, glo ek dat terminaal siek mense met dieselfde deernis en regverdigheid behandel moet word wanneer dit by hul dood kom.”

Tutu het gesê hy glo sterwende mense moet ʼn sê hê in die manier waarop hulle die wêreld verlaat en hul keuses moet genadedood insluit. “Ek glo in die heiligheid van die lewe. Ek weet dat ons almal sal doodgaan en dat die dood ʼn deel van die lewe is. Ek het myself voorberei vir die dood en ek het dit duidelik gemaak dat ek nie ten alle koste aan die lewe gehou wil word nie. Ek hoop ek word met dieselfde deernis behandel en word toegelaat om oor te gaan na die volgende fase van my lewensreis op die manier van my keuse.”

Hy het bygevoeg vir mense wat erg ly en weet hul dood is naby, kan dit onmeetbare troos bring om te weet genadedood is vir hulle ʼn opsie. “Om sterwende mense die reg om met menswaardigheid dood te gaan te weier, laat ons na om die deernis en meegevoel te demonstreer wat die kern is van Christelike waardes.”

Lees Tutu se volledige brief hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lillie ·

Ek stem ook vir gendedood. As ‘n dier terminaal siek is, swaar kry en baie pyn verduur dan sê ons dis onmenslik om die dier so te laat ly, sit dit uit. Maar ‘n terminaal siek mens moet maar suffer tot die einde. Is dit nie ook onmenslik nie? Nee wat, gee iemand wat terminaal siek is ten minste daardie keuse. Hoekom het ons meer genade vir ‘n dier as vir ‘n mens?

Hettie ·

Ek stem nie saam oor genade dood nie. Jesus het aan die kruis vir ons sondes gesterf, en hoe het Hy nie gely nie? Die Bybel leer ook dat jy nie bo jou kragte versoek sal word nie. Laat jou lewe en doodgaan in Sy hande.

Cherokee ·

*Ek dink* een van dalk meer redes vir die terughou daarvan is die moontlikheid van misbruik.

Heleen ·

As daar nou een mens is wat ek baie graag sou wou persoonlik ontmoet, is dit Desmond Tuttu. Ek wens ek kon ‘n rukkie met hom spandeer en vir hom sy opinie oor sekere kwessies vra. Ek dink hy is ‘n baie wyse man en ek het groot respek vir hom.

TvA ·

Party mense het darem ‘n kort geheue! Hierdie “wyse man” het in die vorige eeu voorgestel dat huishulpe gif in hul werkgewers se koffie gooi.

Rupert Ashford ·

Ek dink mens moet hier onderskei tussen “laat gaan” en “assisted suicide”. Eersgenoemde dink ek is wat Tutu na verwys terwyl laasgenoemde myns insiens oneties is. Ons mediese wetenskap is deesdae instaat om mense oneindig lank te laat “oorleef” wanneer hulle in die verlede lankal sou gesterf het van terminale siektes en ek dink dit is waar die etiek rondom hierdie saak van “laat gaan” legitiem raak, maar om fisies gesonde mense toe te laat om hulle eie lewe te neem is ‘n ander storie.

Jan maak n plan ·

Ja dit sal seker vir die arme sieke betwr wees MAAR wie is ons om God te mag speel. God sal self oor sulke dinge besluit.

Johanna Botha ·

Die dokters glo ek wil ook vir so lank as moontlik n geldtjie probeer kry uit die persoon se pyn en leiding …hulle wil jou mos nou nog graag help jy weet …wetende dis die einde. Dink baie mense sal ook anders besluit ook behandelings opsies as dit n moontlikheid sou wees.

Peet J ·

Die Almagtige God sê Hy gee lewe en Hy neem lewe. Om die medies toestemming te gee om jou dood te maak kom daarop neer dat jy selfdood pleeg en teen die Wet van die Almagtige optree. Genade dood is net ‘n opsie om vinnig dood te gaan en kan eerder as onsedelik geklassifiseer word as menswaardigheid. Indien jy ‘n ongeneeslike siekte het is dit dalk beter om uit die hande van die medies te bly en jou tyd af te wag.

foxi ·

Peet jy praat die waarheid. Elke siel op aarde se tyd is uitgemeet tot op die laaste minuut.
Daar is n tyd en plek vir alles. Toe Jesus gekruisig was, het Hy pyn en lyding verduur tot op die laaste uur. Goed en wel……pyn en lyding is verskriklik en almal weet dit. God sê ook…..gee jou las vir my en Ek sal dit vir jou ligter maak. As jy nie glo nie……kan jy ook nIe hoop nie.

Lance ·

Ag laat elkeen maat vir homself besluit volgens sy of haar oortuiging asb

Gerda ·

Hoekom probeer mense God speel? Mag die mensdom gou tot bekering kom voor dit te laat is.

vermeende ·

Genadedood is selfmoord as jy die daad op jou siekbed self doen maar sodra jy te swak is en iemand anders die daad moet verrig dan is dit moord.
Wat se ons wet oor selfmoord, is dit n strafbare oortreding soos moord….nee.

Tutu moet homself eerder begin bekommer oor dit wat na die dood volg en so af en toe die Bybel oop slaan.
Hy staan al een been in die graf maar tot op datum het ek nog nooit n preek uit sy mond gehoor nie, nog net sy regverdaging van die sonde in die naam van liefde en menseregte.

TvA ·

Hierdie politieke priester het ook onlangs die sottigheid verkondig dat Christene en Moslems eintlik maar dieselfde God aanbid!

Elisabeth ·

Miskien verwys hy net na geval soos Mandela, wat in Junie 2013 klinies dood verklaar is maar aan die lewe gehou is tot en met 5 Desember 2013.

MAB ·

Elke liewe mens is mos geregtig op sy eie wil wat op sy eie lewe betrekking het – ellendige pyn in bittere siektetoestande waarvoor daar nie meer mediese hulp is nie ASB laat asb die wil van die geaffekterde persoon seevier! Menseregte!!

John ·

MAB ek hoop nie jy kla oor studente wat maak soos hulle wil nie. Hulle eis ook hul menseregte op. As iemand jou kar wil vat, gee. Hy eis ook maar net sy ‘human right’ op om ‘n kar te besit. Wat is dan verkeerd of reg as die mens sy eie etiese waardes bo die’ van ons Hemelvader s’n stel; Hy wat vir ons gemaak het? Mense sal links en regs hulself en hul ‘dierbares’ as hulle kwaad is vir die Skepper of moeg is vir die sieke en daai testamentgeld nou nodig het, die valbyl slyp. Kerklikes kan dan pleit dat iemand maar gou homself moet ‘bekeer en padgee’. Onthou, met so ‘n wet word, soos by aborsies, die blaam weggeneem van medici en kan swak hospitale misbruik word/maak en selfs op die emosies van siekes speel. Jy vra dat barbarisme moet gedy….

Peet J ·

Volgens my kennis bestaan daar nie wetgewing dat ‘n persoon sy of haar lewe nie mag beëindig nie.Op grond waarvan moet daar nou wetgewing geimplimenteer word aldus Tutu se sienswyse met betrekking tot die kern van Christelike waardes. Om die medies in die verband as ‘n verlossing te wil gebruik om ‘n persoon wat terminaal siek is se lewe te beëindig stuur af op onsedelikheid.

Elisabeth ·

Dit gaan oor Totale pyn konsept. Daar is bv. neurologiese wat ongelooflike pyn symptome het. Elke persoon ervaar nie pyn soos die ander persoon nie. Daar is nie veel medikasie wat vir so gevalle verligting gee nie en dis ook glad nie goed dat ‘n persoon uiterste pyn aaneen beleef nie. Dis glad nie so eenvoudig om die balans te vind nie.

Eliza-beth ·

Ai tog. Die wta nou hier kerm oor dat ons nie mag inmeng met God se werk ens…Wel om iemand ‘n hartoorplanting te gee meng OOK in want dit verleng daai persoon se lewe; of leweroorplantings of bloedoortappings of wat ookal – as mens nou wil hare kloof! Ek is absoluut daarteen dat masjiene of ander dinge my onnatuurlik aan die lewe hou of as daar geen ander uitweg is en ek net duer pynhl moet gaand at hulle my moet help. Dis geensins kwaliteit van lewe om dit onnodiglik uit te rek nie.

LB S ·

Ek dink wat Elizabeth sê is eerder wat Tutu bedoel, en nie genadedood as sulks nie.
TvA kan jy asb vir ons bewys dat Tutu gesê het die huiswerkers moet hulle werkgewers vergif? Dit is ‘n laakbare en gevaarlike aantuiging om te maak as dit nie so was nie. As iemand anders hiervan weet, sê ons asb, want ek het nog nooit hiervan gehoor nie. En ek is nog altyd ‘n ywerige nuusleser.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.