Tutu ondergaan operasie

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se familie het gesê dat hy goed reageer op behandeling nadat hy in Augustus in ʼn hospitaal in Kaapstad opgeneem is weens ʼn herhalende infeksie.

Die familie het in ʼn verklaring gesê dat Tutu Woensdag “ʼn klein operasie sal ondergaan” om die oorsaak van die infeksie te bepaal.

Hulle het ook hul dankbaarheid uitgespreek teenoor almal wat vir hom bid.

Leah Tutu, sy vrou, het gesê verdere inligting sal aan die media bekend gemaak word soos die familie dit goeddink.

Dié 84-jarige Nobelpryswenner is laat Augustus in die hospitaal opgeneem. Hy sukkel al 15 jaar lank met prostaatkanker.

Die burgerlike organisasie Sanco het Tutu sterkte toegewens met die operasie.

Jabu Mahlangu, die nasionale woordvoerder vir Sanco, het gesê die gemeenskap bid vir Tutu. “Ons ondersteun vir mama Leah en die Tutu-familie en hoop dat die operasie goed sal gaan en dat hy vinnig sal herstel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

bendons ·

Sterkte Desmond. Bid vir gou gesond word. Ons het jou nog baie nodig hier veral nou. God Seën jou.

TTh ·

Nee wat bly ‘n baalpriester vir my, groot skade gedoen vir die Afrikaner.

Johann Marx ·

Nes jy sê TTh. Ek hoop bendons lees weer hier. Hierdie is die biskop wat gedurende die vorige regering se bedeling buiteland toe gereis het om sanksies teen Suid Afrika te gaan motiveer….en die vorige regering te beswadder met ongegronde onwaarhede. Toe die sogenaamde “nuwe Suid Afrika” tot stand kom, met 53 moored per dag, ongekende misdaad, ongekende korrupsie en nepotisme, vermorsing van belasting, onvermoë en onder-prestasie……is sy mond tjoepstil. Net so af en toe sal hy miskien iets piep wat niemand na luister nie…..Grootste opportunisistiese rassistiese tweegat jakkals wat daar is…..Hy behoort nou voor te loop in die stryd teen morele verval van hierdie land se leiers….maar doen hy?

Piet ·

Dankie TTh vir joue perspektief. Die goed wat hy self gese het sal hulle nie plaas as mens dit woord vir woord aanhaal nie.

Uiltjie ·

…en die “witman” se handjies is skoon, ne TTh??? n Mens praat nie so van n gesalfde van Onse Here nie, laat God hom oordeel, want dit kom jou en my nie toe nie, broer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.