Tutu ontvang ‘intensiewe’ behandeling in hospitaal

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid. Foto: ANA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid. Foto: ANA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu sal ten minste nog twee weke in die hospitaal wees waar hy “intensiewe antibiotiese behandeling” ontvang.

Die Desmond en Leah Tutu-stigting het Donderdag in ʼn verklaring gesê Tutu se gemoed is positief en hy ervaar tans geen pyn nie.

Tutu se dogter, pastoor Canon Mpho Tutu, het gesê die familie is baie dankbaar vir die gebede en goeie wense wat hulle van oral ontvang. Sy het gesê hoewel haar pa dankbaar teenoor die media is vir hul belangstelling in sy gesondheid, versoek hy dat joernaliste nie daaglikse nuus oor sy toestand aanvra nie sodat hy in vrede kan rus terwyl hy behandeling ontvang.

Enige verandering in die aartsbiskop se toestand sal deur die stigting gekommunikeer word, het pastoor Canon gesê.

Tutu is vandeesweek vir die derde keer in die hospitaal opgeneem in sy stryd teen ʼn blywende infeksie wat die gevolg is van die kankerbehandeling wat hy voorheen ontvang het. Tutu is op 4 Augustus vir die tweede keer uit die hospitaal ontslaan, maar Maandag weer in die hospitaal opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martin ·

Die Media bedoel tog net goed om te berig oor sy gesondheid. As dit sy houding is, los hom uit man.

Gerhard Bezuidenhout ·

Laat hom gaan. Wie sal sy opruiende toesprake voor 1994 ooit vergeet waar hy met sy fyn stemmetjie met n klomp eeee eeee tussenin gal gebraak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.