Tutu se begrafnisplan ‘al 20 jaar gereed’

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu (83) het al die afgelope 20 jaar ʼn gedetailleerde begrafnisplan gereed sou hy tot sterwe kom.

Só het pastoor Canon Mpho Tutu, die aartsbiskop se dogter, Donderdag tydens ʼn mediageleentheid by die Desmond en Leah Tutu-erfenisstigting in Kaapstad gesê waar sy joernaliste oor haar pa se gesondheid ingelig het.

Tutu het gesê haar pa sterk goed aan en is halfpad deur sy binne-aarse behandeling. “Dokters is tevrede met sy vordering en die effektiwiteit van die medikasie. Hy is nie bedlêend nie en loop op en af in die hospitaalgang,” het sy gesê.

Tutu is verlede weer in ʼn Kaapstadse hospitaal opgeneem waar hy vir ʼn hardnekkige infeksie behandel word.

Tutu het Donderdag beklemtoon dat haar pa 83 “en nie 38 is nie” en dat hy nie meer die energievlakke het wat hy jare gelede gehad het nie. “Hy is op ʼn manier die ideale pasiënt want hy kla nooit nie. Terselfdertyd is hy ook ʼn slegte pasiënt want hy sê nie wanneer hy ongemaklik is nie, wat ʼn uitdaging vir die verpleegsters is,” het sy gesê. Sy het egter gesê sy gemoed is positief en hy lag lekker vir die grappies wat aan hom gestuur word.

Sy het gesê haar pa is in kontak met onder andere Jimmy Carter, die voormalige Amerikaanse president, en Richard Branson, die bekende sakeman. Hy het ook ʼn persoonlike boodskap van pres. Jacob Zuma ontvang, hoewel die president het hom nog nie besoek het nie.

Sy het gesê indien die aartsbiskop sou sterf, sal die familie hou by ʼn gedetailleerde begrafnisplan wat hy alreeds vir 20 jaar gereed het. “Hy hersien die predikers van tyd tot tyd, soos wat hy hulle oorleef. Hy kies ook soms musiek vir dié plan,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gertjie ·

Dit vat hom lank om dood te gaan. Hy’s seker moeg gewag…

Rikku ·

Die Ministers wat so geld bestee moet solank voorsiening maak vir die Staats Begrafnis.

Cathy Kotze ·

Lyk asof hy ‘n staatsbegrafnis verwag.

My eie plan om stilweg die tydelike vir die ewige te verruil, lyk bra simpel in vergelyking. Slegs my gesin sal dit bywoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.