Tutu soek meer swart rugbyspelers

Argieffoto

Argieffoto

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het gesê Suid-Afrika verdien ʼn Springbok-span wat verteenwoordigend is van sy reënboognasie, het The Star Vrydag berig.

“Ek betreur die slakkepas waarteen transformasie plaasvind,” het Tutu in ʼn brief aan The Star se susterskoerant, The Cape Times, geskryf. Hy het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) veroordeel vir die tempo waarteen transformasie in die span plaasvind en gesê dit is “veral hartseer” om te sien dat die verkose swart spelers langs die veld bly sit en nie die geleentheid gebied word om hul staal te wys nie.

Tutu sê die land verdien ʼn span wat die “volle spektrum van die reënboog wat ons definieer”, verteenwoordig.

“Daar is sekerlik tog, 20 jaar ná ons vryheid uit apartheid, ʼn paar swart perde wat saam met die bruin en kastaiingbruin-spelers kan hardloop in toekomstige wedrenne?” het Tutu geskryf.

Die Springbokke speel Saterdag om 21:40 teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap in Salta, Argentinië. Daar is drie bruin spelers en 12 wit spelers in die span. Twee van die agt reserwespelers is swart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

juran ·

Tutu moet dalk focus op Vrede in die land en sy neus uithou in dinge waarvan hy niks weet nie. Hy sal ook maar altyd as ANC lid wegkruip agter sy “aartsbiskop” titel. Sy ideologie spreek boekdele. As sy maatjies die kinders die laaste 20 jaar in skole die geleenthede gegee het om rugby te oefen, leer en speel, sou daar vandag 20-jariges gewees het wat dalk met ‘n bol kon hol.

Herman ·

Tutu het eers die ANC kwaadgemaak met van sy uitsprake, nou maak hy die res kwaad. Die tyd het aangebreek om te gaan rus en stil te bly.

Gerhard Bezuidenhout ·

Tutu blaas n klomp warm lug . Hy speel beslis die rassekaart want hy se nie n woord oor sokker nie . Tutu hou jou by godsdiens en bly uit die politiek. Sien jy nie dat jy jou naam in die openbaar met n plank slaan nie.

Johann Nel ·

Die dae is verby dat julle die aanhangers van die geweldsport genaamd rugby, die laaste sê in alles het. Tutu is iemand na wie julle gerus kan luister. Dit het niks met ANC te doen nie. Dit gaan oor regverdigheid. Rugby mag geen witman sport wees nie!

Dalene Lamprecht ·

Johann, dalk moet jy wakker skrik en kyk wat met ons ander sport gebeur. Hoekom karring aan rugby? Hoekom bring hulle nie ook swart atlete in swem, skaak, hokkie ens. in nie. Hoekom karring hulle nie dat daar blanke sokkerspelers in die span ingesluit word nie? Tutu moet hom liewers berus by feite waarvan hy kennis dra.

Chris Nell ·

Johan Nel, haal af jou oogklappe, jy redeneer soos ‘n sot (indien dit enigsins as ‘n redenasie beskou kan word) Waar val jy uit? Hoeveel blankes is ingesluit in die sokkerspanne?

Babs ·

Johan Nel, wanneer het jy op jou kop geval. Tutu weet seker nie meer aldag wat hy kwytraak nie. Elke keer as hulle praat van swart spelers in rugby moet hulle eers kyk na Bafana.

HEVW ·

Ja Tokkie, en hoe gemaak as jy in die gewoonte verval het om te verloor. Daar le maar n swaar pad voor om aan hierdie gewoonte te ontworstel en om die altyd ontwykende roem te bekom.

Johann Nel ·

Die aangangers van die geweldsport genaamd rugby, moet tog onthou dat die tyd verby is dat hulle in alles die laaste sê het. Gaan nie oor ANC nie. Gaan oor regverdigheid.

Sollie ·

Johann Nel – dankie ou, ek dink ons het die eerste keer jou kommentaar begryp, nie nodig om dit twee keer te sê nie. Tutu: skoenmaker hou jou by jou lees!

Dan ·

Ek sal Tutu se voorstel ondersteun, sal selfs so vêr gaan om te sê haal ALLE blanke spelers uit die Springbokspan, MAAR op voorwaarde dat daar dan onmiddelik transformasie toegepas word ten aansien van vlieëniers en tegniese personeel in die SA Lugdiens, Weermag en ander lugrederye. Dank al die blankes daar af, dan kan die soustreinryers en die “Springbokspan” oral rondgevlieg word deur die sg. getransformeerde vlieëniers. Tutu kan dan sommer die inhuldigingsvlug meemaak. Moenie langer wag nie, wys ons!

Hanno Visagie ·

Volgens Sport24 is daar nie drie nie, maar vier bruin spelers – insluitend Damian de Allende – in hierdie naweek se Bokspan.

Joey ·

SNIK SNIK –wat van ons swart sokkerspan…..asb mr Tutu – in Afrikaans se ons – skoenmaker hou jou by jou lees – wil jy nou ‘n verloor springbok rugby span ook he! Laat ons skeidregters maar die beste spelers kies .

HEVW ·

Ai Johann, ek neem waar jy het n week hart. Pas dit veral op ander teryne toe. Rugby is voorwaar n harde sportsoort. Meriete man, meriete man!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Die wereld sal bitter graag teen ons beste span wil meeding.

HEVW ·

Gerhard, jy se Tutu blaas n klomp warm lug. Aan water kant van die menslike korpus? Ek snap die storie nie so mooi nie.

Carina ·

Tutu moet kyk hoe swart die sokker span is. Te wit rugby te swart sokker! Waar moet die RSA nog keer vir te veel van eeen te veel van ander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.