Tutu steeds in hospitaal

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Aartsbiskop Desmond Tutu word steeds in ʼn Kaapse hospitaal behandel.

Eerw. Mpho Tutu, die aartsbiskop se dogter, het gesê haar pa kry nie meer intensiewe antibiotiese behandeling nie en sy gemoedstoestand is goed. Volgens eerw. Tutu kry haar pa ook nie meer binneaarse behandeling nie en sal nog ʼn paar dae in die hospitaal bly vir waarneming.

“Sy gemoedstoestand is goed en hy is baie dankbaar vir die sorg wat hy ontvang, asook die liefde en gebede van vriende van oor die hele wêreld,” het eerw. Tutu gesê.

Aartsbiskop Tutu is verlede week Dinsdag in ʼn Kaapse hospitaal opgeneem om behandeling te kry vir ʼn hardnekkige infeksie. Dit hou egter nie verband met die behandeling wat hy die afgelope 18 jaar vir prostaatkanker kry nie.

Tutu (83) en sy vrou, Nomalizo, het vroeër die maand hul 60ste huweliksherdenking gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.