Tutu terug by die huis

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid. Foto: ANA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid. Foto: ANA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu (83) is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan.

Pastoor Canon Tutu, Tutu se dogter, het Maandag in ʼn verklaring gesê haar pa sal nog ʼn paar dae in die hospitaal moet bly. Hy is egter Dinsdagmiddag kort ná ʼn besoek van Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, ontslaan. Hy sal oor die volgende paar weke by die huis aansterk.

Tutu is aanvanklik op 14 Julie in ’n Kaapstadse hospitaal opgeneem vir die behandeling van ’n infeksie. Hy is op 21 Julie uit die hospitaal ontslaan, maar ʼn week later weer opgeneem toe hy ongemak ervaar het.

Tutu se dogter het vroeër gesê die infeksie waarvoor hy behandel is, is ʼn gevolg van die kankerbehandeling wat die aartsbiskop vroeër ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BoereBikerBaby ·

Wel hy is ‘n baie goeie man in my oe, maar wat mense ook nie besef is dat hy ook al baie oud is en niemand lewe vir ewig nie, nes Mandela.. Hoop maar aartsbiskop Tutu word gou weer gesond…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.