Tutu terug in die hospitaal

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is Saterdag in ‘n hospitaal in Kaapstad opgeneem slegs drie dae nadat hy vroeër die week ná ʼn operasie ontslaan is.

Tutu se vrou, Leah, het in ʼn verklaring gesê die 84-jarige aartsbiskop is weer in die hospitaal opgeneem “as ʼn voorsorgmaatreël nadat sy operasiewond tekens van infeksie begin toon het”.

Tutu het tien dae gelede ʼn operasie ondergaan om die oorsaak van ʼn herhalende infeksie te bepaal en te behandel. Die infeksie spruit uit behandeling vir prostaatkanker wat hy in die verlede ontvang het.

Tutu is jare lank vir prostaatkanker behandel en is verlede jaar verskeie keer in die hospitaal opgeneem. Sy familie het voorheen gesê die kanker is onder beheer.

Tutu is was ʼn uitgesproke anti-apartheidaktivis en het in 1984 die Nobelprys vir vrede ontvang.

Lees alle vorige berigte oor Desmond Tutu op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Charl N H ·

Oom Desmond ons bid saam met jou. Die Here is ons almal wat glo se pa. Sterkte en ons dink aan u in swaar tye.

E.K. ·

Sterkte Arch, dis sleg dat enigeen so moet ly onder kanker. Klink nie te goed nie, jammer om te se!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.