Tutu uit die hospitaal ontslaan

Tutu en sy vrou Leah by die huis ná sy ontslag uit die hospitaal (Foto verskaf)

Tutu en sy vrou Leah by die huis ná sy ontslag uit die hospitaal (Foto verskaf)

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is Dinsdag uit ʼn hospitaal in Kaapstad ontslaan en sien uit daarna om tyd saam met sy familie te spandeer en glo krieket te kyk.

Die Desmond en Leah Tutu-stigting het gesê die 83-jarige Tutu het in ʼn japon, waarop die woorde “Feet up Arch” geborduur is, by sy huis opgedaag.

“Die aartsbiskop het ʼn huldeblyk gelewer aan sy span dokters vir hul kundigheid en vrygewigheid,” het die stigting in ʼn verklaring gesê. “Hy gaan nou gehaltetyd by die huis spandeer saam met mev. Tutu en bietjie krieket kyk (Suid-Afrika speel in Bangladesj).”

Tutu is verlede Dinsdag in die hospitaal opgeneem met ʼn infeksie. Die behandeling hou glo nie verband met sy prostaatkanker waarteen hy al die afgelope 18 jaar veg nie.

Hy het vroeër in Julie sy 60ste huweliksherdenking met sy vrou gevier.

Sy dogter, ds. Mpho Tutu, het Dinsdag gesê sy mediese span het baie rus voorgeskryf. “Hulle was wonderlik en ons gaan ons bes doen om hulle nie teleur te stel nie,” het sy gesê. Sy het gesê die gesin is baie dankbaar vir die liefde en ondersteuning wat hulle van almal in Suid-Afrika en oorsee ontvang.

Die stigting het Maandag bevestig Tutu kry nie meer intensiewe antibiotika-behandeling nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Maak die naam van die hospitaal met die kundige en vrygewende dokters bekend, dit is mos n pluimpie vir hulle, vernaam as dit n staats hospitaal is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.