Tutu uit hospitaal ontslaan, net betyds vir vrou se verjaardag

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu is uit die hospitaal ontslaan – net betyds vir sy vrou, Leah, se verjaardag vandag.

Die Desmond & Leah Tutu Legacy-stigting het Vrydag in ʼn verklaring op hul amptelike Facebook-blad gesê Tutu is ontslaan en sterk tuis aan.

Tutu het sy eie 87ste verjaardag verlede Sondag in die hospitaal deurgebring nadat hy die vorige week vir toetse opgeneem is.

Hy was dus ook nie in staat om Maandag die agtste jaarlikse Desmond Tutu International Peace-lesing deur pres. Cyril Ramaphosa by te woon nie.

“Die stigting wil graag vir almal dankie sê vir hul boodskappe en gebede, insluitend op sosiale media.”

Tutu stry al byna twee dekades teen prostaatkanker. Maroela Media het in Oktober 2016 berig Tutu het gesê genadedood laat mense toe om die wêreld met waardigheid te verlaat. Wanneer hy eendag op sy sterfbed lê, wil hy dus nié tot elke prys aan die lewe gehou word nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peet J ·

Desmond Tutu, moet nie bekommerd wees oor jou dood nie sodra die tyd daar is sal jy gaan
met of sonder hulp van die medies dink net hoe tragies sou dit gewees het as ons die tyd en datum moes geweet het.

Andre ·

Nou is hy net vir vrede. ‘n “Smooth Operator” wat baie geld gemaak het en nog steeds. Die ou wat die “bussing in” van mense van die Oos Kaap na die Kaapastad begin het om oproer druk op die regering te sit terwyl hy in Bishops Court in weelde leef. Genadedood is maklik in die ANC staatshospitale, vra die mense, maar hy was natuurlik in ‘n private hospitaal.

Lithop ·

Dis mense soos jy wat maak dat daar ernstige debat is oor die toelating van leserskommentaar. Jou onderrok hang uit.

Gemaskerde Sopbeen ·

Lithop, waarvan praat jy? André is doodreg. Hierdie biskop was die grootste opstoker in die ou Suid Afrika…..toe daar nog nie internet was om “fop-nuus” uit te wys nie, het hy die hele wêreld vol gevlieg met die “kerk” se geld en kwaad gestook oor Suid Afrika en sanksies aangevra oral waar hy gaan? In die nuwe SA met meer geweld, moorde, korrupsie en nepotisme as ooit tevore, hoor jy nie ‘n piep uit hom uit nie? Waarom vra hy nie nou vir sanksies teen die regering wat besig is om hierdie land leeg te bloei nie?

PJC ·

Sy dubbele standaarde by die WVK grief my nou nog so ek beskou hom nie juis as nuuswaardig nie.

Anita ·

Min mense kan (‘n) operasie(-s) in Amerika bekostig.
Afgesien of miskien juis weens sy kerk/politieke rol was dit Tutu so klompie jare gelede beskore.
Gewone sterfelinge kan hul glad nie roem op spesiale operasies oorsee as deel van hul mediese geskiedenis nie.
Het maar nog altyd aangeneem die beste mediese hulp was indertyd in Amerika vir hom beskikbaar.
Mense met dieselfde mediese probleme moes en moet steeds staatmaak op plaaslike medici.

frikkie ·

Nou tutu hoekom so stil oor plaasmoorde en al die anti wit rassisme, toenou jy is mos nou ‘n groot voorbeeld vir ons almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.