Tutu weer tuis

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. (Foto: Facebook)

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is weer tuis nadat hy byna ʼn week lank behandeling in ʼn Kaapstadse hospitaal ontvang het.

Tutu is verlede week in die hospitaal opgeneem vir die behandeling van ʼn hardnekkige infeksie. Hy het die afgelope paar jaar by verskeie kere geleenthede behandeling vir ’n soortgelyke toestand in ʼn hospitaal gekry.

Die 88-jarige Tutu stry al byna twee dekades teen prostaatkanker.

Die Desmond & Leah Tutu Legacy-stigting het Maandag gesê die voormalige Nobel-vredespryswenner is ontslaan en aangesê om genoeg rus te kry.

Hy was altesaam ses dae lank in die hospitaal.

“Ons wil almal bedank vir hul liefde en gebede,” het die stigting vandeesweek gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.